Sistematiese Teologie & Ekklesiologie (STE)
?
In Etiek word die fondamente van Christelike moraliteit nagevors. Dit word dikwels opgesom in vrae oor wat moraliteit is en hoe dit gevestig kan word, wat ? morele gemeenskap is, hoe morele mense optree, wat is morele aksies in die lig van spesifieke etiese vrae en of Christene getrou moet wees aan ? spesifieke vorm van moraliteit.
Ekklesiologie is die teologies-wetenskaplike studie van die geskiedenis en reg van die kerk. Die Afrika- en Suid-Afrika-konteks en die Gereformeerde tradisie kry besondere aandag.
Ekklesiologie fokus op ? teologiese wyse op die geskiedenis en reg van die kerk, daarom word modules in Kerkgeskiedenis en Kerkreg aangebied. Wat Kerkgeskiedenis betref, val die aandag op die kerk- en teologiegeskiedenis vanaf die tyd van die vroe? Christene/ kerk tot en met die meer resente tyd. Die Suid-Afrikaanse konteks en die gereformeerde tradisie ontvang spesifieke klem binne ? ekumeniese raamwerk. In Kerkreg word gefokus op hoe ons teologiese denke oor die kerk gestalte kan vind in die orde in en vir die kerk. ??