Ingeskrewe studente
Aansoekproses:
Studente wat hulle studies wil voortsit, moet om finansi?le steun aansoek doen as hulle vir steun in 'n daaropvolgende jaar in aanmerking wil kom, selfs al het hulle in die huidige jaar sodanige steun ontvang. Die proses bestaan daaruit dat 'n aansoekvorm ingelewer moet word waarop al die besonderhede ingevul is, vergesel van die stawende dokumente wat vereis word.
'n Aansoek behels die volgende stappe:
Besoek my.sun.ac.za.
Klik op Voorgraads in die grys balk bo?aan, dan op Finansies in die tweede ry daarna.[EL1]
Klik op Voorgraadse Beurse & Lenings.
?Teken aan met 'n gebruikersnaam (die studentenommer wat die Universiteit uitgereik het) en 'n wagwoord.
Laat aansoeke sal slegs in die onderstaande gevalle oorweeg word:
Finansieel behoeftige akademiese toppresteerders wat eers na 11 Oktober toelating by die betrokke fakulteitsdekane gekry het, mag om finansi?le steun aansoek doen deur 'n hardekopie-aansoekvorm in te lewer.
Voornemende studente wat eers na 31 Augustus toelating tot 'n studieprogram gekry het, mag nog vanaf 1 September tot 11 Oktober om finansi?le steun aansoek doen.?
Sien hieronder vir meer informasie: