肆客足球

Extended Degree Program in Arts and Social Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

???Wie kwalifiseer vir die VGP??

Die basiese toelatingsvereistes vir keuring tot die VGP is (i) toelating tot 'n Baccalaureusgraad, (ii) 'n gemiddelde NSS-resultaat in die kategorie 60-62.9% (Lewensori?ntering uitgesluit) en (iii) voldoening aan die programspesifieke toelatingsvereistes. Toelating tot die VGP word op 'n diskresionêre basis oorweeg. 'n Student se sosio-ekonomiese status (bepaal deur historiese benadeling, voogde of ouers se inkomste en die gehalte van skoolopleiding), asook die beskikbaarheid van plekke, word oorweeg vir toelating. Die Nasionale Normtoets (NNT)-uitslae word nie in 2022 gebruik vir die keuring of plasing van VGP-studente nie.

Graad 12-leerders wat in 2021 voorlopig tot die hoofstroomprogram toegelaat is, maar wat na die bekendmaking van die NSS-resultate in 2022 nie aan die hoofstroom-programvereistes voldoen nie, kan 'n versoek rig aan Me. Cheryl Richardson (cherylr@sun.ac.za) om vir toelating tot die VGP oorweeg te word. Die oorweging is onderhewig aan dieselfde toelatingsvereistes soos hierbo genoem. Hulle moet ook die eerste VGP-ontmoeting op Vrydag 4 Februarie 2022 bywoon. Vir meer inligting, sien Eerste VGP-ontmoeting.

Die VGP is nie 'n opsie vir die volgende graadprogramme nie: BA (Drama- en Teaterstudie), BA (met Musiek), BMus, BA in Visuele Kunste, BA (Politiek, Filosofie en Ekonomiese Studie) (PPE), BA (Regte) en BA (Sportwetenskap).?