
STELLENBOSCH-KAMPUS
24-uur-noodnommer:
021 808 2333
Tolvrye nommer:
0800 02 58 27
WhatsApp-nommer vir saamstapdiens:
082 808 2333
TYGERBERG-KAMPUS
24-uur-noodnommer:
021 931 5111
Tolvrye nommer:
0800 00 67 67
WhatsApp-nommer vir saamstapdiens:
083 938 1841
Die veiligheid van studente en personeel is vir die Universiteit Stellenbosch van die uiterste belang. 'n Toegewyde, hoogs opgeleide sekuriteitspan patrolleer die Universiteitskampus en geriewe. Hulle word deur 'n 24/7-operasionele sentrum ondersteun wat alle noodoproepe hanteer en die aktivering van alarms en kringtelevisiestelsels monitor.
As gevolg van die Universiteit Stellenbosch se oop kampus, wat nou ge?ntegreer is met Stellenbosch se sentrale sakekern en omliggende gebiede, het die Universiteit 'n stewige vennootskap met plaaslike wetstoepassings- en veiligheidsagentskappe gesmee om omvattende dekking en veiligheid regoor die groter Stellenbosch-omgewing te verseker.
Die Universiteit het die afgelope paar jaar 'n aansienlike hoeveelheid tyd, energie en hulpbronne aan die opskerping van veiligheids- en sekerheidsmaatre?ls gewy. Hierdie maatre?ls word deurlopend hersien en sluit die identifisering van groot of nuwe tendense en die dienooreenkomstige aanpassing van sekerheids- en veiligheidstrategie? in om die veiligheid van ons studente en personeel op kampus te verseker.
Jy sal op hierdie bladsy besonderhede oor hulpbronne, inisiatiewe en veiligheidsmaatre?ls vind wat by die US in werking gestel is. Indien jy enige bykomende navrae het, moet jy asseblief nie huiwer om ons te kontak by campussafety@sun.ac.za nie.
WhatsApp-saamstapdiens
As jy tussen 18:00 en 06:00 tussen geboue of parkeerterreine op kampus moet stap, kan jy 'n sekerheidswag versoek om jou te vergesel.
Stuur 'n WhatsApp-saamstapdiensversoek na Kampussekuriteit en 'n sekerheidswag sal aangewys word om jou te vergesel.
Hierdie gratis diens is regdeur die jaar op kampus beskikbaar.
Stellenbosch-kampus: 082 808 2333
Tygerberg-kampus: 083 938 1841
Gratis Stellenbosch-kampuspendeldiens snags
Benut gerus die gratis nagpendeldiens wat daagliks gedurende die kwartaal van 18:00 tot 06:00 op kampus beskikbaar is. Die pendeldiens vertrek elke uur op die uur vanaf die Neelsie-parkeerterrein en dek 'n radius van 7 km vanaf die kampusgebied om studente veilig by hulle woonplek of studenteverblyf te besorg. Bespreek via die SUN-studenteportaal.
Kampuskaart
Besoek die interaktiewe kampuskaart
Volg hierdie veiligheidswenke op kampus:
- Moet nooit alleen stap nie, veral nie in die aand of nag nie. Beplan om in groepe saam te stap, die pendeldiens te gebruik, of versoek Kampussekuriteit om saam met jou te stap (saamstapdiens).
- Hou by die voorkeurroetes wanneer jy op kampus stap. Dit sluit Victoriastraat en Bosmanstraat in waar daar snags veiligheidswagte in mobiele veiligheidskiosks aan diens is.
- Kies die veiligste roete, selfs al is dit nie die kortste pad nie.
- Vermy afgesonderde gebiede, veral wanneer jy vroegoggend of laatmiddag oefen.
- Wees bewus van jou onmiddellike omgewing.
- Handhaaf 'n veilige afstand indien 'n motoris by jou sou stilhou om aanwysings te vra.
- As jy vermoed dat iemand jou moontlik agtervolg, verander van rigting, stap na mense toe en vra hulp.
- Wees 'n Matie wat omgee – vergesel 'n vriend of vriendin.
- Moenie waardevolle artikels binne sig in jou voertuig laat nie.
- Sorg dat jou voertuig behoorlik gesluit is voordat jy daarvan af wegstap.
- Belê in 'n U-slot om jou fiets te beveilig.
- Gebruik die fietsskure op kampus.
- Moenie waardevolle besittings ten toon stel nie.
- Moenie op 'n selfoon loop en praat nie.
- Sorg dat jy altyd 'n klein, herlaaibare flitslig by jou het.
- Sorg dat jy altyd 'n fluitjie en pepersproei by jou het.
- Sê altyd vir 'n vriend of twee waarheen jy gaan.
Gereelde vrae
Die US kan weens veiligheidsredes nie inligting oor alle veiligheidsmaatre?ls verskaf nie. Meer as 60 interne veiligheidsbeamptes patrolleer egter saam met meer as 200 gespesialiseerde sekerheidskontrakpersoneel die Universiteitskampusse.
Saamstapdiens
Die US bevorder aktief die Universiteit se saamstapdiens wat elke aand vanaf 18:00 beskikbaar is. Studente kan versoek om in die aand deur ’n veiligheidsbeampte vergesel te word wanneer hulle tussen geboue of oor parkeerterreine op kampus stap. Hierdie gratis diens is regdeur die jaar op kampus beskikbaar. Studente kan die saamstapdiens versoek deur ’n WhatsApp-boodskap na 082 808 2333 te stuur.
'n Bykomende "saamstap-sneldiens" is ook gedurende assesseringstye daagliks vanaf 19:00 op die uur beskikbaar. Studente kan by die veiligheidskiosk buite die Jan Mouton-gebou bymekaarkom, vanwaar 'n veiligheidsbeampte groepe na verskeie bestemmings op kampus sal vergesel. (Hierdie diens vervang nie die normale saamstapdiens nie.)
Kampuspendeldiens
Die Universiteit moedig studente aan om die nagpendeldiens te gebruik wat daagliks vanaf 18:00 tot 02:00 op kampus beskikbaar is. Die pendelvoertuig vertrek elke uur op die uur vanaf die Neelsie-parkeerterrein en ry binne 'n radius van 6 km vanaf die kampusgebied om studente veilig by hulle woonplek of studenteverblyf te besorg. Hierdie diens is gratis, maar studente moet die diens vooraf bespreek. Klik hier vir die pendelskedule. Hierdie diens is nie gedurende reses beskikbaar nie.
Daar is ook 'n daaglikse pendeldiens vanaf 07:00 tot 17:00 beskikbaar vir studente. Vind die skedule hier.
Terwyl die Universiteit voortdurend bewustheid skep en veiligheidskwessies op kampus in samewerking met ander veiligheidsagentskappe op die dorp aanspreek, beskou dit studente, personeel en die publiek as vennote in hierdie proses en doen ons 'n beroep op hulle om waaksaam te bly en waaksame en aktiewe vennote in kampusveiligheid te wees. Dit sluit in om verantwoordelikheid vir hulle persoonlike veiligheid op kampus en in die dorp te neem – veral in die aand.
Die Universiteit is deur middel van Kampussekuriteit 'n lid van die Stellenbosse Sekuriteitsnetwerk waar die verskillende veiligheidsvennote veiligheidsinligting deel. Kampussekuriteit mag egter slegs die kampus patrolleer. Ingevolge die regulasies van die reguleringsowerheid vir die private veiligheidsbedryf (PSIRA) is Kampussekuriteit tot veiligheidsbedrywighede binne die kampusgebied van die Universiteit beperk.
Gereelde optredes en inisiatiewe wat deur die Universiteit onderneem word, sluit die volgende in:
Misdaadvoorkoming en bewusmaking gedurende Verwelkomingsweek: Kampussekuriteit bied inligtingsessies vir studenteleiers en groepe nuwelinge aan om inligting oor selfverdedigingsopleiding te verskaf en om persoonlike veiligheidsapplikasies soos Buzzer en pepersproei te bevorder.
Benutting van sosiale media vir kampusveiligheidsbewustheid: Kampussekuriteit gebruik sosiale media om bewustheid te skep en waaksaamheid onder die kampusgemeenskap te bevorder. Platforms wat gebruik word om beste praktyke en misdaadvoorkomingswenke te kommunikeer, sluit die Universiteit se Facebook-bladsy, Instagram en TikTok in (sien voorbeelde van plasings en video's hieronder). TikTok stel Kampussekuriteit in staat om 'n wye gehoor te bereik, aangesien dit baie gewild is onder jong volwassenes. Die kort video's wat op hierdie platform geplaas is, is al byna 1 000 keer gekyk.

Die Universiteit besef dat veiligheid 'n gedeelde verantwoordelikheid is, en werk daarom nou saam met sleutelbelanghebbers op die dorp deur onder meer gereelde besprekings by veiligheidsforums en die Burgemeester-/Rektorforum om 'n omvattende benadering tot veiligheid te verseker. Die US sal nie ophou om aktief met die res van die rolspelers op die dorp saam te werk en die nodige hulpbronne toe te wys om die veiligheid van sy studente te verseker nie. Die US waardeer ook die feit dat die SAPD en sy veiligheidsvennote onvermoeid werk om hierdie sake te ondersoek.
Die Universiteit se Eenheid vir Gelykwaardigheid implementeer die US se beleide oor onbillike diskriminasie en teistering en bied verskeie dienste en ondersteuning aan studente en personeel. Klik hier om meer te lees
Studente het ook toegang tot die US INSPIRE-fasiliteit (volg ook hierdie skakel) binne die Stellenbosch GBG-sentrum in Idasvallei, Stellenbosch.