肆客足球

Information Governance
Welkom by Universiteit Stellenbosch
?
?

???????Die besigheidsintelligensiestelsel, SUN-i, is 'n gesamentlike inisiatief deur die afdelings Inligtingsoorsigbestuur en IT. Die doel is om bestuursinligting te voorsien wat besluitneming op middel- en strategiese bestuursvlakke kan ondersteun. Inligting uit verskillende omgewings word ge?ntegreer om 'n holistiese perspektief te bied.

Gebruikers kan deur middel van dinamiese Excel-verslae en interaktiewe PowerBI toepassings toegang tot SUN?i bekom. Excel-template is beskikbaar en gebruikers kan hulle eie Excel-verslae pasmaak om in hulle bepaalde behoeftes te voorsien.  Slegs geregistreerde SUN-i gebruikers het toegang tot die verslae.  Vir toegang tot PowerBI toepassings moet 'n lisensie bekom word.  Kliek hier ?om meer inligting te bekom oor die verkryging van 'n PowerBI lisensie.

 Die volgende inligting is beskikbaar:

  • Programaansoeke
  • Studente-inskrywings en -kwalifikasies
  • Module-inskrywings en -eksamenuitslae
  • Studenteretensie-en-deurvloeisyfers
  • Beursaansoeke en -toekennings
  • Personeelverslae
  • HEMIS-verslae

 Let wel: Inligting mag nie sonder toestemming gepubliseer word nie.

Indien u van plan is om die inligting te publiseer, kontak asseblief die Institusionele Toestemming-hulpkantoor by permission@sun.ac.za?


?Vir toegangsregistrasie, opleiding of algemene navrae:

?Me Loumarie Kistner
Stuur e-pos???
+27 21 808 9593