?????????????????????????Departement FISIKA???
?NAVORSINGSGEBIEDE
??KERNFISIKA
Navorsingstemas is soos volg:
- Teoretiese en eksperimentele ondersoek van kernstruktuur en -reaksies.
- Ontwikkeling van tegnieke om omgewingstraling te moniteer.
- Studie van die impak van straling op menslike weefsel.
?TEORETIESE FISIKA
Teoretici spesialiseer op ’n aantal terreine. Kwessies wat lede van die Instituut vir Teoretiese Fisika ondersoek, wissel van die fundamentele aspekte van kwantummeganika, swartgate en die gedrag van enkelgolwe, tot teoretiese oorwegings van fisika in polimeerwetenskap en biologiese stelsels op sellulêre vlak.
LASERFISIKA (LASERNAVORSINGSINSTITUUT)
Die Lasernavorsingsinstituut bied ’n unieke geleentheid vir lasergebaseerde honneurs-, magister- en PhD-navorsing. Die projekte waarin ons nagraadse studente praktiese ervaring opdoen, sluit in die meting van ultravinnige reaksies in nuwe tipes sonselle, die vasvang en beheer van enkel-ione om kwantumteorie te toets, kwantuminligtingsteorie, nanofotonika, die skep en manipulasie van ligpulse met unieke eienskappe met behulp van nielineêre optika, die ontwikkeling van beeldingsmodaliteite om biologiese monsters te bestudeer, en die laserskeiding van mediese isotope.??
??NAGRAADSE KWALIFIKASIES??
?
HONNEURSGRADE?
- HonsBSc (Fisika) ??met 'n keuse van die volgende strome?:?
- ??- Laserfisika
- ?- Kernfisika
- - Stralings- en Gesondheidsfisika
- - Teoretiese Fisika??
Programaanbod?
Honneursprogramme? Magisterprogramme DoktoraleprogrammeDepartemente
Aardwetenskappe? Biochemie? Chemie en Polimeerwetenskap? Fisika Fisiologiese Wetenskappe? Mikrobiologie? Plant- en Dierkunde Wiskundige WetenskappeSentrums
Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie