Click here to read the English version
Beste Matie
Die impak van die Universiteitsgemeenskap op Stellenbosch as 'n historiese dorp net in terme van verblyf, verkeer en parkering skep interessante geleenthede vir noodsaaklike toekomsbeplanning. Daarom het die Universiteit 'n kampusmeesterplan opgestel wat die raamwerk verskaf vir die ontwikkeling van ons fasiliteite and infrastruktuur vir die toekoms. Hierdie plan sal ons strewe om Stellenbosch as 'n universiteit van die 21ste eeu uit te bou, verwesenlik, maar ewe belangrik, ook aandag gee aan die behoeftes vir verblyf, vervoer en parkering.
Deur die HOOP Projek ondersteun die US vyf ontwikkelingstemas, waaronder die bevordering van 'n volhoubare omgewing. Die kampusmeesterplan en die mobliliteitsplan wat daaruit voortgevloei het, illustreer ook die Universiteit se verbintenis tot volhoubaarheid.
Ek deel graag op Dinsdag, 28 Februarie 2012 die planne met jou, veral ook hoe jy as student deur die beoogde veranderinge geraak sal word.
Tyd: 13:00 - 14:00
Plek: Endlersaal
Bevestig asseblief jou bywoning by Janice Ghalpie in die SR-kantoor of by jlp@sun.ac.za teen
24 Februarie 2012.
Vriendelike groete |