????????????????????
Baccalareus in Datawetenskap (B?DatSci)
(Voltyds en 'n residensiele program en nie aanlyn nie)
Aankondiging eerstejaars in 2025: Daar gaan 'n volledige inligtingsessie wees gedurende verwelkomingsweek (op 31 Januarie? 2025) voor lesings begin en voordat jy hoef te registreer vir 'n fokusarea. Moet asb nie registreer vir 'n fokusarea alvorens jy die inligtingsessie bygewoon het nie of indien jy onseker wat die fokusareas behels. Die bywoning van hierdie sessie (om 08:30 - 10:00 in Van der Sterr 3124, ingang 1) is verpligtend.
Alle eerste-jaar studente moet op kampus wees gedurende welkom week, wat begin op 30 Januarie (klik hier vir skakel na WE?LKOM MATIES 2025). Inwoners van koshuise word vroeer verwag.
?Die vierde industriele revolusie verander tans die wetenskap en die Industrie in merkwaardige maniere. Kunsmatige intelligensie, masjienleer, statistiese leer, diepleer, groot-data - hierdie is almal konsepte wat die kern vorm van die dissipline, Datawetenskap. Werk in bykans alle omgewings word meer en meer gedryf en bestuur deur data en hierdie kontinue transformasie van werksomgewings vereis betekenisvolle kaders van talentvolle gradueerdes met hoogs ontwikkelde datawetenskap- vaardighede en kennis. 'n Kwalifikasie in Datawetenskap is hoogs gesog en lei tot baie werksgeleenthede.
Alhoewel baie fakulteite oor die laaste klompie jare sekere Datawetenskap voorgraadse programme en fokusse ingestel het, het die Universiteit sedert 2021 begin met 'n nuwe voorgraadse program in Datawetenskap, wat waarlik multi-disspliner is.
Opedag: Saterdag, 15 Maart 202?5 ?(aanbieding hi?er????) - vir studente wat in 2026 eerstejaar is.?
? ?