Die universiteit het onderlinge verbintenisse met eksterne vennote in terme van verbonde akademieskap (verbonde navorsing en verbonde leer en onderrig), wat wedersyds voordelige vennootskappe tussen akademici en die publiek of die universiteit en maatskaplike vennote behels wat fokus op uitdagings wat in die Suid-Afrikaanse gemeenskap asook op die res van die vasteland ervaar word, soos uiteengesit in, onder andere, die Nasionale Ontwikkelingsplan en die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte.
Vennote vir sosiale impak: 'n 21ste-eeuse universiteit het hoofsaaklik onderlinge verbintenisse met drie groeperinge, naamlik die regering, besigheid en die burgerlike samelewing. (Viervoudige heliks = Universiteit + Regering + Burgerlike Samelewing + Nywerheid)1 Cooper, 2011:355). Dit impliseer 'n bre?r interaksie met die samelewing, insluitend gemeenskappe.
“Hoe die universiteit met eksterne vennote onderlinge verbintenisse opbou in terme van verbonde akademieskap is hoofsaaklik afhanklik van die konteks, nie van enige neiging dat die burgerlike samelewing, nywerheid of regering 'n besonderse behoefte aan betrokkenheid het nie."2 Hierdie konteks versterk die idee van wederkerigheid, gelykheid en samewerking. SI op die US fokus op die uitdagings wat gemeenskappe in Suid-Afrika en op die res van die vasteland in die gesig staar, soos onder andere in die Nasionale Ontwikkelingsplan en die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte uiteengesit word.
Bestaande vennote van die Ukwanda Landelike Kliniese Skool
Laerskool Trevor Manuel
Rise
Vir verdere inligting, kontak asseblief vir Mawethu Nyakatya (munisipaliteite) of Renee Hector-Kannemeyer (organisasies van die burgerlike samelewing)
1 Cooper, D. (2011) The university in development: Case studies of use-oriented research. Kaapstad, HSRC Press.
2 Cooper, D. (2011) The 肆客足球 in Development, p. 355