Universiteit Stellenbosch 1918 - 2018
?
Op 2 April 1918 het die Victoria-kollege plek gemaak vir die Universiteit van Stellenbosch (in 2000 die Universiteit Stellenbosch) en het vier fakulteite (Natuurwetenskappe, Onderwys, Lettere en Sosiale Wetenskappe en AgriWetenskappe), 503 studente en 40 akademiese personeellede met hul werksaamhede begin. Vandag is die Universiteit se vyf kampusse ? tuiste vir 10 fakulteite en ? lewenslustige en kosmopolitaanse gemeenskap van meer as 31000 studente en 3000 personeellede.
Die US Argief se Eeufeesuitstalling gedenk die mense, geboue, gebeure en groei in opvoeding in Stellenbosch wat uiteindelik die Universiteit wat ons vandag het, laat vorm aanneem het.
Die uitstalling kan per afspraak? besigtig word, Maandag - Vrydag, tydens kantoorure.
?
?????? ? ?Universiteit Stellenbosch Dosente en Studente, 1918