Click here for the English version
Beste Kollegas en Studente
Baie welkom terug vir die nuwe akademiese jaar. Ek vertrou dat die welverdiende blaaskans die geleentheid gebied het om goed uit te rus en dat dit julle met nuwe krag en ywer gevul het vir die uitdagings van 2012. Ons het as 'n span belangrike doelwitte behaal in die jaar wat verby is en daar lê opwindende tye vir ons voor om die uitnemende werk van ons Universiteit tot nuwe hoogtes te voer in die komende maande.
Vanjaar beloof om 'n jaar vol uitdagings te wees. Te midde van belangrike strategiese take (soos die implementering van die Institusionele Plan 2012 tot 2016 en die hersiening van ons finansi?le model en die meegaande begrotingsbeplanning) het Bestuur die noodsaaklikheid ge?dentifiseer om deeglik te besin oor die samestelling van al die top-bestuursportefeuljes. Om ons planne te kan uitvoer en mikpunte te bereik, is daar eenstemmigheid by Bestuur dat 'n beduidende herorganisering van die portefeuljes se verantwoordelikhede nodig is, en dat die prosesse hiervoor so gou doenlik moet begin. Die Bestuur het die voorsitter en onder-voorsitter van die Raad dan ook hieroor in kennis gestel.
Ek het julle laat verlede jaar ingelig dat prof Arnold van Zyl aangestel is as Rektor van die Chemnitz Tegniese Universiteit in Duitsland, en dat prof Magda Fourie-Malherbe aangedui het dat sy nie vir 'n tweede termyn as Viserektor (Onderrig) beskikbaar sal wees nie. Hulle vertrek bring natuurlik vir die Universiteit belangrike uitdagings in terme van die voortgesette funksionele en operasionele doeltreffendheid van die totale universiteitsfunksie, maar bied terselfdertyd 'n unieke geleentheid om in die lig van die vermelde situasie al die top-bestuursportefeuljes opnuut te bekyk en die herorganisering vinniger te laat realiseer.
Om hieraan effek te gee, het proff Van Zyl en Fourie-Malherbe, voortvloeiend uit verskeie konsultasiegesprekke en in die lig van hul aangeduide loopbaankeuses, besluit om hul pligte vroe?r neer te lê. Prof Van Zyl is vrygestel van die uitvoer van sy amptelike pligte tydens sy kennisgewingsperiode (1 Januarie tot 31 Maart 2012) en prof Fourie-Malherbe het gekies om haar pligte op 15 Februarie 2012 neer te lê om haar ook in staat te stel om haar navorsingsgeleentheid reeds vroe?r gedurende die restant van haar termyn tot einde September vanjaar te benut. Albei behou hul personeelvoordele vir die balans van hulle kontrakte.
Ek het in die afgelope dae hierdie saak verder met die Bestuurspan bespreek en die insette van die dekane, die voorsitter van die Studenteraad en die voorsitter van die Menslike Hulpbronnekomitee bekom en sal vervolgens die Menslike Hulpbronnekomitee van die Raad hieroor inlig.
Ek wil proff Van Zyl en Fourie-Malherbe bedank vir die gees waarin die gesprekke van die afgelope tyd plaasgevind het, maar belangriker nog, vir die skitterende werk wat hulle gedurende hul dienstermyne aan die US gelewer het. Die akademiese en navorsingsuksesse wat ons in die afgelope jare bereik het, kan grootliks toegeskryf word aan die leidende rolle wat hulle op hul onderskeie terreine gespeel het. Ons beste wense vergesel prof Van Zyl in sy rol as nuwe rektor van die Chemnitz Tegniese Universiteit, en vir prof Fourie-Malherbe in die voortsetting van haar loopbaan in ho?ronderwysstudies aan die Fakulteit Opvoedkunde van ons Universiteit.
Nogmaals baie welkom terug en mag hierdie jaar vir ons ongekende hoogtes inhou.
|