肆客足球

Unit for Construction Materials
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Vars & Jong Beton

??Die gedrag van vars en jong beton het ? groot invloed op beide die meganiese- en duursaamheidseienskappe van verharde beton. Vars beton verwys na beton wat sopas gegiet is terwyl jong beton verwys na beton wat slegs ? paar dae oud is. Die eienskappe wat hoofsaaklik nagevors word is deformasie, defekte, reologie en meng ontwerp. Weens die wye omvang van die onderwerp, is die huidige fokus op die voorkoming van krake wat vorm in jong beton. Die vorming van krake moet so ver moontlik verhoed word omdat die teenwoordigheid van die krake 'n groot afname in die diensleeftyd van strukture veroorsaak. Navorsing in hierdie veld sluit ondersoeke van plastiese versakking krake, plastiese krimp krake sowel as termiese krake van vars en jong beton, in. Die beoogde doel van die navorsing is om riglyne te ontwikkel vir die voorkoming van vroe? ouderdom krake in vars en jong beton. Hierdie navorsing sal ook lei tot die uitbreiding van kennis in die betrokke veld.

?

Reologie, Plastiese Krake en Viskoplastiese Gedrag van Beton 

Student: Marnu Meyer (PhD)

Studieleiers: Dr Riaan Combrinck?


Plastiese Kraak Riglyne vir Suid-Afrika 

Student: Gerius Moelich (PhD)

Studieleier: Dr Riaan Combrinck?


Invloed van Temperatuur op Plastiese Krake van Beton 

Student: Juandre Van Zyl (M.Eng)

Studieleier: Dr Riaan Combrinck?


Reologiese en Tydafhanklike Verenigbaarheidskwessies tussen Sement en Bymiddels 

Student: Johandre Bessinger (M.Eng)

Studieleier: Dr Riaan Combrinck?


Invloed van Plastiese Krimpkrake op die Duursaamheid van Beton 

Student: Abrie Brits (M.Eng)

Studieleier: Dr Riaan Combrinck?