肆客足球

Undergraduate Bursaries & Loans
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Toelae

???????????

Uitbetalings deur Intellimali

  • Alle betalings word aan studente beskikbaar gestel deur IntelliCard, die diensverskaffer wat eenmalige óf maandelikse betalings teen die ontvangers se studentekaarte krediteer.

  • IntelliCard verwittig student van betalings wat nog verwerk word via SMS.

  • Studente moet enige toelaes persoonlik by die Sentrum vir Voorgraadse Beurse en Lenings aanvra nadat hulle die registrasieproses afgehandel het.

  • Ons Navraekantoor sal studente verwys na die besondere beursadministreerder wat hulle befondsing hanteer.

  • Geen toelaes vir etes of handboeke sal vir kontant verruil word nie.

Die Universiteit Stellenbosch befonds die toelaes wat hier onder uiteengesit word, mits die klasgeld van die betrokke studente gedek word deur beurse of lenings wat toegestaan is.
?

Boektoelae

  • 'n Bedrag van hoogstens R5  200 kan op 'n studentekaart gelaai word vir boekaankope by Maties Copy and Print, Van Schaik, Pimp my Book en Protea Boekwinkel.

  • Protea Boekwinkel en Pimp my Book verkoop tweedehandse boeke, wat goedkoper as nuwe eksemplare is.

Privaat verblyf

  • Fondse vir privaat akkommodasie hang af van die bedrag wat van die student se totale finansi?le toelae oorbly nadat toelaes vir onderrig en
    handboeke afgetrek is.

  • Die maksimum maandelikse toelae is gelykstaande aan die koste van 'n dubbelkamer in 'n Universiteitskoshuis.

  • Die volgende wonings maak gebruik van die direkte betalingsfasiliteit:

    Nooitgedacht A
    Nooitgedacht C
    Maranatha Behuising
    The Digs ( Tygerberg)
    The Annex (Tygerberg)

  • As jy 'n verandering aan jou private akkommodasie wil maak, voltooi asseblief die NSFAS-akkommodasie veranderings versoekvorm en stuur saam met die nuwe huurooreenkoms aan nsfas@sun.ac.za.  Klik HIER ?vir die vorm. 

Kostoelae

  • 'n Maandelikse kostoelae is beskikbaar vir studente wat privaat woonplek huur. Die bedrag hang af van die bedrag wat van die student se totale finansi?le toelae oorbly nadat toelaes vir onderrig, handboeke en verblyf afgetrek is.

  • Die koswinkels wat ons vennote hie?rin is, is Pick 'n Pay en Checkers.

  • Ons vennote in die Langenhoven Studentesentrum (“die Neelsie") is Tamatie, Buzz Juice and Smoothie Bar, DCM, Hutmakers, Java Junction, My Brew en Mariam's Kitchen.?

Reis- en etenstoelae

  • Studente wat by hulle ouers tuisgaan, kan 'n toelae vir maandelikse reiskoste kampus toe eis, of vir 'n ete op kampus, of vir albei.

  • Hierdie toelae word in kontant uitbetaal. Die bedrag hang af van die bedrag wat van die student se totale finansi?le toelae oorbly nadat toelaes vir onderrig en handboeke afgetrek is.