肆客足球

Biomedical Research Institute
Welkom by Universiteit Stellenbosch
??
?

Instituut vir Biomediese Navorsing (BMNI)?


MEER OOR DIE INSTITUUT VIR BIOMEDIESE NAVORSING

Die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is 'n selfgedrewe sentrum van globale uitnemendheid wat dien as lanseerblad vir 'n hele aantal mediese en gesondheidswetenskaplike baanbrekersinisiatiewe wat die lewe vir miljoene mense in Suid-Afrika en die res van Afrika verbeter het. 

As een van Afrika se top- mediese en gesondheidswetenskapinstellings is ons navorsingsareas ontwikkel teen die agtergrond van die Verenigde Nasies se Globale Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte, die doelwitte van die Afrika-unie se Agenda 2063, en Suid-Afrika se Nasionale Ontwikkelingsplan. Die uitdaging om plaaslike relevant en globaal meededingend te wees is die dryfkrag vir ons wetenskaplike bedrywighede. Om dit te bereik fokus die Universiteit Stellenbosch deurlopend op die unieke areas waarin ons met die verloop van tyd deskundigheid opgebou het. 

Ons navorsingagenda word deur strategiese navorsingsfokusareas bepaal en verseker dat ons navorsingsbedrywighede gerig is op die belangrikste gesondheidsuitdagings in Afrika. Ons splinternuwe Instituut vir Biomediese Navorsing (BMNI) is 'n wêreldklas, toekomsgerigte navorsingskompleks wat op verskeie maniere self beter is as wat die res van die wêreld tans bied. 

Die BMNI is die tuiste van van Suid-Afrika se voorste navorsers en studente wat navorsing doen oor die siektes wat die grootste impak op Suid-Afrika en die res van Afrika het sodat hulle bevindinge gebruik kan word om die diagnose, voorkoming, en die behandeling van siektes soos tuberkulose, kardio-metaboliese siekte, MIV, diabetes en neurologiese siektes te verbeter.  

Die BMNI is 'n R1.2-biljoen belegging wat die onmiddellike uitbreiding van ons huidige navorsingsaktiwiteite te weeg gebring het, en dit versterk ons navorsings- en onderrigkapasiteit in die velde bio-informatika, genomika, kliniese anatomie, kardiovaskulêre fisiologie, neurobiologie, gevorderde chirurgiese wekenskappe, en biobanke. 

Die supermoderne gebou is toegerus met 'n volledig geoutomatiseerde biobewaarplek (BiOS) – die eerste van sy soort in die Suidelike Halfrond – waar 3-5 miljoen monsters teen -80°C bewaar kan word. Die BiOS is toegerus met verskeie rugsteunstelsels om hom te beskerm teen kragonderbrekings en beurtkrag, en het 'n kontrolestelsel vir temperatuurbeheer wat dag en nag werk om monster-integriteit te verseker. 

Die Instituut huisves ook drie moderne BSL3-fasiliteite. Die een in die BMNI Suid-gebou is die grootste in Suid-Afrika. Toegang tot hierdie laboratoriums word beheer. Hulle is toegerus met gespesialiseerde toerusting, en streng werksbeleid en -prosedures geld vir werk met gevaarlike patogene waarmee ons ons navorsing van wêreldgehalte oor aansteeklike siektes doen. 

Benewens 'n reeks navorsingslaboratoriums, is daar ook ook 'n Bioinformatika-sentrum, elektronmikroskoop-laboratoriums, proteomika- en FACS-laboratoriums, 'n mediese morfologie-leersentrum, 'n kliniese navorsingseenheid en konferensiefasiliteite in die BMNI gele?.??????

???????