Wat kan ek studeer?
??Ons ho? gehalte, aktuele onderrigprogramme
fokus daarop om alle studente tot hul volle potensiaal te ontwikkel, deur die
geskikste metodes van onderrig te gebruik en `n gesonde wetenskaplike
ingesteldheid by studente te kweek. Die ideaal is om graduandi te kweek wat
mededingend en hoog in aanvraag is in die werksmark, en ook kan funksioneer as
selfstandige, kritiese en kreatiewe denkers.
Omdat die realiteite van plaaslike natuurwetenskappe binne die konteks van die
internasionale wetenskapswêreld nie misken kan word nie, fokus ons ook
toenemend op die toerusting van studente met wetenskaplike, taal- en
elektroniese kommunikasievaardighede.
Voorgraads kan studente aan die
Fakulteit Natuurwetenskappe `n BSc-graad in hul gekose studierigting verwerf,
met ’n keuse uit die Biologiese Wetenskappe, Wiskundige Wetenskappe en Fisiese
Wetenskappe.
Dienskursusse in die Natuurwetenskappe word ook vir studente in die Fakulteite
Landbou- en Bosbouwetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Ingenieurswese
en Gesondheidswetenskappe aangebied.
Al ons departemente bied ook nagraadse studieprogramme aan op
honneurs-, magister- en doktorale vlak.