肆客足球

Vrug- & Naoes-patologie

??

Programleier: Dr Cheryl Lennox

Plantsiekte en -verval het 'n impak op die winsgewendheid van sagtevrugte-produksie, en be?nvloed die verbruiker se vertroue in die produkte negatief.  Daar is 'n toenemende aanvraag van verbruikers, en gevolglik kleinhandelaars en bemarkers, vir vrugte met min of geen pestisied- of fungisiedresidue.  Dit is 'n groot uitdaging vir die sagtevrugte-industrie om kwaliteit vrugte onder hierdie beperkinge te produseer, wat tans hewig op voor- en naoes chemikalie? vir siekte- en vervalbeheer steun. Die hoofdoel van die Vrug- en Naoes-patologie Navorsingsprogram binne die departement, is om siekte- en vervalbeheer in sagtevrugte produkte te verbeter, deur die ontwerp van gepaste ge?ntegreerde siektebestuurstrategie?, wat minder op fungisiedes staatmaak.
Projekte binne hierdie program is: Naoes verval van pere, met fokus op verval veroorsaak deur Botrytis cinerea; etiologie en epidemiologie van kernvrot van appels; etiologie en epidemiologie van teikenvrot van appels; die effektiwiteit van sanitasiepraktyke in die vermindering van appelskurf; die voorkoms en belang van oorwintering van appelskurfkonidia in die Wes-Kaap, en monitering van fungisiedsensitiwiteit in populasies van Botrytis cinerea en Venturia inaequalis in die Wes-Kaap.