Navorsing @ US Argief
Navorsers is welkom om die US Argief te besoek, maar dit is raadsaam om vooraf 'n afspraak te maak. Neem asseblief ook van die volgende kennis voordat u die Argief besoek.
Genealogiese Navorsing
- Reproduksie van argivale bronne is meestal moontlik, maar in sommige gevalle laat die formaat en toestand van die bronne dit ongelukkig nie toe nie
- Besoekers is welkom om hul eie skootrekenaars en ander toestelle te bring vir die maak van aantekeninge, alhoewel die spasie naby netwerk- en kragpunte beperk is
- Geen voedsel, drank, penne en merkpenne word in die navorsingsruimte toegelaat nie
Genealogiese Navorsing
Die US Argief se bronne is nie van so aard dat volskaalse genealogiese navorsing hier gedoen kan word nie. Basiese genealogiese inligting kan egter wel verkry word uit die volgende bronne:
Jaarboeke
Punteregisters van Victoria College
Klas- en akkomodasieregisters van die Ho?r Jongenskool en Victoria College
Toelatingsregisters van Victoria College
Personeelregisters van die Ho?r Jongenskool , Victoria College en Stellenbosch Universiteit
Rekords van studenteverenigings en -klubs
Vir meer inligting raadpleeg asseblief ook die voorgestelde Genealogiese bronne.
? | ? Die Wilcocks-gebou waar die Argief gehuisves word, is grootliks in Desember 2010 deur 'n brand verwoes. Alhoewel die Argief minimum skade gelei het, het die Argief gebaat by die grootskaalse vernuwing wat die gebou ondergaan het. Die Argief spog nou met nuwe navorsings-, uitstal- en kantoorruimtes. ? |
??
??