??Dienste / Funksies
Akademiese Beplanning
Die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering (ABG) ko?rdineer die instelling van nuwe akademiese programme en die wysigings aan bestaande programme by die Universiteit Stellenbosch.
ABG bestuur die sekretariaatfunksie vir die Programadvieskomitee (PAK) wat aan die Akademiese Beplanningskomitee, ’n subkomitee van die Senaat, rapporteer.
Die sentrum is verantwoordelik vir die eksterne indiening van nuwe programme vir die goedkeuring, akkreditasie en registrasie by Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding (DHOO), die Raad op Ho?r Onderwys (RHO) en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Owerheid (SAKO).
Gehalteversekering
Die Universiteit Stellenbosch het ’n gevestigde stelsel van eweknie-evaluerings vir akademiese departemente en professionele administratiewe steundienste in ’n ses-jaar siklus.
Die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering (ABG) ko?rdineer die gehalteversekeringsprosesse by die Universiteit Stellenbosch en bestuur die sekretariaatfunksie van die Gehaltekomitee, wat aan die Uitvoerende Komitee van die Senaat rapporteer.???
?