?
?Diere-etiek
?Diere-etiek
Omvang/ Funksie
Alle dierenavorsing wat onder die beskerming van die US gedoen word, moet die drie “V”-beginsels vir welwillende dierenavorsing bevorder, naamlik:
- Vervanging van sg. “voelende” diere met “nie-voelende” navorsingsmodelle of -stelsels waar moontlik, om sodoende die gebruik van diere wat onaangename sensasies kan ervaar, te elimineer.
- Vermindering van die getal diere in eksperimente deur strategie? te ontwerp om die kleinste aantal diere te gebruik wat sal toelaat dat geldige inligting deur die studie bekom kan word.
- Verfyning van dierebronne, dieresorgpraktyke en eksperimentele prosedures om fisieke en sielkundige angs te elimineer binne die beperkinge wat deur die navorsingsdoelwitte daargestel is.
Alle navorsings- en onderrigprogramme waar diere betrokke is en wat aan die Universiteit Stellenbosch en op satellietterreine uitgevoer word, moet aan die NEK: Sorg en Gebruik van Diere voorgelê word vir ondersoek en goedkeuring.
Het ek etiekklaring nodig vir my studie?
Etiekklaring moet verkry word vir die gebruik van alle lewende nie-menslike gewerweldes en ho?r ongewerweldes soos gevorderde lede van die Cephalopoda en Decapoda, insluitend eiers, fetusse en embrio's (waar die ontwikkeling van 'n ge?ntegreerde senuweestelsel duidelik is) in navorsing en onderrigaktiwiteite (SANS 10386:2008).
?
Belangrike Datums:
?Agenda afsny datum | ?Vergaderdatums |
---|---|
17 Januarie 2017 | 07 Februarie 2017 |
21 Februarie 2017 | 14 Maart 2017 |
11 April 2017 | 02 Mei 2017 |
23 Mei 2017 | 13 Junie 2017 |
04 Julie 2017 | 25 Julie 2017 |
15 Augustus 2017 | 05 September 2017 |
26 September 2017 | 17 Oktober 2017 |
07 November 2017 | 28 November 2017 |
? Winston Beukes Telefoon: 021 808 9003 |
?
- Die Suid-Afrikaanse Standaard vir die Sorg en Gebruik van Diere vir Wetenskaplike Doeleindes (SANS 10386:2008)
- Hoe om 'n nuwe aansoek te skep en in te dien (Slegs in Engels beskikbaar)
- Hoe om veranderinge in te dien (Slegs in engels beskikbaar)
- Standaardbedryfsprosedures en riglyne
- Bevestiging van Veearts