??
Loopbaangerig
??Die kern komponent van die graad bestaan uit verpligte modules in al vier jare. Gedurende die eerste jaar is die kernmodules: Wiskunde, Rekenaarswetenskap, Wiskundige Statistiek en Datawetenskap. Dieselfde kernmodules word geneem in die tweede en derde jaar. Gedurende die vierde jaar word die Statistiese Leerteorie module as verpligtend geneem, tesame met die Datawetenskap navorsingsprojek. Die navorsingsprojek word geneem onder studieleiding in een van die fokusareas and voltooi dus die data-siklus as anker projek binne Datawetenskap.
Studente registreer in een van die agt fokusareas. Wanneer die fokusarea gekies is, moet al die modules binne daardie fokusarea geneem word. Geen keuse module van 'n ander fokusarea mag geneem word nie, asook geen ander modules in ander programme mag die modules in die betrokke fokusarea vervang nie. Die vierdie jaar van die fokusarea sal bepaal in watter fakulteit jy die graad gaan ontvang.
Die BDatSci graad is 'n voltydse program en residensieel tot die Stellenbosch kampus. Geen aanlyn studies is moontlik nie of selfs studies weg van die kampus af nie.
?
Dit is nou moontlik om van fokusarea te verander na jaar 1 en jaar 2, sonder om ekstra jare van studie by te voeg. Klik hier? om te sien watter modules in nuwe fokusarea kan vervang word met bestaande modules wat jy geslaag het.
Die fokusareas is loopbaangerig en help studente met toepaslike modulekeuses. Die modules kombinasies word in die volgende fokusareas aangebied:
1. Statistiese Leer (Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe): Statistiese leer behels die indentifisering van tendense en patrone in data en gebruik dit om wiskundige modelle the ontwikkel en te konstrueer wat uiteindelik gebruik word om uitkomstes te voorspel of te klassifiseer. Dit word onder andere gebruik in 'n verskeidenheid van velde soos rekenaarvoorstellings, spraakerkenning, sport en finansies.
Modules in hierdie fokusarea hoofsaaklik uit Wiskundige Statistiek, met tuisdepartement Statistiek en Aktuariele Wetenskap
2. Rekenaarwetenskap (Fakulteit Natuurwetenskappe): Rekenaarstudies behels die beginsels en praktisering van rekenarisering en data prosessering; volg beginsels van probleemoplossingstegnieke en data manipulasie vir alles van kanalisring van data op internet en dryf van sosiale media toegang, tot ook beheer van GPS satelliete, vervaardiging van robotte en selfs jou gewone rekenaar.
Modules in hierdie fokusarea hoofsaaklik uit Rekenaarwetenskap, met tuisdepartement Rekenaarwetenskap