Drie FGGW navorsers ontvang "Vroue in Wetenskap"-toekenning
Drie FGGW navorsers het onlangs die Universiteit Stellenbosch baie trots gemaak toe hulle elk 'n 2019 L'Oréal-UNESCO-toekenning gekry het vir Vroue in Wetenskap in Afrika suid van die Sahara. Lees meer hier
|
|
|
Voedselwetenskaplike as ontluikende navorser erken
?Voedselwetenskaplike dr Paul Williams is een van 13 internasionale navorsers wat deur SPIE, die internasionale vereniging vir optika en fotonika, in hul 2020 DSC Rising Researchers-groep ingesluit is. Dr Williams is 'n dosent en navorser in die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Agriwetenskappe. Lees meer hier
|
|
US-professor ontvang gesogte navorsingstoekenning
Prof Lesley le Grange, uitgelese professor van die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Opvoedkunde, het onlangs die toonaangewende eretoekenning van die Suid-Afrikaanse Onderwysnavorsingsvereniging (SAERA) ontvang. Lees meer hier
|
|
US bevestig plek op ranglys vir ontluikende ekonomie?
Die Universiteit Stellenbosch (US) het sy posisie as een van die voorste universiteite in die ontluikende ekonomie? van die wêreld bevestig. Lees meer hier
|
|
|
|
Leerstoel in Gewasbeskerming by Universiteit Stellensbosch sal studente en reeds gekwalifiseerde landboukundiges help oplei
'n Leerstoel vir Gewasbeskerming is vanjaar aan die Universiteit Stellenbosch (US) gestig danksy R10,5 miljoen se ondersteuning van Villa Crop Protection. Die nuwe inisiatief sal navorsing nastreef wat vrae uit die industrie beantwoord. Studente sal daardeur finansieel ondersteun en opgelei word. Lees meer hier
|
|
Prof Peter Hesseling ontvang erkenning vir 'n leeftyd van diens
Prof Peter Hesseling, voormalige professor van die Department Pediatrie en Kindergesondheid by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), het onlangs die eerste persoon uit Afrika geword wat 'n Lewenslange Prestasie-toekenning van die Internasionale Vereniging van Pediatriese Onkologie (Society of Paediatric Oncology [SIOP]) ontvang het. Lees meer hier
|
|
|
US wiskundige vir uitstaande navorsing vereer
'n Professor in toegepaste wiskunde in die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US), Prof André Weideman, het die Suid-Afrikaanse Wiskundige Vereniging se 2019 toekenning vir uitstaande navorsing ontvang. Dit gee erkenning aan die belangrike bydrae wat hy tot navorsing op die gebied van wiskunde in Suid-Afrika gelewer het. Lees meer hier
|
|
Ochodo ontvang toonaangewende Afrika Navorsingsleierskap-toekenning
?Dr Eleanor Ochodo, 'n seniornavorser en dosent in die Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg, is een van vier “opkomende sterre en toekomstige navorsingsleiers" wat 'n wesenlike befondsingstoekenning sal ontvang vir navorsing wat daarop gemik is om prioriteits-gesondheidvraagstukke in Sub-Sahara Afrika aan te spreek. Lees meer hier
|
|
|
|
|