Universiteit Stellenbosch: Pages_肆客足球 /afrikaans/Pages/Forms/AllItems.aspx RSS feed for the Pages list. Wed, 24 Jul 2024 09:48:21 GMT Microsoft SharePoint Foundation RSS Generator 60 en-US Universiteit Stellenbosch: Pages_肆客足球 /afrikaans/_layouts/15/images/siteIcon.png /afrikaans/Pages/Forms/AllItems.aspx GBV_肆客足球 /afrikaans/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=285 Hide physical URLs from search: Yes
Hide from Internet Search Engines: No
Page Content:

Die Universiteit Stellenbosch volg 'n benadering van zero-toleransie ten opsigte van rassisme, diskriminasie, vooroordeel, skending van regte en geweld op kampus. Ons onderskryf die Suid-Afrikaanse Grondwet se waardes wat op menswaardigheid, gelykheid en vryheid van toepassing is.

 

Die Eenheid vir Gelykwaardigheid

Die Eenheid vir Gelykwaardigheid implementeer die Universiteit se beleid oor onbillike diskriminasie en teistering en oor MIV/Vigs en is daartoe verbind om sosiale ongeregtigheid uit te roei. Die Eenheid het 'n aanmeldingsmeganisme vir studente en personeel om alle vorme van onbillike diskriminasie, seksuele teistering, geslagsgebaseerde geweld, viktimisasie en mishandeling aan te meld. Hulle voorsien ook dienste, opleiding en intervensies aan die Universiteit Stellenbosch-gemeenskap om geslagsgeweld en MIV/Vigs te bekamp en bied ondersteuning met LGBTQIA+-kwessies.

Lees meer >

Geslagsgebaseerde geweld: Vrae en antwoorde

Algemene inligting:

GBG is *n daad wat 'n individu fisiese, seksuele, sielkundige of ekonomiese skade op grond van hulle geslag of seksualiteit berokken. GBG sluit geweld gepleeg deur enige persoon (bekend of onbekend), seksuele aanranding, verkragting en ontbloting in.

GBG kan in *n private ruimte 車f in die openbaar gepleeg word (tuis, op universiteit, by die werk, op openbare vervoer, op straat, ens.).

GBG kan enigiemand raak, ongeag hulle ouderdom, geslag, ras of sosio-ekonomiese status.

GBG-geweld neem baie vorme aan en kan subtiel, fisies, emosioneel, verbaal, dwingend en fisiologies wees.

Seksuele geweld, teistering en dwanggedrag is dade van seksuele geweld wat jou blootgestel laat en wat druk op jou plaas, of jou mislei, bedreig of jou in seksueeluitbuitende situasies indwing. Voorbeelde hiervan is uitfluiting, om gedwing of gemanipuleer te word om seksuele dade te pleeg, ongewenste seksuele toenadering of seksuele versoeke.

Aanmelding van GBG, diskriminasie en teistering:

Voorvalle kan per e-pos by unfair@sun.ac.za of persoonlik by die Eenheid vir Gelykwaardigheid, Huis Simon Nkoli-huis, Victoriastraat 39, Stellenbosch aangemeld word. Jy kan ook HIER klik om 'n voorval aan te meld.

Dit sluit voorvalle van seksuele wangedrag, geslagsgebaseerde geweld, seksuele mishandeling, geweld in intieme verhoudings en viktimisering, insluitende seksuele teistering, agtervolging, verkragting en seksuele dwang, in.

Indien nodig, kan voorvalle anoniem aangemeld word.

Sodra jy 'n klag ingedien het, word jou klagte aan 'n gevallebeampte van die Eenheid vir Gelykwaardigheid toegewys.

Die gevallebeampte sal met jou in verbinding tree vir 'n vergadering en help met die voltooiing van die aanlyn vorm, indien nodig. *n Voorlopige assessering word by julle eerste vergadering voltooi, en daarna word inligting van getuies of respondente ingesamel. *n Adviseur maak dan aanbevelings aan die Hoof van die Eenheid vir Gelykwaardigheid. Jou gevallebeampte sal aan jou terugvoer gee oor die volgende stappe.

Nee, daar is geen tydsbeperking nie. Ons beveel egter aan dat die klaer so gou as moontlik die voorval aanmeld.

Ja, die Eenheid vir Gelykwaardigheid sal jou van raad bedien oor die nodige ondersteuning wat gebied kan word. Dit kan berading, hulp met die indiening van 'n klag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ander ondersteuningsdienste insluit wat deur die Stellenbosch Thuthuzela-sorgsentrum verskaf word.

Voorkoming en bewustheid:

Indien jy vermoed dat iemand *n slagoffer van GBG is, benader hulle op 'n private, veilige en nie-veroordelende manier. Bied jou ondersteuning aan en luister na hulle. Moedig hulle aan om hulp by professionele praktisyns by die Eenheid vir Gelykwaardigheid te soek.

Vriende en familie kan 'n GBV-slagoffer ondersteun deur sonder oordeel te luister, emosionele en praktiese ondersteuning te bied, hulle besluite te respekteer en hulle aan te moedig om professionele hulp te soek. Die bied van 'n veilige en simpatieke omgewing is van kardinale belang vir hulle genesingsproses. Verseker hulle ook van vertroulikheid.

Jy kan betrokke raak deur jouself en ander oor GBG op te voed en aktiwiteite te ondersteun wat deur verskeie strukture en departemente by die Universiteit gere?l word.

Die GBG-sentrum in Idasvallei werk deur sy GBG-Hub met verskeie vennote saam om opleiding en werkswinkels oor GBG-verwante kwessies aan te bied. Die INSPIRE-fasiliteit (inisiatief vir geen geweld, ondersteuning, voorkoming, intervensie, navorsing en opvoeding) is op dieselfde perseel gele? en bied 'n toegewyde ruimte vir opleiding oor teen-GBG, nie-geweld en navorsing oor sosiale verandering. Die INSPIRE-fasiliteit word deur die US se Eenheid vir Gelykwaardigheid bestuur. Klik hier om meer te lees.

Daarbenewens kan jy ook plaaslike organisasies ondersteun wat met slagoffers werk, om jy kan jou tyd vrywillig aanbied en vir beleidsveranderings voorbrand maak.

Bewusmaking deur sosiale media, geleenthede en uitreiking na die gemeenskap kan ook 'n beduidende bydrae tot die stryd teen GBG lewer.

 

Meld geslagsgebaseerde geweld aan

Klik HIER om alle vorme van seksuele wangedrag, geslagsgebaseerde geweld, seksuele mishandeling, geweld in intieme verhoudings en viktimisering, insluitende seksuele teistering, agtervolging, verkragting en seksuele dwang, aan te meld. Jy kan ook voorvalle van onbillike diskriminasie, insluitend rassisme, geslags- en identiteitsdiskriminasie, aanmeld. Voorvalle kan ook per e-pos by unfair@sun.ac.za of persoonlik by die Eenheid vir Gelykwaardigheid, Huis Simon Nkoli-huis, Victoriastraat 39, Stellenbosch aangemeld word.

Indien nodig, kan voorvalle anoniem aangemeld word.

MELD HIER AAN
]]>
System Account Fri, 28 Jun 2024 12:00:12 GMT /afrikaans/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=285
Stakeholder-Engagement-Review-FAQs_肆客足球 /afrikaans/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=288 Hide physical URLs from search: Yes
Hide from Internet Search Engines: No
Page Content:

Lewer jou insette: Universiteit Stellenbosch se opname oor belanghebberbetrokkenheid 每 Gereelde vrae & antwoorde

Die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking van die Universiteit Stellenbosch (US) het die opname van stapel gestuur om die verhouding tussen die Universiteit Stellenbosch en sy verskeie belanghebbendes 每 studente, alumni, fakulteite, bedryfsvennote en gemeenskapslede 每 te verken en te verbeter. Ons streef daarna om doeltreffende strategie? te identifiseer en beste praktyke te ontwikkel om samewerking en wedersydse groei te verbeter.

Alle belanghebbendes van die US, insluitend huidige studente, alumni, fakulteitslede, bedryfsvennote en gemeenskapslede, kan aan die opname deelneem. Ons waardeer uiteenlopende perspektiewe en moedig enigiemand verbonde aan die Universiteit aan om deel te neem.

Jou insette sal help om praktyke om belanghebbendes te betrek, asook samewerking en kommunikasie binne die Universiteitsgemeenskap te verbeter.

Jou terugvoer sal die Universiteit se beleide en strategie? oor belanghebberbetrokkenheid inlig en moontlik be?nvloed, wat tot meer doeltreffende en responsiewe praktyke sal lei.

Jy kan aan die opname deelneem deur:

  • *n aanlyn meningspeiling te voltooi;
  • Aan *n fokusgroep of onderhoud deel te neem;
  • Belanghebber-werksessies by te woon; of
  • terugvoer deur middel van ons aanlyn portaal te gee.

Die US se Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking sal per e-pos met jou in verbinding tree. Indien jy instem om aan die opname deel te neem, sal die eksterne diensverskaffer Lodestar Marketing Research jou persoonlik kontak om *n geskikte datum en tyd te re?l om jou deelname te fasiliteer.

Ons sal in Julie en Augustus vanjaar begin om jou te kontak.

Deelname is vrywillig. Hoewel ons graag sou wou h那 dat alle belanghebbendes hulle menings moet lug, is daar geen druk op jou om deel te neem nie.

Daar is geen finansi?le vergoeding vir deelname aan die onderhoude en fokusgroepe nie. Deelnemers sal egter *n opsomming van die navorsingsbevindinge ontvang. Aanlyn deelnemers sal vir *n gelukstrekking ingeskryf word met vyf R1 000-kontantpryse wat op die spel is.

Die beskerming van jou privaatheid is vir ons baie belangrik. Jou naam, persoonlike inligting en antwoorde sal vertroulik bly. Daar sal slegs oor saamgestelde resultate verslag gedoen word. Jou antwoorde sal slegs vir navorsing gebruik word. Geen bemarkings- of verkoopsmateriaal sal aan jou gestuur word as *n direkte uitvloeisel van jou antwoorde nie.

Die tyd wat dit sal neem om deel te neem, is soos volg:

  • Meningspeiling 每 tien tot 15 minute
  • Fokusgroepe en onderhoude 每 sowat een uur
  • Werksessies en aanlyn terugvoersessies 每 een tot twee uur

Ja, jy kan te eniger tyd onttrek sonder enige gevolge. Stel ons eenvoudig net in kennis van jou besluit en ons sal jou data uit ons rekords verwyder.

Ja, deelnemers sal *n opsomming van die navorsingsbevindinge ontvang. Die finale verslag sal ook op ons webwerf beskikbaar gestel word en kerninsigte sal deur ons nuusbriewe gedeel word.

Die navorsing sal deur Lodestar Marketing Research gedoen word. Dit is *n Suid-Afrikaanse verskaffer van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsoplossings wat ontwerp is om navorsings- en strategiese doelwitte te bereik.

Die Lodestar-span bestaan uit ervare fokusgroepmoderators en onderhoudvoerders onder leiding van die besturende direkteur, Sylvia Jones, wat meer as 25 jaar ondervinding in bemarkingsnavorsing het. Die res van die span bestaan uit Louise Pitt, met meer as 20 jaar ondervinding as fokusgroepmoderator en persoonlike onderhoudvoerder, en Mpumelelo Mthembu, met 14 jaar ondervinding as fokusgroepmoderator en persoonlike onderhoudvoerder.

As jy enige verdere vrae het of meer inligting benodig, kontak ons gerus by [e-posadres] of bel [telefoonnommer]. Ons span help graag.

]]>
System Account Thu, 18 Jul 2024 08:32:00 GMT /afrikaans/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=288
Stakeholder-Engagement-Review_肆客足球 /afrikaans/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=287 Hide physical URLs from search: Yes
Hide from Internet Search Engines: No
Page Content:

Die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking doen *n beroep op die Universiteit Stellenbosch- (US-) gemeenskap om deel te neem aan die ※Lewer jou insette: Universiteit Stellenbosch se opname oor belanghebberbetrokkenheid§.

As lede van die Universiteit Stellenbosch (US)-gemeenskap kan jy nou jou insette lewer deur deel te neem aan *n nuwe US-opname oor belanghebberbetrokkenheid wat deur die Universiteit se Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking gere?l word.

Die oorsig sal doeltreffende betrokkenheidstrategie? identifiseer en beste praktyke ontwikkel om samewerking en wedersydse groei in ooreenstemming met die US se Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019每2024 te bevorder.

Jou deelname aan die inisiatief oor belanghebberbetrokkenheid sal ons 'n goeie begrip gee van jou sienings van die US as 'n ho?ronderwysinstelling en probleemgebiede identifiseer wat waarop verbeter moet word.

Deelname

Alle US-belanghebbendes, insluitende huidige studente, alumni, fakulteitslede, bedryfsvennote en gemeenskapslede is welkom om deel te neem. Belanghebbendes sal aan die opname kan deelneem deur aanlyn vraelyste te voltooi, aan fokusgroepe of onderhoude deel te neem, werksessies by te woon en terugvoer deur middel van 'n aanlyn portaal te gee.

Die opname sal van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsoplossings gebruik maak. Die kwalitatiewe navorsing sal steekproewe oor die ingesteldhede, ervarings, motiverings en drywers van die gedrag van 'n uiteenlopende, lukraak-gekose groep belanghebbendes behels. Die kwantitatiewe navorsing sal steekproewe oor die terugvoer van alle US-belanghebbers deur middel van 'n e-posuitnodiging met 'n skakel na 'n aanlyn vraelys behels.

Dit is belangrik om daarop te let dat jou deelname aan die opname heeltemal vrywillig is. Alle persoonlike inligting en antwoorde sal vertroulik bly. Die finale verslag sal op ons webwerf beskikbaar gestel word en kerninsigte sal deur ons nuusbriewe en ander kommunikasiekanale gedeel word.

Navorsingsvennoot

Die navorsing sal deur Lodestar Marketing Research, 'n Suid-Afrikaanse verskaffer van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsoplossings wat ontwerp is om navorsings- en strategiese doelwitte te bereik, gedoen word.

Vir meer inligting oor die projek:

TBC
TBC@sun.ac.za
Afdeling Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking

]]>
System Account Thu, 18 Jul 2024 08:30:10 GMT /afrikaans/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=287
women-of-su-2024_肆客足球 /afrikaans/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=286 Hide physical URLs from search: Yes
Hide from Internet Search Engines: No
Page Content:

Van baanbrekersnavorsing en innoverende vooruitgang tot transformerende gemeenskapswerk, maak personeel van die Universiteit Stellenbosch 'n blywende impak op Suid-Afrika en verder. Terwyl ons Nasionale Vrouemaand herdenk, bied ons 'n spesiale webblad met artikels, foto's en meningsartikels wat die uitsonderlike bydraes van #USVroue tot die samelewing vier. Hulle pogings is deurslaggewend in die bereiking van die US se visie om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te word wat w那reldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word, en waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder.

Wenner van die
2024 Templeton-prys

Prof Pumla Gobodo-Madikizela, bekle?r van die SARChI-leerstoel in gewelddadige geskiedenisse en historiese trauma, en die stigtersdirekteur van die Sentrum vir die Studie van die Nadraai van Geweld en die Strewe na Herstel (AVReQ) is as die 2024 Templeton-pryswenner aangewys.

Lees meer

Nadine Moodie

Ontmoet die ondervoorsitter van die US Raad

Dr Antoinette van der Merwe

Dryfkrag agter volhoubare digitale transformasie

Prof Ronelle Carolissen

Transformasie deur studentelewe en -gemeenskappe

Prof Ingrid Woolard

Top universiteit in Nederland ken ereprofessorskap toe aan US-dekaan

Dr Dina Miora

Van Madagaskar na die w那reld met *n PhD in fisika

Dr Gest谷l Kuyler

Polimeerinnoveerder help transformeer w那reld van geneeskunde

Miriam Hoosain

Inspirerende leierskap: US se nuwe MH-hoof neem die voortou

Prof Lungiswa Nkonki

Nuwe modules plaas die gesondheidsorg-ekonomie op die voorgrond

Dr Sarah Camp

Avontuurlustige dokter met 'n hart van goud kry 7 onderskeidings

Dr Mosima Mabitsela

Gesin verkoop trekker om dogter te help om PhD in agriwetenskappe te verwerf

Prof Angela Dramowski

Internasionale erkenning vir NeoAMS-program

Ntokozo Ndlovu

Magisterstudent oorkom verskeie struikelblokke om met onderskeiding te gradueer

Dr Nicole Taylor

Mariner 4.0 help seevaarders in stryd teen seesiekte

Dr Marietjie Lutz

Chemiedosent op koers na geldinsamelingsteiken

Melissa M邦ller

SA se topmatrikulant nou *n trotse Matie

Dr Ethel Phiri

Navorsing teiken klimaat-slim inheemse gewasse

Lize Briel

Jong US-komponis maak opslae

Prof Marlo M?ller & Prof Samantha Sampson

R28 miljoen Fogarty-toelae versterk bioinformatika-opleiding in Afrika

Prof Donita Africander

Bevorder vrouegesondheid deur baanbrekersnavorsing

Maureen Etuket

PhD-student wen prestigeryke prys vir toestel wat lewens kan red

Melissa Siegelaar

Vaardigheidsuitruilprogram met Universiteit van Lund

#USVroue is baanbrekers, invloedryke meningvormers en denkleiers. Hulle perspektiewe op aktuele kwessies word plaaslik 谷n internasionaal hoog gerespekteer, en hulle verskyn gereeld in rubrieke, meningsartikels en televisieonderhoude. Ontdek hier van hulle mees onlangse mediaverskynings.

As *n voorkeurwerkgewer heg die Universiteit Stellenbosch groot waarde aan diversiteit in die werkplek en benut die instelling die unieke talente en sterk punte van ons dinamiese personeel. Gedurende ons jaarlikse Werkersdagvieringe in Mei het ons 'n blik op #ndagindielewe van sommige van ons spanlede gedeel. Hier is meer oor sommige van die #USVroue wat in die veldtog uitgelig is.

Corina du Toit

Bestuurder: Impakhub vir Volhoubare Ontwikkeling

Meggan Ceylon

Geleentheids- en konferensiespesialis: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Valdene Southon

Assistent: Kampusgesondheidsdiens

Khanyisa Xinwa

Studente-ondersteuningsko?rdineerder: Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe

Lisinda de Jager

Lisinda de Jager Klusteronderrigko?rdineerder / Inwonende hoof van Heemstede: Afdeling Studentesake

Christine Groenewald

Omgewingsvolhoubaarheidsko?rdineerder: Fasiliteitsbestuur

]]>
System Account Tue, 16 Jul 2024 13:30:26 GMT /afrikaans/Pages/Forms/DispForm.aspx?ID=286