???????????
Die Departement Fisiologiese Wetenskappe doen ondersoekende navorsing om die gesondheidsuitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, beter te verstaan. Ons het verskeie navorsingsgroepe onder leiding van uitgelese navorsers wat 'n verskeidenheid siektetoestande ondersoek. Die motivering is om ‘n indiepte begrip van die onderliggende meganismes wat die aanvang van patofisiologiese toestande veroorsaak te verkry, met die uiteindelike doel om nuwe terapeutiese intervensies te ontwerp.
Ons laboratoriums is goed toegerus binne ons fokus in die Suid-Afrikaanse konteks. ‘n Voorbeeld hiervan is waar ons, in die afgelope paar jaar, twee Sentrale Analitiese Fasiliteit (SAF) eenhede suksesvol binne ons departement gestig het, naamlik fluoresensie mikroskopie en vloeisitometrie. Die proefdierfasiliteit is ook in ons omgewing gele? en word suksesvol bestuur deur hoogs gekwalifiseerde personeel van ons departement. Ons het onlangs 'n NNS-navorsingsnisarea (RNA) toekenning ontvang vir die ondersoek van skeletspierbiologie. Ons is verder lede van die MNR Inter-universitêre Hartnavorsingsgroep wat navorsers aan die Universiteit van Kaapstad sowel die Universiteit van Stellenbosch se mediese kampus insluit.
Ons dinamiese vissie beteken dat ons suksesvol gesamentlike projekte met verskeie laboratoriums binne Suid-Afrika sowel die buiteland ontwikkel het. Tesame met hierdie omvattende strategiese benadering, verseker dit die ontwikkeling van eersteklas navorsingsuitsette, en die koestering en ontwikkeling van menslike hulpbronne (studente en personeel) en sodoende ons nasionale en internasionale beeld binne die “Fisiologie-dissipline” verder te versterk.
Kyk asseblief hieronder na al ons verskillende navorsingsgroepe, hoofondersoekers en skakels na meer inligting rakende elke groep, asook inligting oor ons twee nuwe ondernemings:
Navorsingsgroepe | Hoofondersoekers? | Vir meer inligting? |
?Kardio-Onkologie navorsingsgroep | ??Dr B Sishi | Kardio-Onkologie navorsingsgr?oep? |
Spiernavorsingsgroep | ?Prof K Myburgh | Spiernavorsingsgroep |
?Kardio-metaboliese navorsingsgroep | Dr Danzil Joseph | ??Kardio-metaboliese navorsingsgroep? |
?Hartgeleidingsgroep | Dr Carin De Villiers? | ?Hartgeleidingsgroep |
Neuro-navorsingsgroep | ?Prof B Loos | ??Neuro-navorsingsgroep |
?Kankernavorsingsgroep | ?Prof A-M Engelbrecht | ?Kankernavorsingsgroep |
??Bio-ge?nspireerde dwelmaflewering Navorsingsgroep? | ?Dr ?Sanjeev Rambharose? | Bio-ge?nspireerde dwelmaflewering Navorsingsgroep |
?Ge?ntegreerde Metaboliese Navorsingsgroep | ?Dr T Nell | ?Ge?ntegreerde Metaboliese Navorsingsgroep? |
?Kliniese Hemoreologie en Bloedstollingsgroep? | ?Prof R Pretorius | Kliniese Hemoreologie en? Bloedstollingsgroep??? |
??????
??Nuwe ondernemings? | |
???? | ?? |