肆客足球

Wilgenhof
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Tydlyn van gebeure

  • Januarie 2024:

    Die ontdekking van ontstellende inhoud in twee vertrekke in die Wilgenhof-koshuis. Die inhoud word na 'n veilige ruimte geneem en die twee kamers word skoongemaak en geverf.

    Studenteleiers insluitend die Wilgenhof Huiskomitee word oor die situasie ingelig

  • 24 Januarie 2024:

    Eerste mediaverklaring en interne kommunikasie deur die Universiteit om belanghebbendes in te lig. (Verskeie opdaterings, antwoorde aan die media, opvolgmediaverklarings en kommunikasie aan alumni, belanghebbers en die universiteitsgemeenskap het deur die loop van die jaar gevolg wat betref prosesse, vergaderings en besluite.)

  • 25 Januarie 2024:

    Foto's van die inhoud van die twee vertrekke word die eerste keer in die media gepubliseer.

  • 26 Januarie 2024:

    'n Videoboodskap van die Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, oor Wilgenhof-koshuis aan personeel en studente.

  • 30 Januarie 2024:

    Kommunikasie van die Rektor en Visekanselier aan personeel en studente. Daar word aangekondig dat 'n paneel deur die Rektor aangestel sal word om die inhoud van die kamers en verwante sake te ondersoek.

  • 12 Februarie 2024:

    Begin van die nuwe akademiese jaar.

  • 13 Februarie 2024:

    Aankondiging oor die finalisering van 'n paneel van drie lede om die inhoud wat in twee vertrekke by die Wilgenhof-koshuis gevind is, te ondersoek.

  • 19 Februarie 2024:

    Kommunikasie deur die Universiteit oor die uitnodiging om voorleggings aan die ondersoekpaneel in te dien en verwante inligting.

  • 29 Februarie 2024:

    Kommunikasie om belanghebbendes en die Universiteitsgemeenskap in kennis te stel van die verlenging van die sperdatum (8 Maart 2024) om voorleggings by die paneel in te dien.

  • 12 Junie 2024:

    Aankondiging en kommunikasie oor die Rektoraat wat eenparig die hoofaanbeveling van die paneel aanvaar dat die Wilgenhof-koshuis gesluit moet word; dat die Rektor aan die Raad sal aanbeveel dat die Wilgenhof-koshuis gesluit moet word en dat alternatiewe gebruike vir die geboue oorweeg word; dat die Raad die Rektor se aanbeveling by sy vergadering van 24 Junie 2024 sal oorweeg. Die paneel se geredigeerde verslag is hier beskikbaar.

  • 24 Junie 2024:

    Rektoraat se aanbeveling oor Wilgenhof dien by 'n geskeduleerde vergadering van die US Raad.

  • 25 Junie 2024:

    Kommunikasie oor die Raad wat op 24 Junie tot die gevolgtrekking kom het dat verdere konsultasie en oorweging geregverdig is voordat daar oor die toekoms van die koshuis besluit word, en 'n daaropvolgende uitnodiging aan alle belanghebbende en geaffekteerde persone en belanghebbendes om skriftelike voorleggings in te dien.

  • 31 Julie 2024:

    Sperdatum vir voorleggings aan die Raad wat betref Wilgenhof.

  • 16 September 2024

    Aankondiging deur die Raad dat die Wilgenhof-koshuis in sy huidige formaat sluit en dit te vervang met 'n herverbeelde en nuut-ge?nspireerde manskoshuis.
    - Prof Deresh Ramjugernath, Viserektor (Leer en Onderrig) lig inwoners op Maandagmiddag 16 September 2024 by die koshuis in. Personeellede van die Afdeling Studentesake ook teenwoordig.
    - Interne en eksterne kommunikasie aan personeel, studente, Wilgenhof-alumni, die media en ander belanghebbendes met betrekking tot die Raad se besluit.?

  • 19 September 2024

    Huidige inwoners van Wilgenhof wat suksesvol aansoek gedoen het vir plasing in alternatiewe koshuise in 2025, het op Donderdag 19 September 2024 briewe gekry wat aangedui het in watter koshuise hulle vir 2025 geplaas is. Van die 206 huidige inwoners van Wilgenhof, het 167 studente aansoek gedoen vir herplasing in Wilgenhof in 2025. Sowat 131 studente was suksesvol en 36 was onsuksesvol. Van die 131 suksesvolle studente, het 103 aansoek gedoen vir plasing in alternatiewe koshuise sou Wilgenhof sluit. Ses studente uit die 103 het verkies om nie die aansoekvorm te voltooi nie, en 97 het alternatiewe koshuiskeuses aangedui. Hierdie 97 studente is op 19 September ingelig in watter koshuise hulle in 2025 geplaas sal word.

  • 25 September 2024

    Jaarlikse belyningsgesprek van die Victoria-kluster (waarvan Wilgenhof deel is) – gefasiliteerdeur die Afdeling Studentesake.

  • 30 September 2024

    Huidige inwoners van Wilgenhof wat suksesvol aansoek gedoen het om herplasing in koshuise vir 2025, kon tot die einde van September die koshuisplasingsaanbod vir 2025 aanvaar.

  • 2 Oktober 2024

    Die Vereniging vir die Bevordering van Wilgenhof-inwoners (AWIR) het ’n hofaansoek ingedien teen die Universiteit, die Raad, die Rektor en die voorsitter van die paneel wat aangestel is om die inhoud van die twee vertrekke in Wilgenhof te ondersoek. Hulle het die hooggeregshof in Kaapstad genader vir ’n dringende interdik om die US te verhoed om die Raad se besluit van 16 September 2024 deur te voer waarvolgens Wilgenhof vir die duur van die 2025 akademiese jaar gesluit sal wees en om die Raad se besluit te hersien.

    Sien die dokumente hier.

  • 3 Oktober 2024

    Die Rektoraat het bevestig dat die Wilgenhof-huiskomitee wat vir 2025 verkies is, erken salword vir die volle duur van die gewone 2024/2025-termyn vir huiskomitees. Die bedoeling is ook dat die verkose huiskomitee saam met ander studente, US-personeel en fasiliteerders saldeelneem aan ? proses van vernuwing vir die Wilgenhof-gemeenskap.

  • 4 Oktober 2024

    Die Wilgenhof Bond het ’n hofaansoek ingedien teen die Universiteit, die Raad, die Rektor en die voorsitter van die paneel wat aangestel is om die inhoud van die twee vertrekke in Wilgenhof te ondersoek om die paneel se verslag te hersien, en die verslag, die aanbeveling dat Wilgenhof gesluit moet word, die Rektor se besluit om die paneel se verslag te aanvaar (waaronder die aanbeveling dat Wilgenhof moet sluit) en die Raad se besluit op 16 September 2024 ter syde te stel. Die Universiteit staan die aansoek teen en die regsproses is hangende.

  • 23 Oktober 2024

    Die AWIR en die US het die litigasie tussen hulle besleg ten opsigte van die US-Raad se besluitom die Wilgenhof-koshuis in 2025 te sluit. As deel van die ooreenkoms om ’n skikking te bereik, sal Wilgenhof-studente asook nuwe eerstejaarstudente wat aan Wilgenhof toegewys is, daarop geregtig wees om in die eerste semester van 2025 saam na ’n nuwe koshuis te verhuis sowel as om die huidige huiskomitee te behou. Die US sal die soveel van die nodige vernuwings en herstelwerk aan die gebou as moontlik in die eerste semester van 2025 afhandel. Die studente, waaronder die nuwe eerstejaars, sal daarop geregtig wees, sou hulle wou, om in die tweede semester na Wilgenhof terug te keer, selfs al moet van die opgraderings afgehandel word nadat die studente reeds teruggekeer het.

    Sien die skikkingsooreenkoms hier.

  • 25 Oktober 2024

    Einde van die vierde akademiese kwartaal.

  • 25 Oktober 2024

    Die Wilgenhof-alumnivereniging het ’n hofaansoek ingedien om die sluiting van Wilgenhof teen te staan. ’n Be?digde verklaring deur die US Kanselier, oudregter Edwin Cameron, is by die hofdokumente ingesluit. In sy verklaring maak oudregter Cameron bewerings van onbehoorlikeinmenging in die bevindings van die onafhanklike paneel wat daarmee getaak was om die inhoud te ondersoek wat in twee vertrekke in Wilgenhof gevind is en om aan die Rektoraat terugvoering te gee oor die paneel se bevindings en aanbevelings. Oudregter Cameron het onder meer verwys na die bestaan van ’n vroe?re finale weergawe van die paneel se verslag wat aan die US se bestuur die opsie gebied het om Wilgenhof oop te hou terwyl ’n konsultasieproses met inwoners en ander belanghebbendes plaasvind.

  • 27 Oktober 2024

    Aankondiging van ’n buitengewone Raadsvergadering op Vrydag 1 November 2024 na aanleiding van verwikkelinge, mediaberigte en bewerings betreffende die Wilgenhof-situasie.

  • 28 Oktober 2024

    Aanvang van die eindjaar-assesserings.

  • 29 Oktober 2024

    Advokaat Nicky Carl de Jager, ’n lid van die Kaapse Balie en voorsitter van die Wilgenhof-paneel, het ’n verduidelikende verklaring by die hooggeregshof ingedien na aanleiding van die bewerings van oudregter Edwin Cameron, die US Kanselier.

    Sien die dokumente hier.

  • 31 Oktober 2024

    Aankondiging deur die CIRCoRe-beheerkomitee – Die hoofde van die CIRCoRe-werkstrome sowel as die eksterne deskundige raadgewer, as ’n lid van die beheerkomitee van CIRCoRe (die Komitee vir die Institusionele Reaksie op die [Khampepe-] Kommissie se Aanbevelings), het bedank uit hulle posisies op die beheerkomitee. Dit volg ná ’n noodvergadering van die beheerkomitee na aanleiding van die gesamentlike verklaring van die US en die AWIR en Wilgenhof se huiskomitee wat op Woensdag 24 Oktober 2024 uitgereik is. Hierdie verklaring bevat besonderhede oor die skikking wat tussen AWIR en die US bereik is.

    Sien die CIRCoRe-verklaring hier.

  • 1 November 2024

    Die US Raad het by sy buitengewone vergadering op Vrydag 1 November 2024 besluit om die aangeleentheid van die Wilgenhof-paneel se verslag vir verdere ondersoek te verwys. Die Raad het hierdie vergadering belê om onlangse verwikkelinge te oorweeg nadat die Kanselierse be?digde verklaring aan die media beskikbaar gestel is wat bewerings van onbehoorlike inmenging bevat ten opsigte van die bevindings van die onafhanklike paneel wat die inhoudwat gedurende 'n oudit van die ruimtes en geriewe van die koshuis gevind is, moes ondersoeken aan die Rektoraat verslag moes doen oor sy bevindings en aanbevelings.

    Die Raad het die Sosiale en Besigheidsetiekkomitee en die Oudit- en Risikokomitee van die Raad opdrag gegee om toepaslike onafhanklike deskundige(s) ("Die Paneel") aan te stel en te ko?rdineer om die volgende te ondersoek:
    (1) Die omstandighede waaronder die Wilgenhof-paneelverslag verander is,
    (2) Of die Uitvoerende Komitee van die Raad op sy vergadering op 4 Junie besluit het dat Wilgenhof gesluit moet word, en
    (3) Of die Voorsitter van die Raad die Kanselier se kommer oor die verandering aan die laaste paragraaf van die Wilgenhof-verslag by sy vergadering van 24 Junie 2024 aan die Raad moes bekend gemaak het.

    Die Paneel sal sy bevindinge betyds aan die Raad voorlê vir die Raadsvergadering wat vir 2 Desember 2024 geskeduleer is, sodat die Raad oor toepaslike optrede kan besluit.

    Sien die verklaring hier hier.

  • 8 November 2024

    Die US Raad se Sosiale en Besigheidsetiekkomitee en die Oudit- en Risikokomitee (die "Gesamentlike Komitee") het op Vrydag 8 November 2024 ’n onafhanklike paneel aangestel om’n ondersoek uit te voer oor bepaalde bewerings wat verband hou met die verslag van die Wilgenhof-paneel.

    Die nuwe paneel bestaan uit oudregter Johann Kriegler, advokaat Karrisha Pillay SC en prof Themba Mosia (“die Kriegler-paneel”). Oudregter Kriegler is die voorsitter van die onafhanklikepaneel.
    Die Kriegler-paneel se verslag en bevindings sal na verwagting betyds gereed wees vir dievolgende vergadering van die Raad wat op 2 Desember 2024 plaasvind.

    Lees die verklaring hier.

  • 2 Desember 2024

    Die Raad het kennis geneem van en oorweging geskenk aan van die bevindings van die Kriegler-paneel, asook skriftelike voorleggings van prokureurs namens die De Jager-paneel, bykomende dokumentasie en insette wat deur die Visekanselier verskaf is en insette deur die voorsitter van die Raad.

    Die Raad het ná 'n robuuste bespreking 'n mosie met meerderheidstem aanvaar wat erken dat die Visekanselier en voorsitter van die raad 'n fout begaan het deur nie die Raad van wysigings aan die De Jager-paneelverslag in kennis te stel nie. Die minderheidstemme teen die mosie is aangeteken soos versoek.