肆客足球

?????????????????????????????????????Departement BIOCHEMIE

Die Departement Biochemie het verskeie aktiewe navorsingsgroepe, wat elk aansienlik tot die biochemie en natuurwetenskappe in die geheel bydra (raadpleeg gerus ons jongste lys publikasies). Ons navorsingslaboratoriums bevat ultramoderne navorsingsinstrumente en -fasiliteite en word deur hoogs bekwame tegniese personeel bestuur. Sodoende kan ons biochemiese navorsing van ’n volgehoue ho? standaard onderneem. Ons nagraadse studente doen waardevolle laboratoriumervaring in die jongste navorsingstegnieke op, wat hulle in staat stel om sowel kennis as ervaring suksesvol te kombineer. 

Die Departement is ook die tuiste van die Navorsingsleerstoel in Meganistiese Modellering van Gesondheid en Epidemiologie, wat deel is van die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief (SARChI).

NAVORSINGSGEBIEDE

Die Departement onderneem internasionaal mededingende navorsing. Ons nagraadse programme handel spesifiek oor navorsing op die volgende gebiede?. 

?STELSELSBIOLOGIE EN BIOINFORMATIKA

?Die teorie van beheerontleding word met rekenaarsimulasie en proefnemings gekombineer om die regulering en beheer van prokariotiese en eukariotiese metabolisme beter te verstaan. 

NATUURLIKE PRODUKTE EN HULLE BIOLOGIESE IMPAK

Hierdie gebied behels die fundamentele studie van die impak van biologies aktiewe natuurlike produkte op stero?edreseptorseine wat met toestande soos menopouse, kanker en tipe 2-diabetes verband hou. Die impak op sitochroom P450-afhanklike ensiemstelsels en ander stero?edbindingsprote?ene sowel as op eukariotiese seinoordrag en geenuitdrukking word ook ondersoekl.

TOEGEPASTE NAVORSING VIR NYWERHEID EN GENEESKUNDE

Toegepaste navorsing word onderneem oor malaria, planthormone, plantweerstand en patogeenopsporing, en vir die ontwikkeling van membraantoepassings om watergehalte te moniteer en te verbeter, soos met die behandeling van industri?le afloopwater. 

TOEGEPASTE NAVORSING VIR NYWERHEID EN GENEESKUNDE

Toegepaste navorsing word onderneem oor malaria, planthormone, plantweerstand en patogeenopsporing, en vir die ontwikkeling van membraantoepassings om watergehalte te moniteer en te verbeter, soos met die behandeling van industri?le afloopwater. ?

ENSIMOLOGIE, STRUKTURELE BIOLOGIE EN MIDDELONTDEKKING

Inligting oor die meganisme van ensieme en hulle belang in fisiologiese stelsels – veral dié wat aktief is in ko-faktorbiosintese – word gebruik om nuwe antimikrobiese middels te ontwikkel.

STERO?EDHORMONE IN GESONDHEID EN SIEKTE

Toegepaste navorsing word onderneem oor die biosintese en metabolisme van stero?edhormone, en oor die stroomaf-werking daarvan via stero?edreseptore, om behandelings vir stero?edverwante toestande en siektes, waaronder menopouse, tipe 2-diabetes, MIV-1, obesiteit en bors- en prostaatkanker, te verstaan en te ontwikkel?.?

?
?NAGRAADSE KWALIFIKASIES???

?  HONNEURSGRADE?  MAGISTERGRADE?  DOKTORALEGRADE?
Aansoekproses