Universiteit Stellenbosch: News_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/AllItems.aspx RSS feed for the News list. Mon, 30 Dec 2024 18:25:52 GMT Microsoft SharePoint Foundation RSS Generator 60 en-US Universiteit Stellenbosch: News_肆客足球 /afrikaans/_layouts/15/images/siteIcon.png /afrikaans/Lists/news/AllItems.aspx Verklaring oor die verkiesing vir die volgende US-kanselier_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10982 Page Content:

The term of the current Chancellor, Retired Justice Cameron, will officially end on 31 December 2024, as communicated to stakeholders and reported in the media. Stellenbosch 肆客足球 (SU) further communicated in the call for nominations that Justice Cameron will remain in office until the next elected Chancellor assumes office.

Nominees 

A notice calling for nominations was distributed to members of Convocation? via e-mail on 21 November 2024 and a dedicated webpage was published with information on the nomination and election process. During the nomination period of 30 days (22 November to 22 December 2024 at 23:59), we received only one nomination, that of Mr Elias Lesetja Kganyago. His nomination met all the requirements and was accepted as valid. 

Lesetja Kganyago's CV is available here, as well as an abbreviated CV here and a photo.

Membership of the Electoral College

The Electoral College will be constituted in terms of the SU Statute. The Statute prescribes the membership of the Electoral College in clause 38(1). The Electoral College consists of members of the Council and the members of the Executive Committee of the Senate.

Please refer to the relevant sections of the Statute herespecific clauses are referred to below for ease of reference. 

Procedure

The procedure that the Electoral College must follow when considering the candidate is prescribed in the SU Statute as follows; 

1.1.      The Electoral College considers the nominations at a meeting chaired by the Chair of Council or in her absence the Deputy Chair. If both are absent, the electoral college must elect a chairperson from its ranks by a show of hands (Clause 38(4)).

1.2.     The quorum for a meeting of the Electoral College is half of its members plus one. (Clause 38(5)).

1.3.     Clause 38(7) of the Statute provides for the scenario where only one candidate has been nominated:

※If only one candidate is nominated, a secret ballot is taken and the candidate must receive a majority of the votes of members present and voting, each member having one vote. If the candidate does not receive a majority of the votes, a new election must be called in accordance with this clause."

Meeting of the Electoral College

A meeting of the Electoral College will be called early in the new year to conclude the process of the election of a new SU Chancellor.

SU will release a media statement after the Electoral College has reached a decision.

Ends
?


Page Image:
Author: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Snippet; Alumni Carousel; Convocation Carousel
Published Date: 12/23/2024
Visibly Featured Approved: SU Main Snippet;Convocation Carousel;
GUID Original Article: A2A13304-0D73-4956-A7EE-8B22D76AA288
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Die termyn van die huidige kanselier, afgetrede regter Cameron, sal amptelik op 31 Desember 2024 eindig, soos aan belanghebbendes gekommunikeer en in die media berig
Summary: The term of the current Chancellor, Retired Justice Cameron, will officially end on 31 December 2024, as communicated to stakeholders and reported in the media
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 23 Dec 2024 15:23:18 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10982
Uitblinkers by tweede Sosiale Impak-toekennings vereer _肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10979 Page Content:

Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs sy tweede jaarlikse Sosiale Impak-toekenningsplegtigheid aangebied om erkenning te verleen aan die merkwaardige individue en spanne wie se werk ? groot verskil in ons gemeenskappe maak.

Van ? baanbrekersinisiatief wat bewustheid oor buurtopknapping verhoog tot programme wat kinders met MIV ondersteun en ? baanbrekersvennootskap tussen die Universiteit en gevangenisse, is die ontvangers van die toekennings ? voorbeeld van die Universiteit se toewyding tot kennis in diens van die samelewing. Nege ontvangers is by die toekenningseremonie by die US Museum vir hulle bydraes vereer om sosiale impak in hul gemeenskappe te bevorder.

Prof Nico Koopman, Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel aan die US, het in sy verwelkomingstoespraak die belangrikheid daarvan beklemtoon om diegene te vereer wat waarde tot gemeenskappe toegevoeg het. ※Sosiale impak moet ? transformerende impak wees wat bydra tot samelewings waar daar waardigheid vir almal en genesing van wonde vir almal is," het hy benadruk.

※Vanaand vier ons ons kollegas, want julle dra by tot kennis in diens van die samelewing deur navorsing en vernuwing, leer en onderrig, asook al die akademiese professionele dienste en ko-kurrikul那re werk. Julle dra by tot die vernuwing van individue, van instellings, van ons kampusse en van ons gemeenskappe in die bre?r samelewing," het Koopman ges那.

Die programdirekteur vir die aand, Joanne Williams, het verduidelik dat die idee agter die Sosiale Impak-toekennings was om te erken dat sosiale impak nie in isolasie plaasvind nie.

※Sosiale impak is spanwerk. Dit is ? samewerkingspoging met gemeenskapsvennote. Albei ons kategorie? erken dit, maar met ons eerste toekenningskategorie identifiseer ons ? spesifieke individu binne ? inisiatief," het Williams verduidelik. ※Ons spantoekenningskategorie gee erkenning aan personeellede of spanlede in samewerking met ? gemeenskapsvennoot."

Individuele ontvangers

Die individuele Sosiale Impak-toekennings is deur dr Leslie van Rooi, Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie aan die US, oorhandig.

Die eerste ontvanger was dr Armand Bam, Hoof van Sosiale Impak by Stellenbosch se Besigheidskool, wat vereer is vir sy onwrikbare toewyding om betekenisvolle maatskaplike verandering te bevorder, veral op gebiede van sistemiese ongelykheid.

Ria Olivier, mede-ondersoeker, projekbestuurder en digitale argivaris van die Antarctic Legacy of South Africa, het ? toekenning ontvang vir di谷 projek wat ten doel het om Suid-Afrika se nalatenskap in die Antarktiese streek te bewaar. Die toekenning is namens haar deur dr Anne Treasure ontvang.

Prof Ronnie Donaldson van die Departement Geografie en Omgewingstudies is bekroon vir sy inisiatief om die kunste te gebruik om bewustheid oor buurtopknapping in Stellenbosch se landelike gemeenskappe en dorpe te skep.

Tembela Boyana van die Familiesentrum vir Navorsing met Ubuntu (Famcru), wat in die Departement Pediatrie en Kindergesondheid by die US se Tygerberg-kampus gesetel is, is vereer vir die ontwikkeling en ondersteuning van ? kultureel sensitiewe, bedagsame en ondersteunende metode om jong kinders se MIV-status aan hulle bekend te maak.

Dr Mary Nel het die toekenning ontvang vir die Ubuntu-leergemeenskap, ? baanbrekersvennootskap wat in 2018 tussen die US en die Departement van Korrektiewe Dienste gevestig is. Die program het ten doel om opvoedkundige toegang vir gevangenes te bevorder, terwyl studente bemagtig word om betekenisvol by kwessies van maatskaplike geregtigheid en persoonlike transformasie betrokke te raak.

Spantoekennings

Dr Sipho Mahokoto, senior dosent in sistematiese teologie en etiek, het die oorhandiging van die toekennings vir die groep- en spaninisiatiewe gefasiliteer.

Die eerste ontvanger van ? Sosiale Impak-spantoekenning was prof Shahida Moosa, Hoof van Mediese Genetika by die Tygerberg-hospitaal en die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), vir haar span se waardevolle bydraes tot openbare gesondheid deur die Navorsingsgroep vir Seldsame Siekte-genomika. Die toekenning is namens haar deur dr Marianne Gush ontvang.

Dorette du Plessis van die Sentrum vir Indringingsbiologie aan die US en haar span het ? Sosiale Impak-toekenning ontvang vir die Iimbovane-uitreikprojek, ? opvoedkundige inisiatief wat die natuur as ? platform gebruik om leerders te help om praktiese wetenskapsvaardighede en ? waardering vir biodiversiteit te ontwikkel.

Dr Therese Fish, Visedekaan: Kliniese Dienste en Sosiale Impak by die FGGW, en prof Karin Baatjes, Visedekaan: Leer en Onderrig by die FGGW, het ? gesamentlike toekenning vir die InReach Sentraal-Karoo-projek ontvang. Die inisiatief het ten doel om die agterstand in katarakoperasies en tandheelkundige dienste in die Tuinroete en Sentraal-Karoo-distrikte aan te pak.

Die ontvanger van die laaste toekenning was Pieter Conradie, navorsingsingenieur van die Fakulteit Ingenieurswese, vir die Spoorveiligheidsveldtog. Hierdie projek het ten doel om jong kinders oor spoorwegveiligheid te onderrig.

Die individuele ontvangers van die Sosiale Impak-toekenning het elkeen R25 000 as ? gratifikasie ontvang, terwyl projekspanne R30 000 ten bate van hulle inisiatiewe ontvang het.


Page Image:
Author: Sibulele Mboyi
Media Release: Yes
Visibly Featured: Community Interaction Carousel; Students Carousel; Staff Carousel
Published Date: 12/20/2024
Visibly Featured Approved: Community Interaction Carousel;Students Carousel;Staff Carousel;Community Interaction Carousel;Community Interaction Carousel;Community Interaction Carousel;
Enterprise Keywords: community Engagement; Social Impact Awards
GUID Original Article: 8D67A584-7B19-4F33-AB98-13E159AE8A01
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Die US het onlangs erkenning gegee aan die merkwaardige individue en spanne wie se werk ? groot verskil in ons gemeenskappe maak.
Summary: SU recently recognised the remarkable individuals and teams whose work is making a profound difference in our communities.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Fri, 20 Dec 2024 09:07:54 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10979
Dr Simon se?vier oor terugslae en pronk met n車g &n graad aan SU_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10978 Page Content:

Toe dr Donald Simon, internis en pulmonoloog, verlede week 'n PhD in molekul那re biologie ontvang het 每 sy vierde graad aan die Universiteit Stellenbosch (SU) 每 was dit 'n betekenisvolle mylpaal in 'n uitsonderlike akademiese loopbaan wat oor meer as 20 jaar strek. Sy reis van 'n brandarm township buite Kimberley tot 'n hoogs-gekwalifiseerde kliniese wetenskaplike is nie net 'n bewys van harde werk en opoffering nie, maar spreek ook van die deurslaggewende rol wat die Universiteit Stellenbosch (US) in sy akademiese sukses gespeel het.

Simon se kinderjare in 'n informele nedersetting was bitter swaar. Sy ma was 'n huiswerker wat nooit die geleentheid gehad het om skool toe te gaan nie. Sy pa was 'n veiligheidswag wat aan epilepsie gely het. Toe Simon 15 was, is sy ouer broer in 'n mesaanval dood. ※Dit was 'n baie gewelddadige woonbuurt. My ma het my van jongs af dit op die hart gedruk dat die enigste uitweg uit armoede akademiese sukses sou wees," onthou Simon. ※Sy het haar afgesloof om my in 'n goeie skool te kon sit. Ek wou haar nog altyd trots maak."

Sy ma se onwrikbare ondersteuning het 'n hoeksteen van sy sukses geword toe hy sy mediese studie aan die US begin het. ※In daardie eerste drie jaar terwyl ek nie 'n beurs gehad het nie, het sy ongelooflike opofferings gemaak. Sy het elke maand die grootste deel van haar karige salaris vir my gestuur," vertel Simon. In 'n tragiese wending is albei sy ouers binne 'n jaar van mekaar oorlede terwyl hy nog 'n student was. Hulle het nooit beleef hoe hulle seun in 2007 'n mediese dokter geword het 每 of geweet dat hy 'n Rektorstoekenning vir volharding ontvang het nie.

Onderskraging van die US

Simon gee erkenning aan die US vir die onderskraging wat sy loopbaan geanker het n芍 die aanvanklike swaarkry. ※Gedurende my voorgraadse mediese studiejare het 'n paar van my dosente uitgestaan. Hulle het my s車 be?ndruk dat die saadjie van spesialisering geplant is."

Hy sonder die emosionele bystand uit wat hy van 'n fakulteitslid ontvang het n芍 sy ma se afsterwe. ※Uit die bloute het een van die dosente my ingeroep en met my oor my verlies gepraat. Sy het broodnodige emosionele ondersteuning verskaf. Haar omgee het 'n groot indruk gemaak. Die besluit om terug te kom Stellenbosch toe om te spesialiseer was op sulke positiewe ervarings gegrond. Ek het soos 'n ware Matie gevoel."

Die merkwaardige ondersteuningsnetwerk aan die US het hom ge?nspireer om sy beste te gee en self 'n verskil te maak. Sy vlotheid in Afrikaans het hom toegerus om vir medestudente 'n tutor te word terwyl hy van krag tot krag gegaan het en uiteindelik in interne geneeskunde en pulmonologie gespesialiseer het.

Terwyl Simon as navorsingsklinikus in die Immunologienavorsingsgroep by die US se Tygerberg-kampus gewerk het, het hy sy kliniese kundigheid met sy passie vir navorsing begin integreer. Hierdie oorvleueling van dissiplines het gelei tot sy PhD in molekul那re biologie, wat moontlik gemaak is deur 'n akademiese genootskap-toekenning van die Discovery-stigting en die Professor Bongani Mayosi Netcare kliniese studiebeurs.

Simon se doktorale navorsing het op die identifisering van prote?en-merkers en die gebruik van PET-CT-beelding gefokus om te bepaal watter tuberkulose- (TB-) pasi?nte by korter behandeling kan baat. Sy studie het die potensiaal om 'n drastiese verandering in TB-behandeling teweeg te bring, veral in Suid-Afrika waar TB steeds een van die grootste oorsake van sterfgevalle is. ※Tans ontvang alle TB-pasi?nte ses maande se behandeling, maar ons weet dat tot 85% van hierdie pasi?nte eintlik by net vier maande se behandeling kan baat. My navorsing het ten doel gehad om te identifiseer wie daardie pasi?nte is," verduidelik hy.

Hy is as longspesialis ook ge?nteresseerd in die behandeling van nie-aansteeklike longsiektes, veral interstisi?le longsiektes soos longfibrose. ※Hoewel dit verstaanbaar is dat ons voorrang gee aan aansteeklike siektes, word sulke siektes dikwels afgeskeep in Suid-Afrika," verduidelik hy. Sy passie vir hierdie veld is aangevuur gedurende sy internskap in sy eertydse tuisdorp, Kimberley, waar hy talle mynwerkers te?gekom het wat aan asbesverwante longsiektes ly. ※Ons ekonomie is op die rug van mynwerkers gebou, maar hulle gesondheid word dikwels oor die hoof gesien," merk hy op.

Simon s那 hy is baie dank aan sy hoof-PhD-studieleier prof Gerhard Walzl, verskuldig wat instrumenteel was om hom deur akademiese uitdagings te lei. ※Hy is al jare lank 'n mentor en ek dink hy sal nog vir lank my 'n rolmodel bly. Voordat ek hierdie PhD-reis aangepak het, het hy in my geglo en iets in my gesien wat ek self nie gesien het nie."

Hy is ook ongelooflik dankbaar teenoor sy lewensmaat, prof Paolo Denti wat by die Universiteit van Kaapstad werk. ※Hy verstaan die eise van navorsing. 'n Mediese loopbaan kan uiters uitdagend  wees en 'n mens se gesin offer baie op. Paolo en 'n paar wonderlike vriende en familie het my deur my PhD-worsteling staande gehou."

PhD opgedra aan sy ma

Om 'n PhD te verwerf beteken dat Simon nou nader daaraan is om homself 'n kliniese wetenskaplike te kan noem. ※Dit is 'n belangrike mylpaal in my loopbaan om kliniese medisyne met navorsing te versoen," s那 hy. In 'n aangrypende gebaar het Simon sy PhD-proefskrif aan sy ma opgedra. ※Hoewel sy oorlede is  voordat ek gegradueer het, was die lesse wat sy my geleer het en die opofferings wat sy gemaak het my grootste inspirasie om sukses te behaal."

Simon is gereed om aanstaande jaar 'n opwindende postdoktorale genootskap by die Erasmus-Universiteit Mediese Sentrum in Rotterdam, Nederland te begin 每 'n prestigeryke geleentheid wat verdere groei en spesialisasie in longgeneeskunde beloof. Hy hoop om uiteindelik toegerus met skaars vaardighede na Suid-Afrika terug te keer wat by plaaslike tersi那re instellings waarde sal kan toevoeg in kliniese praktyk en navorsing.

Simon hoop dat hy in die toekoms sal kan aanhou navorsing doen, veral oor verwaarloosde areas van longgeneeskunde. Maar hy sien ook uit daarna om mettertyd sy kundigheid aan studente oor te dra. ※Oor 'n paar jaar wil ek graag by een van die tersi那re instelling hier in Suid-Afrika geaffilieer wees, hopelik die US. My doelwit is om kliniese werk met navorsing te kombineer en die volgende generasie mediese kenners te inspireer," s那 hy.

Wat die toekoms ook al inhou, Simon sal altyd 'n lojale Matie wees. ※Ek wou nooit na 'n ander universiteit gaan nie. In my spesialiseringsgebied is die US waarskynlik die beste in die land. En afgesien van die US se geskiedenis, is die Universiteit akademies uitstekend. Trouens, dit is dalk net die beste navorsingsuniversiteit op die vasteland!" s那 hy met 'n trotse glimlag.

Terwyl hy hom regmaak om die volgende hoofstuk van sy loopbaan aan te pak, bly Simon getrou aan die grondbeginsels wat sy lewe sover gerig het. Wanneer jy akademiese uitdagings aanpak, moet die dryfkrag diep van binne af kom, meen hy. ※Daar sal baie kere wees wanneer jy jouself afvra, hoekom doen jy dit? Is dit regtig nodig? Daar moet iets in jou wees wat jou dryf en motiveer om iets so uitmergelend soos 'n PhD te voltooi. Wanneer jy wil tou opgooi, kan jy krag put uit die moed van jou oortuiging," s那 Simon.

※Dit was nog altyd vir my belangrik om aan myself en ander te bewys dat jy kan wees wat jy wil wees, ongeag omstandighede. Net omdat jy uit 'n shack kom soos ek, beteken nie dat jy nie groot kan droom nie," voeg hy by.

FOTO: Stefan Els


Page Image:
Author: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Media Release: Yes
Visibly Featured: SU Main Carousel; Alumni Carousel; Students Carousel; Medicine and Health Sciences Carousel; FMHS60 Carousel
Published Date: 12/20/2024
Visibly Featured Approved: Alumni Carousel;Students Carousel;Medicine and Health Sciences Carousel;SU Main Carousel;Alumni Carousel;
Enterprise Keywords: #Graduation
GUID Original Article: 6989B69E-47B0-4EEF-8AAA-FC74E56DF7A0
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Dr Donald Simon het swaarkry en tragedie oorkom om onlangs sy vierde graad aan SU te ontvang.
Summary: Dr Donald Simon overcame hardship and tragedy to receive his fourth degree from SU.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Fri, 20 Dec 2024 08:21:42 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10978
Twee US-studente met L*Or谷al-Unesco-toekennings vereer_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10981 Page Content:

Twee uitsonderlike doktorale studente van die Universiteit Stellenbosch (US), Pamela Ncube en Welile Nwamba, is met die prestigeryke L'Or谷al-UNESCO For Women in Science Young Talents Sub-Saharan Africa-toekenning vir 2024 vereer.

Hierdie gesogte toekennings, wat die prestasies van vrouewetenskaplikes in Afrika vier, gee erkenning aan hulle baanbrekersnavorsing om kritieke gesondheidsuitdagings op die vasteland aan te spreek.

Die toekennings, wat jaarliks deur die L'Or谷al-stigting en Unesco gehou word, laat die kollig op die belangrike bydraes van Afrika-vroue tot wetenskaplike vernuwing val. Vanjaar se 30 wenners, wat uit sowat 800 aansoekers gekies is, sluit 25 PhD-kandidate en vyf postdoktorale navorsers van 15 Afrika-lande in. Hierdie vroue bevorder oplossings vir kwessies soos voedselsekerheid, openbare gesondheid en klimaatveerkragtigheid.

Vanjaar se toekenningsplegtigheid in Cotonou, Benin, was die program se 15de herdenking en het die impak daarvan op die bemagtiging van meer as 240 navorsers regoor die streek sedert die ontstaan daarvan gevier.

Verbetering van TB-opsporing by wild

Ncube, ? doktorale student in biologiese wetenskappe aan die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, het erkenning gekry vir haar baanbrekersnavorsing oor tuberkulose (TB) by wilde diere wat deur Mycobacterium bovis veroorsaak word. Haar studie, die eerste van sy soort, fokus op die uitwerking van hierdie minder bekende patogeen op wild, insluitende spesies soos leeus, vlakvarke en buffels. Deur te verstaan hoe Mycobacterium bovis in verskillende omgewingstoestande reageer, beoog Ncube om nuwe diagnostiese hulpmiddels te ontwikkel om dierewelstand te verbeter, onnodige uitdunning van wild te verminder en bewaringspogings regoor Afrika suid van die Sahara te ondersteun.

Ncube se passie vir biomediese wetenskappe het gedurende haar voorgraadse studies ontstaan toe sy ? belangstelling in die fenotipiese aard van mikro?rganismes ontwikkel het. Haar werk gaan nie net oor die verbetering van diagnostiek nie, maar ook om die finansi?le en ekologiese gevolge van TB-uitbrekings by wild tot die minimum te beperk, verduidelik sy. Sy is gemotiveerd om jong vroue en kinders uit benadeelde agtergronde te inspireer om hulle wetenskaplike drome na te streef.

Ncube het die L'Or谷al-Unesco-erkenning beskryf as ? getuigskrif van jare se harde werk, akademiese toewyding, navorsing, leierskap en gemeenskapsbetrokkenheid. Sy het haar sukses toegeskryf aan die ondersteunende akademiese omgewing en mentors wat haar deurlopend gehelp het om haar doelwitte te bereik.

※As ? vrou in die wetenskap het ek uitdagings soos ? gebrek aan selfvertroue en beperkte finansiering ervaar," vertel sy. ※Hierdie toekenning dien as ? positiewe inspirasie vir jong meisies en vroue wat weens uitdagende omstandighede dikwels ontmoedig voel om hulle drome na te streef."

Innoverende diagnostiek vir ekstrapulmon那re TB

Nwamba, ? doktorale student in mediese ingenieurswese aan die US se Kliniese Mikobakteriologie en Epidemiologie-groep, pak die stryd teen ekstrapulmon那re TB aan. Dit is ? toestand wat tot 30% van TB-pasi?nte in Afrika suid van die Sahara raak. Hierdie vorm van TB word dikwels verkeerd gediagnoseer weens die uiteenlopende simptome daarvan en beperkte diagnostiese hulpbronne in landelike gebiede.

Nwamba se navorsing fokus op die ontwikkeling van ? kostedoeltreffende, vinnige urinetoets wat die opsporingsproses vereenvoudig en ? toeganklike alternatief vir ingewikkelde molekul那re diagnostiek en beeldingstegnologie bied.

※My vernuwende benadering het ten doel om TB-diagnose te versnel, veral in omgewings met beperkte hulpbronne, en pasi?nte se lewensgehalte uiteindelik te verbeter," verduidelik Nwamba. ※Wetenskap gaan daaroor om uiteenlopende perspektiewe te bied, hindernisse te oorkom en toekomstige generasies te motiveer."

Sy is verheug en ge?erd om met die 2024 L'Or谷al-UNESCO-toekenning erken te word. ※Dit is 'n wonderlike prestasie en 'n mylpaal in my loopbaan. Dit is 'n beloning van my harde werk en toewyding wat my deursettingsvermo? en passie vir wetenskap bevestig."

Nadat sy gedurende haar eerste jaar op universiteit deur haar dosente ge?nspireer is, beoog Nwamba om ? navorsingspan te lei wat aan kliniese vordering in die stryd teen TB toegewy is. Haar werk benadruk die transformerende krag van wetenskap om dringende openbare gesondheidsuitdagings aan te pak en tegelyk inklusiwiteit en diversiteit in navorsing te bevorder.

Die bre?r impak

Di谷 twee navorsers se prestasies weerspie?l die groeiende erkenning van vroue se kardinale rol in die wetenskap. Volgens Unesco verteenwoordig vroue 31,5% van navorsers in Afrika suid van die Sahara. Die L'Or谷al-Unesco For Women in Science-program bied nie net finansi?le ondersteuning nie, maar rus ontvangers van toekennings ook met leierskap-, kommunikasie- en onderhandelingsvaardighede toe om sistemiese hindernisse te oorkom en vernuwing te bevorder.

※Deur in wetenskap te bel那 en voorspraak vir innovasie te doen, kan Afrika-samelewings die volgende generasie bemagtig om dringende omgewings- en gesondheidsuitdagings aan te pak," het Lidia Brito, assistent-direkteur-generaal vir Natuurwetenskappe van Unesco, ges那.

As deel van ? w那reldwye inisiatief wat meer as 4 400 vrouenavorsers sedert 1998 ondersteun het, versterk die toekennings die stemme van vroue soos Ncube en Nwamba wat die weg vir ? meer inklusiewe en volhoubare toekoms baan.


Page Image:
Author: Corporate Communications and Marketing
Media Release: Yes
Visibly Featured: FMHS60 Carousel; Medicine and Health Sciences Carousel; Students Carousel
Published Date: 12/20/2024
Visibly Featured Approved: Medicine and Health Science Carousel;Students Carousel;
Enterprise Keywords: L'Oreal-UNESCO Regional Fellowships For Women in Science (FWIS)
GUID Original Article: B8A5B98A-4CD5-4356-8249-B898E2F28A4C
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Pamela Ncube en Welile Nwamba is met die L*Or谷al-UNESCO For Women in Science Young Talents Sub-Saharan Africa-toekenning vir 2024 vereer.
Summary: Pamela Ncube and Welile Nwamba, have been named recipients of the 2024 L*Or谷al-UNESCO For Women in Science Young Talents Sub-Saharan Africa Awards.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Fri, 20 Dec 2024 09:47:37 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10981
Van plattelandse wortels tot radioster: Sibulele Ndudula skitter op MFM 92.6 _肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10977 Page Content:

?Elke tree van sy daaglikse ses kilometer lange staptog van Kayamandi na die Universiteit Stellenbosch (US) se Neelsie-studentesentrum om MFM 92.6 se ontbytprogram aan te bied, getuig van Sibulele Ndudula se passie vir radio en sy onwrikbare vasberadenheid om te doen waarvoor hy lief is.

Di谷 jare lange deursettingsvermo? en volharding het vrugte afgewerp 每 Ndudula is onlangs by die nasionale Telkom Radio-toekennings as Beste Ontbytprogramaanbieder (kampuskategorie) aangewys.

Ndudula se verhaal getuig van veerkragtigheid. Hy is in die plattelandse dorp Mthatha in die Oos-Kaap gebore en geto? en is as seun deur radiostemme bekoor wat groot afstande na luisteraars oorbrug het en intieme verbintenisse met hulle geskep het.

※Radio was nog altyd my droom. Toe ek 14 was, nadat ek jare lank geboelie is, het ek besef ek wil my stem gebruik om ? impak te maak. Radio was in my kindertyd die hoofmedium en ek het daarvan gedroom om ? aanbieder te word," onthou Ndudula.

※Ek het langs die pad baie verwerping ervaar. Terwyl ek in Grahamstad gestudeer het, het ek ondanks aanvanklike 'nee dankies' aangehou om by die plaaslike radiostasie aan te klop. Uiteindelik het ek my voet in die deur gekry en met middernagskofte begin. My kollegas het my oor produksie geleer. Dit was my deurbraak en ek het nog nooit teruggekyk nie."

Radio is ? roeping

Die 33-jarige se reis het hom oor provinsies heen van die Oos-Kaap na KwaZulu-Natal geneem, asook deur ontelbare persoonlike uitdagings. Hy het uiteindelik in die Wes-Kaap beland en in 2022 by MFM 92.6, die US se kampus- en gemeenskapsradiostasie, aangesluit. MFM, wat bekend is vir dinamiese programmering en toewyding tot die koestering van jong talent, het aan hom ? platform gebied om sy vaardighede te slyp en as ? uitsaaier te groei.

Ondanks sy verantwoordelikhede as ? pa van twee en die daaglikse uitdaging van ? lang stap werk toe, het Ndudula sy rol as die aanbieder van die stasie se vlagskip-ontbytprogram aangegryp. Hy is gou ook as die aanbieder van die daaglikse middageteprogram aangestel 每 ? dubbele rol wat hy ywerig vervul het. Hy het hom boonop as ? bekwame fasiliteerder van die afgelope twee jaar se kwekeling-innames onderskei, verduidelik MFM 92.6 se waarnemende stasiebestuurder, Martin de Abreu. ※Sy vermo? om insiggewende kommentaar met innemende humor te meng, het meegebring dat hy vinnig ? gunsteling onder luisteraars geword het."

Vir Ndudula is radio ? roeping. Hy glo in die krag daarvan om gemeenskappe in te lig, op te voed en te verbind. Hy put die beste uit elke onderhoud, hetsy of dit met die sielkundige dr Angelic Nespola, die w那reldbekende kwantumfisikus prof Francesco Petruccione, die skepper van amapiano-treffers Tyler ICU, die rapper Early B of die komediant Dalin Oliver is.

※Radio het ? lank bestaande voordeel as ? betroubare, direkte platform. Dit lewer regstreekse, ongeredigeerde inhoud, wat intydse interaksie bevorder. Anders as TV, wat dikwels op geredigeerde beeldmateriaal staatmaak, stel radio luisteraars in staat om stories vir hulleself voor te stel en te interpreteer, wat kreatiwiteit aanwakker. Ofskoon sosiale media vinnig is, is daar ? probleem met betroubaarheid," verduidelik Ndudula. ※Radio verg verifikasie en geloofwaardige bronne, wat betroubaarheid verseker. Hierdie balans van onmiddellikheid en integriteit onderskei radio as ? noodsaaklike medium."

De Abreu beskou Ndudula se onlangse toekenning as ? weerspie?ling van die stasie se toewyding om talent te koester. ※Ons span se harde werk en die etos wat ons handhaaf, begin aansienlike vrugte afwerp. Sibulele se reis is nie net sy eie nie 每 dit is ? bewys van wat moontlik is wanneer talent en geleenthede ontmoet."

Nis vir plaaslike storievertelling

Ondanks Ndudula se prestasies het hy sy visier op ? selfs groter droom gerig: om sy eie gemeenskapsradiostasie te begin. Sy visie is om ? platform te skep wat stemme wat onvoldoende verteenwoordig word, te versterk, opleiding vir aspirant-uitsaaiers te verskaf en as ? nis vir plaaslike storievertelling te dien.

※My droom is om eendag by ? groter stasie te werk en my stem landwyd te laat opklink. As dit nie gebeur nie, is my doelwit om ? gemeenskapsradiostasie in my tuisdorp, Mthatha, te vestig. Terwyl ek grootgeword het, het ek net isiXhosa-stasies gehoor en het eers van Engelse radiostasies gehoor nadat ek Makhanda toe getrek het," s那 hy. ※Dit het my ge?nspireer om ? Engelse/isiXhosatalige stasie tuis te skep wat groter loopbaangeleenthede aan plaaslike aanbieders bied. Daar is tans beperkte geleenthede vir isiXhosa-aanbieders en hulle wag lank vir bevordering. ? Tweetalige stasie sal moontlikhede uitbrei, terwyl ons steeds ons taal en kultuur eerbiedig."

As hy oor sy eie pad nadink, wat ? Nasionale Diploma in Menslike Hulpbronbestuur insluit, is Ndudula nederig en dankbaar. ※Ek is alles aan my ouers verskuldig, wat my ondersteun het op maniere wat ek nooit kan terugbetaal nie. Hulle is nie meer hier nie, maar ek hoop hulle is trots op my en op hierdie toekenning. Hulle opofferings en geloof in my drome inspireer my elke dag. ※Ek sou ook nie hier gewees het sonder die ondersteuning van my gesin, my kollegas by MFM en die luisteraars wat my vertrou om deel van hulle oggende te wees nie," voeg hy by, met die hoop dat sy storie ander sal inspireer om hulle passie ondanks struikelblokke na te streef.

Vir die US en MFM 92.6 beklemtoon Ndudula se sukses die waarde daarvan om in jong talent te bel那. ※Ons is van die groei van ons span tot die vergroting van luisteraarsinteraksie daartoe verbind om ? betekenisvolle uitsaai-ervaring met impak te skep," s那 De Abreu. ※Die stasie se pogings om vermaak met opvoeding en kreatiwiteit met professionaliteit te balanseer, lewer voortgesette dividende soos blyk uit toekennings soos di谷 van Sibulele en die groeiende betrokkenheid van die gehoor."

Lees meer oor MFM 92.6 en die stasie se ses benoemings in die nasionale radiotoekenningskompetisie:




Page Image:
Author: Steyn du Toit
Media Release: No
Visibly Featured: Staff Carousel
Published Date: 12/19/2024
Visibly Featured Approved: Staff Carousel;
Enterprise Keywords: MFM 92.6
GUID Original Article: C5C94570-90CD-46B9-9842-AA4716305D40
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Elke tree van sy daaglikse ses kilometer lange staptog van Kayamandi na die US se Neelsie-studentesentrum om MFM 92.6 se ontbytprogram aan te bied, getuig van Sibulele Ndudula se passie vir radio en sy onwrikbare vasberadenheid.
Summary: Each step of his daily six kilometre walk from Kayamandi to Stellenbosch 肆客足球*s (SU) Neelsie Student Centre to present MFM 92.6*s breakfast show is a testament to Sibulele Ndudula*s passion for radio and unwavering determination to do what he loves.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Thu, 19 Dec 2024 14:47:38 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10977
US-student oorkom 2 hartoperasies om as fisioterapeut te gradueer _肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10975 Page Content:

?Sy pa se afsterwe, twee opehartoperasies en finansi?le uitdagings het Schwann Chavalala nie daarvan weerhou om sy BSc in Fisioterapie aan die Universiteit Stellenbosch te gradueer nie.

Die student, wat van Tiyani, 'n dorpie in Limpopo, afkomstig is, het in die voetspore van sy suster, wat in die MBChB-program was, gevolg toe hy in 2019 vir sy graad ingeskryf het. Hy erken hy het eers in sy matriekjaar regtig verstaan wat fisioterapie behels. Maar dit was terwyl hy sy ouma versorg het wat Parkinsons gehad het en fisiese hulp benodig het, dat hy sy voorliefde om mense te help, besef het. "Fisioterapie het soos die perfekte manier gevoel om my liefde om ander te help met 'n betekenisvolle loopbaan te kombineer."

Hoewel dit hom gehelp het om sy suster op kampus te h那 每 Chavalala beskryf haar as iemand wat nog altyd "meer as 'n broer of suster en ook 'n vriend en beskermer" was 每 moes hy gou die harde finansi?le werklikhede van universiteitsstudie in die gesig staar. "Ek het nie regtig die gewig van finansi?le la gevoel totdat ek hier aangekom het nie. Om dit te hanteer, het ek allerhande geldmaakskemas begin." Om geld te maak, het Chavalala en 'n vriend student-tot-student-ondernemings begin, insluitende die verkoop van bokse en tweedehandse yskaste. "Ons het selfs verhuisingsdienste teen 'n fooi aangebied. Hierdie werk het sakgeld en 'n bietjie ekstra verskaf om met my broers en susters te deel."

In 2023 het hy verreweg sy grootste terugslag beleef toe sy pa oorlede is. "Sy afsterwe het my hard getref en amper my studies ontspoor." Asof dit nie genoeg van 'n struikelblok was nie, is Chavalala kort n芍 sy pa se begrafnis met 'n hartkwaal gediagnoseer wat twee opehartoperasies vereis het. Die hospitaalverblyf en onderbreking in sy studies het sy finansi?le situasie vererger en Chavalala met studenteskuld belas.

Chavalala s那 hy was gedurende" daardie verskriklike tyd "doodbang". "Nie net oor die agterstand in my studies nie, maar ook oor die baie werklike vrees dat ek kon sterf." Hy skryf sy vermo? om ondanks al hierdie probleme deur te druk, toe aan sy ondersteuningstelsel. "Ek was werklik gese?nd om baie simpatieke dosente te h那 wat my geakkommodeer het en my gehelp het om in te haal. My familie en vriende het seker gemaak dat ek altyd versorg was en het emosionele en praktiese hulp aangebied. Hulle liefde en aanmoediging het my deurgedra, en danksy hulle ondersteuning kon ek deur elke dag kom en uiteindelik na my studies terugkeer. Dit is danksy hulle dat ek vandag hier is."

Verder het die ervaring hom 'n nuwe perspektief op sy gekose beroep gegee. "Met my teruggekeer na die hospitaal vir my praktika, was ek meer deernisvol, geduldig en gedrewe om te verseker dat elke mens wat ek versorg, gewaardeer voel. Ek wil h那 elke pasi?nt moet bly wees dat ek deel van hulle sorgspan was. Sy senior lektor in die Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe, Leon谷 Williams, s那 Chavalala se "kanniedood-ingesteldheid" het hom deur die moeilike tye gedra. "Hy het 'n plan van aksie uitgewerk en met 'n ekstra dosis toewyding en deursettingsvermo? tot middel November gewerk om sy kliniese ure te voltooi sodat hy as fisioterapeut kon gradueer."

Volgens Chavalala spruit sy veerkragtigheid en deursettingsvermo? uit sy liefde vir sy gesin. "Waar ek vandaan kom, is sukses nie net joune nie; dit behoort aan almal. Wanneer jy misluk, voel almal dit, en wanneer jy slaag, is dit 'n oorwinning vir die hele gesin." Hy beklemtoon dat sy graad, wat by die US se Desember-gradeplegtigheid toegeken is, vir sy broers en susters, sy oorlede pa, sy ma, sy ouma wat 'n "besonder spesiale rol gespeel het" en "almal wat ooit vir my gebid of iets opgeoffer het sodat ek hier kon wees", is.

Ter afsluiting voeg Chavalala by: "Ek is werklik 'n produk van soveel sorgsame hande en gebede. Dit verg regtig 'n dorpie, en ek is so dankbaar vir myne." ??

Foto: Stefan Els


Page Image:
Author: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel; Medicine and Health Sciences Carousel
Published Date: 12/9/2024
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel;Medicine and Health Sciences Carousel;
Enterprise Keywords: Physiotherapy; Graduation
GUID Original Article: C707D8DC-FC29-4BD4-93E1-D18ECB6751FF
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Sy pa se afsterwe, twee opehartoperasies en finansi?le uitdagings het Schwann Chavalala nie daarvan weerhou om sy BSc in Fisioterapie aan die Universiteit Stellenbosch te gradueer nie.
Summary: The death of his father, two open-heart surgeries and financial challenges did not deter Schwann Chavalala from his goal of graduating from Stellenbosch 肆客足球 with his BSc in Physiotherapy.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Wed, 18 Dec 2024 06:00:23 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10975
Wiskunde-'koningin' van Helderberg ontvang US se gesogte Kanseliersmedalje _肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10953 Page Content:

?Danielle Kleyn, wat die "koningin van wiskunde" gedoop is toe sy by die Ho?rskool Parel Vallei in Somerset-Wes skoolgegaan het, is as die wenner van die Universiteit Stellenbosch se gesogte Kanseliersmedalje vir 2024 aangewys.

Kleyn het die medalje by haar gradeplegtigheid ontvang waar 'n BSc-honneursgraad (HonsBSc) in wiskunde (cum laude) aan haar toegeken is.

Slegs een student ontvang die toekenning, wat die eerste keer in 1961 ingestel is. Dit word jaarliks aan 'n finalejaar- of nagraadse student toegeken wat nie net akademies uitgeblink het nie, maar ook op talle ander maniere tot die kampuslewe bygedra het en gehelp het om ko-kurrikul那re eienskappe te ontwikkel.  

Kleyn se akademiese loopbaan is deur uitsonderlike prestasies gekenmerk. Sy het 'n onderskeiding vir al haar derdejaarsmodules gedurende haar voorgraadse studie verwerf. Wat hierdie vertoning nog merkwaardiger maak, is die feit dat sy twee bykomende 16-kredietmodules geneem het. Haar modulepunt vir vyf van die tien modules was minstens 90%.

Sy het vir haar honneursprojek, wat die bemeestering van 'n aansienlike hoeveelheid algebra?ese getalleteorie en kreatiewe werk behels het om idees van een omgewing na 'n ander aan te pas, 94% ontvang.

Sy het oor die afgelope vier jaar in nasionale en internasionale wiskundekompetisies uitgeblink. Tussen 2021 en 2024 het sy in die toptien by die Suid-Afrikaanse Tersi那re Wiskunde-olimpiade ge?indig. Vanjaar het sy die eerste plek in di谷 kompetisie verower. Sy het in 2023 en 2024 die Universiteit en Suid-Afrika by die Internasionale Wiskundekompetisie verteenwoordig.

Kleyn was ook by wiskundenavorsing buite haar HonsBSc-program betrokke wat afsonderlik van haar honneursprojek was. As wiskunde-afrigter vir die Suid-Afrikaanse Wiskundestigting kon sy help om 'n sterk kultuur van Olimpiade-wiskunde te ontwikkel.

Kleyn s那 sy het nie verwag om die gesogte medalje in te palm nie. Wiskunde is al baie lank een van haar gunstelingvakke, s那 sy, en sy het reeds van skooldae af in verskeie kompetisies uitgeblink. Hoewel sy nog nie seker is oor haar planne vir aanstaande jaar nie, oorweeg Kleyn dit om haar meestersgraad te doen.


Foto: Stefan Els



Page Image:
Author: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel; Student Affairs Carousel
Published Date: 12/20/2024
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel;
Enterprise Keywords: Graduation; Mathematics
GUID Original Article: B2904365-BBC7-45BF-9BBE-468BC3D63B85
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Danielle Kleyn, wat deur haar eweknie? die "koningin van wiskunde" gedoop is toe sy by die Ho?rskool Parel Vallei in Somerset-Wes skoolgegaan het, is as die wenner van die Universiteit Stellenbosch se gesogte Kanseliersmedalje vir 2024 aangewys.
Summary: ??Dubbed the ※Queen of Mathematics" by her peers when at Parel Vallei High School in Somerset West, maths whizz Danielle Kleyn has been named the winner of Stellenbosch 肆客足球's prestigious Chancellor's Medal for 2024.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Tue, 10 Dec 2024 13:45:58 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10953
US-proef vind eerste veilige, doeltreffende behandeling om MDR-TB by kinders te voorkom_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10976 Page Content:

'n Grensverskuiwende kliniese proef wat vandeesweek in die New England Journal of Medicine gepubliseer word, het getoon dat ? orale antibiotika, levofloksasien, wat een keer per dag vir ses maande geneem word, die risiko vir die ontwikkeling van multimiddelweerstandige tuberkulose (TB) by kinders aansienlik verlaag het. Levofloksasien het die risiko van multimiddelweerstandige (MDR) TB by kinders met 56% verminder, het navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) aangekondig. Die proef het ook getoon dat levofloksasien wat oor ses maande toegedien word, veilig en draaglik is.

Die TB-CHAMP-proef is in Suid-Afrika uitgevoer, waar ? ho? las van TB en MDR-TB voorkom, en het hoofsaaklik op kinders jonger as 5 jaar gefokus. Hierdie jong kinders wat aan TB blootgestel word, het ? ho? risiko om aktiewe TB en ernstige vorme van die siekte te ontwikkel.

In die proef is levofloksasien toegedien aan 453 kinders wat aan ? volwassene met MDR-TB in hul huishouding blootgestel is. Slegs 5 (1,1%) het MDR-TB ontwikkel, vergeleke met 12 (2,6%) in die plasebo-kontrolegroep.

Die medisyne het baie min newe-effekte gehad. Spesifiek gewrigspyn en tendinitis 每 tradisioneel ? bekommernis 每 het baie min voorgekom, met slegs een kind wat laegraadse tendinitis ontwikkel het. Levofloksasien is oor die algemeen goed deur kinders en versorgers aanvaar.

※Daar was die afgelope paar jaar groot vooruitgang met die doeltreffender en veiliger behandeling van MDR-TB by volwassenes en kinders. Daar was egter geen streng bewyse van kliniese proewe oor hoe om middelweerstandige TB te voorkom nie," s那 prof Anneke Hesseling, hoofondersoeker van die TB-CHAMP-proef aan die US. ※Ons het nou ? manier gevind om kinders veilig te beskerm wanneer ? volwassene in die huishouding aansteeklike MDR-TB het. Die belangrikheid daarvan om ons kinders teen middelweerstandige siektes te beskerm, kan nie onderskat word nie. Die voordeel vir kinders, hul gesinne en gemeenskappe kan aansienlik wees."

Meer as 450 000 mense ontwikkel elke jaar MDR-TB en dit kan verwoestend vir pasi?nte en hul gesinne wees.

※MDR-TB bly ? uitdaging om te behandel. Kinders was nog altyd die mees verwaarloosde van alle pasi?nte en hul toegang tot nuwer medisyne het by di谷 van volwassenes agtergebly," het prof James Seddon, mede-hoofondersoeker van die proef, ges那. ※Deur ? nuwe manier te vind om kinders veilig te hou wanneer MDR-TB ? gesinslid tref, help ons die hele gesin om soveel vinniger te herstel van die trauma wat die siekte veroorsaak 每 vanuit ? gesondheidsperspektief, maar ook vanuit ekonomiese en geestesgesondheidsperspektiewe."

Die TB-CHAMP-proef het oortuigende werk oor koste en impak ingesluit en toon nie net kostedoeltreffendheid nie, maar ook kostebesparings vir TB-programme. Vir elke 1 000 kinders aan wie hierdie regime toegedien is, gegewe ? 2,5%-risiko om MDR-TB te ontwikkel, was daar ? totale gesondheidsbesparing van $11,3 miljoen (meer as R117 miljoen), ? totale gesondheidswins van 30 gesonde lewensjare en ? vermindering van 15 MDR-TB-gevalle en een sterfte.

'n Soortgelyke studie wat in Vi?tnam gedoen is, die VQUIN-proef wat op volwassenes en adolessente fokus, het soortgelyke bevindings getoon en word ook vandeesweek in die New England Journal of Medicine gepubliseer. In 'n unieke samewerking het navorsers van die TB CHAMP- en VQUIN-proewe die data van hul proewe oor pediatriese en volwasse bevolkings gekombineer ter gesamentlike inligting van nuwe globale riglyne oor MDR-TB-voorkoming. Hierdie gesamentlike, gekombineerde proefbevindinge word ook vandeesweek in NEJM Evidence gepubliseer. Deur gebruik te maak van beide tradisionele meta-analise en nuwe Bayesiaanse metodes wat by die Kliniese Proewe-eenheid van die VK se Mediese Navorsingsraad aan die 肆客足球 College London (UCL) ontwikkel is, het die spanne die gekombineerde data van die twee proewe ontleed en getoon dat levofloksasien ewe doeltreffend in volwassenes en kinders is.

※Deur hierdie werk vooraf noukeurig te beplan kon ons hierdie belangrike bevindinge saam met die hoofresultate van die twee proewe aanbied, met ? selfs groter impak op globale riglyne en beleid," s那 Trinh Duong, TB-CHAMP-proefstatistikus van die UCL, wat die gekombineerde ontledings gelei het. Hierdie doeltreffende samewerkende ontledingstrategie beklemtoon die voordele van proaktiewe datadeling en innoverende metodes om data saam te voeg om te verseker dat bewyse wat van volwassenes en kinders verkry word, gelyktydig 'n impak kan h那 op globale riglyne 谷n toegang in die veld vir almal wat die risiko loop om MDR-TB te ontwikkel.

Op grond van ? oorsig van hierdie proefbewyse het die W那reldgesondheidsorganisasie levofloksasien in September 2024 vir voorkomende MDR-TB-behandeling by kinders, adolessente en volwassenes aanbeveel.

※Navorsing om tuberkulose by kinders te voorkom en te behandel het te lank aan die agterspeen gesuig," het dr Philippe Duneton, Uitvoerende Direkteur van Unitaid, ges那. Di谷 organisasie is die grootste multilaterale befondser van TB-navorsing en -ontwikkeling w那reldwyd. ※Unitaid is bly om deel te wees van pogings om groter aandag aan kinders se behoeftes te gee. Hierdie bewyse in die voorkoming van middelweerstandige TB by kinders, ? eerste in sy soort, behels groot vooruitgang met die potensiaal om miljoene kinders te beskerm."

TB bly een van die belangrikste oorsake van sterftes by kinders w那reldwyd en eis van die meeste lewens van kinders jonger as 5 jaar. Minder as 20% van kinders met MDR-TB word tans gediagnoseer en behandel. Dit maak van hulle een van die mees verwaarloosde bevolkings wat deur TB geraak word. Baie van hierdie kinders met MDR-TB was in noue kontak met iemand met aansteeklike MDR-TB. Om hierdie kinders en die res van hul huishoudings te identifiseer, hulle vir TB te sif en voorkomende behandeling aan te bied, sal van deurslaggewende belang wees om meer gevalle op te spoor en MDR-TB te voorkom.

Die TB-CHAMP-proef is deur Unitaid gefinansier en onder leiding van die BENEFIT Kids-projek by die US uitgevoer. Unitaid versnel toegang tot innoverende gesondheidsprodukte en l那 die grondslag vir hul uitbreiding deur lande en vennote. Die proef is ook gefinansier deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad en die VK se Mediese Navorsingsraad deur ? toekenning aan die US, met ondersteuning van die VK se Buitelandse, Statebond- en Ontwikkelingskantoor, die Global Challenges Research Fund, die Mediese Navorsingsraad en Wellcome, as deel van die EDCTP2-program wat deur die Europese Unie ondersteun word.

Page Image:
Author: FMHS Marketing & Communications
Media Release: No
Visibly Featured: Alumni Carousel; Medicine and Health Sciences Carousel; Paediatrics and Child Health Carousel; SU Main Carousel
Published Date: 12/19/2024
Visibly Featured Approved: Alumni Carousel;Medicine and Health Sciences Carousel;
GUID Original Article: F7E0250D-91C9-4FE3-AB26-BCEB5CCCFC7E
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: ? Grensverskuiwende kliniese proef het getoon dat ? orale antibiotika, levofloksasien, wat een keer per dag vir ses maande geneem word, die risiko vir die ontwikkeling van multimiddelweerstandige tuberkulose (TB) by kinders aansienlik verlaag het.
Summary: A landmark clinical trial reported in the New England Journal of Medicine this week showed that an oral antibiotic, levofloxacin, taken for six months once-daily, substantially reduced the risk of developing drug-resistant tuberculosis (TB) in children.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Thu, 19 Dec 2024 06:59:35 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10976
Uittredende prof Razeen Davids bevorder nefrologie in Afrika_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10948 Page Content:

Prof Razeen Davids, die Hoof van die Afdeling Nefrologie in die Universiteit Stellenbosch se Departement Geneeskunde, sien uit na sy aftrede aan die einde van Desember n芍 'n loopbaan wat oor meer as drie dekades strek.

※Ek gaan nie my dae volmaak deur te besig te wees nie," s那 hy. ※Besigheid is waaruit ek probeer ontsnap." Tog beoog hy om voort te gaan met onderrig- en navorsingsprojekte wat hom na aan die hart l那.

'n Loopbaan daarop gefokus om ander te help

Davids was nog aan die Ho?rskool Gelvandale in Gqeberha (toe Port Elizabeth) toe hy besluit het op ? loopbaan in geneeskunde. ※Ek het nog altyd in wetenskap belanggestel; geneeskunde het 'n geleentheid gebied om daarin te delf," s那 hy. ※En ek het aanklank gevind by ? loopbaan waar ek ander mense help."

Hy het in 1986 'n MBChB aan die Universiteit van Kaapstad voltooi, gevolg deur 'n internskap by die Livingstone-hospitaal in Gqeberha. In 1988 keer hy terug na Kaapstad vir opleiding by die Tygerberg-hospitaal.

※Ek het my basiese opleiding in interne geneeskunde gedoen en byna elke rotasie geniet," onthou Davids. ※Ek het op nefrologie besluit omdat dit so 'n bre? spesialiteit is waar jy kundigheid op verskeie gebiede nodig het. Ek was seker ek sou 'n nis binne nefrologie vind." Hy is gou reg bewys: ※Wat my die meeste aangetrek het, was die fisiologie - die basiese wetenskappe - en veral die suur-basis- en elektrolietprobleme binne nefrologie."

In 2000 het hy 'n Internasionale Vereniging van Nefrologie (ISN) genootskap aanvaar en 'n jaar by die Universiteit van Toronto saam met prof Mitchell Halperin deurgebring. ※Na my mening was hy die w那reldkenner op die gebied, maar ook 'n plat-op-die-aarde en toeganklike mentor," s那 Davids.

※Hy het my baie geleer 每 nie net oor die dissipline nie, maar ook oor wetenskaplike skryfwerk en publikasie. Dit is toe dat my navorsingsloopbaan begin het." Sedertdien het hulle saam aan baie referate en boekhoofstukke gewerk.

Meesterklas in Geneeskunde

'n Besondere hoogtepunt was hul samewerking aan 'n innoverende reeks onderrigartikels, 'Masterclass in Medicine', in die Quarterly Journal of Medicine. ※Dit was eintlik kliniese speurverhale wat in 'n narratiewe styl geskryf is," verduidelik Davids. ※Die meesterspeurder was 'n legende uit die verlede wat moeilike probleme op die gebied van suur-basis- en elektrolietversteurings opgelos het."

Die jaar wat Davids in Kanada deurgebring het, was ook op ander maniere 'n deurslaggewende oomblik in sy loopbaan: ※Sedert ek teruggekeer het, was ek op my beurt gasheer vir baie ISN-genote van ander lande in Afrika. Om betrokke te wees by die opleiding van nefrolo? van regoor Afrika was een van die mees bevredigende dele van my loopbaan."

Leierskap wat groei bevorder

In 2006 is hy in sy huidige pos as Hoof van die Afdeling Nefrologie aangestel. ※My prim那re fokus was nog altyd om 'n omgewing te skep waar mense dit geniet om te werk en te leer," s那 Davids.

※Ek glo dit behoort die prioriteit van enige leier te wees sodat die mense binne jou afdeling tot hul volle potensiaal kan ontwikkel. In 'n groot mate dink ek ons het daarin geslaag om die Afdeling Nefrologie 'n gelukkige en opwindende plek te maak vir mense om te leer en te werk."

Terwyl hy hoof van hierdie afdeling was, het Davids op een of ander manier tyd gevind om 'n PhD aan die Universiteit Stellenbosch in 2015 te voltooi: ※Ek stel belang in baie verskillende dinge, en een van die dinge wat my interesseer, is tegnologie. Jy moet onthou dat ek 'n student was toe die internet in die laat 80's en vroe? 90's begin het.

※Ek is ook gefassineer deur die meganika van hoe mense leer. Hoe ontwikkel 'n mens kundigheid in enige vak, of dit nou nefrologie, skaak of die speel van 'n musiekinstrument is? Ek het al hierdie belangstellings saamgebring in my PhD, wat 'n mengsel was van e-leer en nierfisiologie."

Epidemiologie van chroniese niersiekte

Gedurende sy loopbaan het Davids ook meer betrokke geraak by die epidemiologie van chroniese niersiekte en nierregisters. Hy is tans medevoorsitter van die Suid-Afrikaanse Nierregister en voorsitter van die Afrika-nierregister, wat hy help stig het op versoek van die Afrika Vereniging vir Nefrologie (AFRAN).

※Ek dink dit is baie belangrik om robuuste data daar buite te kry oor wat ons doen om pasi?nte met nierversaking te behandel. Dit is 'n belangrike beginpunt om te vra vir meer hulpbronne sodat ons behandeling aan meer pasi?nte op die vasteland beskikbaar stel," s那 hy. Om hierdie rede beoog hy om n芍 sy aftrede aan die Suid-Afrikaanse en Afrika-nierregisters te werk.

Hy beoog ook om sy verhouding met AFRAN te behou: ※Tydens COVID het ons baie kontak met kollegas regoor die vasteland gehad deur Zoom-vergaderings omdat die gewone onderrigprogramme ontwrig is. Ons het baie, baie goeie vriende geword, ons het nooit persoonlik ontmoet nie. 

※Toe COVID verby is, en ons uiteindelik die geleentheid gekry het om van aangesig tot aangesig te ontmoet, was dit soos om ou vriende te ontmoet. Ons het dus 'n baie goeie kontinentale nefrologie-netwerk en ek sal daarby betrokke bly."

Publiseer goeie data oor Afrika uit Afrika

Nog 'n rol wat Davids beplan om na sy aftrede voort te sit, is di谷 van adjunkredakteur van AFRAN se African Journal of Nephrology. ※Ek het 'n bietjie van 'n by in my baard," s那 hy. ※Ek voel passievol dat ons goeie data oor Afrika uit Afrika moet genereer en publiseer.

※Dikwels dink mense dat niks op die vasteland gedoen word nie omdat daar nie publikasies is nie, en dit is regtig nie die geval nie. Ek het dus betrokke geraak by die African Journal of Nephrology en, uit 'n klein papier-gebaseerde joernaal met 'n baie lae sirkulasie, het ons dit 'n aanlyn en oop-toegang joernaal gemaak. Dit is deel van 'n missie om Afrika-navorsing daar buite te kry."

Davids beoog ook om 'n mate van onderrig en studieleiding van studente navorsingsprojekte in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe te doen nadat hy sy voltydse pos bedank. Maar dit sal beslis nie alles werk en geen spel wees nie.

Najaag van belange

Hy beplan om ook in te haal om flieks te kyk en te lees. ※Ek is nie 'n oordeelkundige fliekganger of leser nie," voeg hy by. ※Ek stel net belang in soveel verskillende dinge - van gruwel tot wetenskapfiksie, noem maar op."

Boonop sal Davids 每 wat al twee keer die Comrades Marathon aangedurf het 每 drie keer per week aanhou hardloop. Deesdae mik hy egter eerder op korter wedrenne.

Sy aftrede na 'n lang en vooraanstaande loopbaan is beslis welverdiend. ※Ek was gelukkig deurdat ek baie hulp op die pad gehad het - baie goeie mentors en uitstekende onderwysers sedert ho?rskool," s那 hy. ※En die gemeenskap in Toronto was die sleutel tot wat ek in die latere deel van my loopbaan reggekry het."

Maar sy aftrede is beslis nie die einde van die pad van sy reis in die geneeskunde nie. Hy beplan om nog lank terug te gee aan die beroep.

Page Image:
Author: FMHS Marketing & Communications 每 Tyrone August
Media Release: No
Visibly Featured: Medicine and Health Sciences Snippet
Published Date: 12/9/2024
Visibly Featured Approved: Medicine and Health Sciences Snippet;
GUID Original Article: 9CD252CF-EBE1-4EB2-8F4F-F16F99707ED7
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Prof Razeen Davids, die Hoof van die Afdeling Nefrologie in die Universiteit Stellenbosch se Departement Geneeskunde, sien uit na sy aftrede aan die einde van Desember n芍 'n loopbaan wat oor meer as drie dekades strek.
Summary: Prof Razeen Davids, the Head of the Division of Nephrology in Stellenbosch 肆客足球*s Department of Medicine, looks forward to his retirement at the end of December after a career spanning more than three decades.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 09 Dec 2024 10:28:55 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10948
Wonderbaarlike ingrype n芍 gru-ongeluk lei tot &n PhD vir US akademikus_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10954 Page Content:

By 'n gradeplegtigheid beskryf akademici soms die moeisame proses om 'n PhD te voltooi as 'n ※wonderwerk". Maar toe dr Chris Jurgens, 'n dosent in siviele ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch (US), vandeesweek sy PhD ontvang het, het hy nuwe betekenis aan die frase 'n ※wandelende wonderwerk" gegee.

Jurgens het vroeg verlede jaar sulke ernstige beserings in 'n motorfietsongeluk opgedoen dat sy lewe aan 'n draadjie gehang het. 'n Ongelooflik toevallige reeks gebeure en ※wonderwerkers" het sy lewe gered. N芍 die ongeluk het Jurgens se hernieude doelgerigtheid, geloof en lewenslus 'n groot rol gespeel in sy herstel en akademiese sukses.

Op Donderdag 9 Februarie 2023 het die trajek van Jurgens se lewe in 'n oogwink verander. Hy was op sy motorfiets op die R44 op pad na Stellenbosch 每 'n roete wat hy male sonder tal al gery het. Op di谷 noodlottige oggend het 'n besoeker van Namibi? wat verdwaal het egter 'n onwettige kruising reg voor hom gemaak. Net toe Jurgens uitswaai om 'n ongeluk te vermy, het die voertuig in dieselfde rigting versnel.

Hy het die agterdeur van die motor getref, onmiddellik sy bewussyn verloor en afgryslike beserings opgedoen: skedelbreuk, ernstige bloeding op die brein, 'n gebreekte pols, 'n gebreekte skouer, geskeurde knieligamente en 'n platgevalde long.

Jurgens beskryf die ongeluk in fyn detail, maar nie omdat hy dit goed onthou nie 每 sy traumatiese breinbeserings het tot gevolg gehad dat hy niks van die gebeurtenis kan herroep? ?nie. Wat hy weet van die ongeluk is later deur ondersoekers, ooggetuies en mediese personeel aan hom oorgedra. ※Gelukkig het ek nie gejaag nie, en ek het al die regte veiligheidstoerusting gedra 每 'n motorfietshelm, nekstut en 'n beskermende baadjie. Ek dink dit het 'n groot rol daarin gespeel dat ek vandag hier is," vertel hy.

'n Reeks wonderwerke

Dat Jurgens die botsing oorleef het, is te danke aan 'n reeks gebeure wat s車 gunstig op mekaar gevolg het dat dit moeilik is om te glo dit is nie deur 'n ho?r mag georkestreer nie. Daarom dat die nadraai van sy ongeluk so 'n groot impak op sy geloof gehad het.

Die eerste mens op die toneel was 'n verpleegster van die nabygele? LifeShine Wellness Centre, wat Jurgens se hand vasgehou en hom gemaklik gemaak het. Sy het die aandag van verbygaande motoriste getrek. Oomblikke later het 'n oogkundige, wat ook 'n motorfietsryer is, stilgehou. Die verpleegster en dokter het noodhulp begin toepas.

Net toe Jurgens se hart ophou klop, kom die perfekte held op die toneel aan: Ryan Wills, Mediclinic se opleidingsbestuurder vir noodsorg, is selde self betrokke by noodbehandeling op ongelukstonele, maar hy het toevallig daardie dag mediese toerusting in sy motor gehad wat vir opleiding bedoel was. Wills het met behulp van di谷 noodhulptoerusting Jurgens se hart weer aan die klop gekry en 'n ambulans ontbied.

Wills en die ER24-paramedikus het in die ambulans 'n asemhalingsbuis ingesit en Jurgens op 'n ventilator geplaas. Dit het verseker dat die beserings wat hy aan sy kop, gesig en bors opgedoen het, nie sy lugweg en asemhaling sou belemmer nie. Op pad na die hospitaal het nog 'n ingryping verseker dat Jurgens betyds noodbehandeling sou ontvang.

※Terwyl hulle besig was om my te stabiliseer, het my vrou Alet my gebel 每 suiwer toeval. Die ambulansbestuurder het my selfoon geantwoord en verduidelik wat gebeur het. Hy het haar gevra om dadelik na die Vergelegen Mediclinic toe te gaan en solank die nodige vorms te begin invul sodat alles gereed sou wees vir my om opgeneem te word. Toe die ambulans by die hospitaal opdaag, het al die dokters staan en wag, gereed in hul teaterklere. Daardie kosbare sekondes het gehelp om my lewe te red."

Dokters het eers 'n noodoperasie gedoen om die druk op sy brein te verlig. 'n Verguisde pols wat deur 'n handspesialis as onredbaar beskryf is, is uiteindelik deur 'n ortopediese chirurg se dapper ingryping gered. ※Die X-straal van my pols het gelyk asof iemand 'n handvol macaroni op 'n tafel gegooi het," s那 Jurgens en hou sy hand omhoog. ※Maar die ortopeed het 'n pen ingesit en my pols reggetrek. En vandag kan ek steeds my hand en al vyf vingers gebruik," demonstreer hy met 'n bre? glimlag. 

※Dit was ongelooflik, die regte mense op die regte tyd#" voeg hy in verwondering by. ※Statisties is die waarskynlikheid dat al daardie dinge in perfekte chronologiese volgorde gebeur, onbeskryflik klein. Ek twyfel nie daaraan dat dit Goddelike ingrype was nie." 

Die lang pad na herstel

Dokters het Alet gewaarsku dat sy kans op oorlewing skraal is. Sy het vir 'n week elke dag hospitaal toe gegaan, onseker of dit die laaste keer sou wees dat sy haar man lewendig sou sien. Jurgens het wonderbaarlik deurgetrek, maar die pad na herstel was lank en veeleisend. ※Ek was vir 'n week in die waakeenheid, ongeveer 'n maand in 'n ander saal en toe 'n oorgangsfasiliteit. Dit was 'n baie traumatiese beproewing vir my gesin." 

Toe hy uiteindelik ses weke later sy bewussyn herwin, kon hy glad nie die ongeluk onthou nie. Erger nog, hy kon nie onthou dat hy die pa van twee kleuters is nie.

※Ek het in die middel van die nag wakker geword, die hospitaalbed gesien en gedink: 'Wat het gebeur? Ek was dan vanoggend op pad werk toe.' Die volgende oggend het ek net my vrou herken; ek kon nie onthou dat ek twee dogtertjies het of wat hulle name is nie! Gelukkig het hulle my toe nog nie besoek nie. Dit het nog sowat drie weke geneem vir my herinneringe aan hulle om terug te keer."

Terwyl Jurgens stadig sy fisiese en kognitiewe vermo?ns herwin het, het sy gesin om hom laer getrek. Die onderskraging van sy vrou en kinders, sy ouers en skoonouers, asook die onwrikbare steun van die US-gemeenskap, het 'n belangrike rol in sy rehabilitasie gespeel, benadruk Jurgens.

※Dit moes bitter moeilik gewees het vir my vrou. Ek dink sy het meer gely as ek terwyl ek in 'n koma was. Die ondersteuning van die Universiteit was ook ongelooflik. My studieleier, prof Jan Wium, die voorsitter van die Departement Siviele Ingenieurswese, en my SU-kollegas het my almal in die hospitaal kom besoek. By 'n Rektorsontbyt vroe?r vanjaar het ek ook die geleentheid gehad om prof Wim de Villiers persoonlik te bedank. Ek het vir hom ges那 die Universiteit Stellenbosch het 'n groot rol gespeel in my dryfkrag om te herstel. Daardie ondersteuning was van onskatbare waarde."

Jurgens het maande se uitmergelende rehabilitasie in die gesig gestaar. Sy arbeidsterapeut het 'n plan beraam om sy kognitiewe vermo?ns te herbou. ※Sy het vir my ges那 om baie te lees, die teks op te som en mondelings oor te dra," vertel Jurgens. ※My arme vrou ... sy moes luister na elke detail van Elon Musk se biografie en elke boek wat ek gelees het!" Di谷 oefeninge, saam met legkaarte en breinspeletjies, het sy konsentrasie geleidelik herstel.

Ondanks voortslepende fisieke beperkings 每 'n stywe pols, verminderde skouermobiliteit en die feit dat hy nie meer kan draf nie 每 beskou Jurgens homself as gelukkig. ※In vergelyking met die alternatief om nie hier te wees nie, is ek baie bly om met geringe uitdagings saam te leef."

'n Nuwe lewe

Die ongeluk was 'n ※algehele oorbegin" en 'n nodige ingryping, glo Jurgens. ※Dit moes gebeur. Daardie dag het die Here vir my 'n duidelike boodskap gegee: 'Jy is nie op die regte pad nie. Jy moet dinge regmaak ter wille van jouself en ter wille van jou gesin'."

Hoewel die ongeluk byna rampspoedig was, het dit Jurgens 'n grensverskuiwende insig besorg. ※Voor die ongeluk het ek met uitstel gesukkel," erken hy. ※My doenlysies was eindeloos. Maar terwyl ek in die hospitaal was het ek gewonder: 'Wat sou hulle op my grafsteen skryf? Hier l那 Chris, 'n gawe ou wat nooit iets klaargemaak het nie?' Dit is nie wie ek wil wees nie."

Vasbeslote om te verander, het Jurgens in Julie 2023, net vyf maande n芍 die ongeluk, na die US teruggekeer. ※Ek het vir myself ges那 ek gaan saam met die studente by die lesingsaal instap vir die tweede semester, en deur die genade van Bo kon ek dit doen."

Jurgens het hom met nuutgevonde ywer daarin verdiep om sy PhD te voltooi wat fokus op tegnologie-aanvaarding in die konstruksiebedryf. ※Voor die ongeluk wou ek net my tesis klaarkry," s那 hy. ※Nou is ek baie trots op d赤t wat ek met my navorsing bereik het. Ek het twee keer so hard gewerk om iets te lewer waarop ek werklik trots is. Ek het ook besef dat ek regtig baie, baie lief is vir die Universiteit Stellenbosch. Ek geniet dit om met studente te werk en hulle op hul eie vorderingsreise te help."

Jurgens het nege maande n芍 sy ongeluk al sewe mense gaan besoek wat instrumenteel was in sy oorlewing om hulle persoonlik te bedank. ※Ek is alles verskuldig aan die hoogs bekwame en passievolle mense wat presies op die regte tyd in my lewe gekom het." 

Sy ervaring het hom ook 'n nuwe waardering vir geestelike welstand gegee. ※Die arbeidsterapeute, sielkundiges en ondersteunende fisioterapeute het my letterlik weer lewendig gemaak. Om na jou innerlike om te sien is net so belangrik soos om gesond te eet of te oefen."

Hy beplan om aan elkeen van hulle 'n gradeplegtigheidsfoto in sy rooi doktorale toga te stuur as 'n klein blyk van sy dankbaarheid. 

Hoewel hy dit mis om op sy motorfiets te ry, het hy sy vrou belowe om nooit weer op 'n motorfiets te klim nie. ※Sy het my gewaarsku: 'As jy ooit weer aan 'n motorfiets raak, skei ek van jou!'" lag Jurgens. ※Maar op 'n ernstige noot: Ek is baie, baie groot dank aan my vrou verskuldig. Sy was nog altyd gretig om oorsee te gaan, terwyl ek verkies om Suid-Afrika te verken. Aanstaande jaar neem ek haar en die kinders op 'n vakansie oorsee. Hulle verdien dit om bederf te word n芍 die drama van die afgelope twee jaar."

FOTO: Stefan Els



Page Image:
Author: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Media Release: Yes
Visibly Featured: SU Main Carousel; Alumni Carousel
Published Date: 12/18/2024
Visibly Featured Approved: SU Main Snippet;Alumni Carousel;
Enterprise Keywords: #Graduation
GUID Original Article: 21638B93-AF42-439E-BEBD-9BF1172C828D
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: N芍 &n byna noodlottige motorfietsongeluk het Dr Chris Jurgens se lewe aan &n draadjie gehang. Sy oorlewing en sukses vandag is te danke aan &n reeks wonderwerke.
Summary: After a horrific motorcycle accident, Dr Chris Jurgens* life hung in the balance. His survival and success today is due to a series of miracles.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Tue, 10 Dec 2024 19:19:30 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10954
Talentvolle juwelier omskep fassinerende kulturele insigte in ? PhD_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10949 Page Content:

Toe dr Bongani Tendai Percy Mashange Maandag sy doktorale toga aangetrek het om ? PhD te ontvang, het hy die eerste visuele kunsstudent aan die Universiteit Stellenbosch (US) geword wie se meestersgraadverhandeling na ? PhD opgradeer is. Die bydraes van di谷 kreatiewe vakkundige wat akademies 谷n artistiek uitblink, sal beslis buite die mure van die akademie weerklink.

Met ? unieke perspektief wat gevorm is deur sy Zimbabwiese erfenis, ? globale invloed en ? diepgaande begrip van kulturele dinamika, daag Mashange se treffende abstrakte juweelontwerpe en baanbrekersnavorsing konvensies uit en ontlok dit diskoers oor identiteit en verteenwoordiging.

Mashange, wat in ? gesin grootgeword het wat opvoeding en kuns prioritiseer, is die tweede van drie sibbes om ? PhD te behaal. Hy het in Zimbabwe grootgeword het en het aan Falcon College, ? private kosskool, skoolgegaan waar sy aanleg vir die kunste gefloreer het.

Nadat hy ho?rskool as die topstudent in sy klas voltooi het, het Mashange se pa hom aangemoedig om ? pad te volg wat sy kreatiwiteit verder sou ontwikkel. Hy het verskillende internasionale en plaaslike universiteitsopsies oorweeg, maar het gekies om na die US te kom vanwe? die Departement Visuele Kunste se sterk fokus op juweliersontwerp.

※Om Stellenbosch toe te kom was ? bietjie van ? kultuurskok," erken Mashange. ※Ek het aanvanklik verwyderd van die w那reld gevoel, maar ek het vinnig aangepas. Ek het in die Helderberg-koshuis gebly en dit was die beste ervaring van my lewe." Die kampus het ? plek van groei en verbondenheid geword terwyl hy die uitdagings wat met ras en identiteit verband hou, aangepak het.

Kompleksiteit van Afrika-identiteit

Om as ? buitelander in Suid-Afrika gesien te word, het Mashange geboei en sy verkenning van Afrika-identiteit be?nvloed. ※My ma is ? Ndebele en my pa is ? Shona, maar omdat ek vir sommige plaaslike inwoners nie Suid-Afrikaans klink nie, word ek anders behandel," verduidelik hy. ※In Zimbabwe is ek nie as Shona genoeg beskou nie. In Suid-Afrika word ek soms as nie swart genoeg beskou nie." Hierdie kategoriserings is uitputtend, maar dit dwing jou ook om jouself te herdefinieer, merk Mashange op.

Die worsteling met die ryk tapisserie van sy eie identiteit het hom ge?nspireer om die kompleksiteit van Afrika-identiteit te verken en vir sy navorsing het hy ondersoek hoe kunsvoorwerpe en juweliersware as persoonlike 谷n kollektiewe narratiewe dien.

In die Afrika-kultuur is juweliersware meer as ? bykomstigheidstatus; dit is ? diepgaande uitdrukking van identiteit, erfenis, tradisie en sosiale status, wat tradisie en moderniteit verweef, vertel Mashange.

※Ek het na my erfenis gekyk, na die plekke waar ek was, my eie spirituele kultuur en agtergrond, asook my eie etniese deurgangsrites. Ek het toe al hierdie idees in visuele objekte vertolk wat ? moderne Afrika-estetika kommunikeer. Ek het hierdie konsep ook visueel verken deur die materiale en tegnieke wat ek gebruik. Ek wou wegbeweeg van die tradisionele manier om juweliersware te maak."

Mashange beskryf sy kuns as gesetel in die konsep van ※Afropolitanisme". Di谷 woord is ? mengsel van ※Afrika" en ※kosmopolities", verduidelik Mashange. Vir hom is dit meer as ? gonswoord of ? elitistiese etiket; dit is ? manier om die kompleksiteit van Afrikaan-wees in die 21ste eeu te verwoord. Afropolitanisme gaan daaroor om moderniteit te omarm sonder om deur verouderde etikette beperk te word, voeg hy by. Dit is ? verwerping van essensialismes en ? viering van vloeiende, ontwikkelende identiteite.

Transformering van draagbare kuns

Sy PhD het teoretiese verkenning met praktiese kunstenaarskap gekombineer. Sy proefskrif het identiteit, post-koloniale Afrika en dekolonialiteit ondersoek 每 temas wat diep met sy eie ervarings verweef is. Hierdie benadering het hom in staat gestel om bre?r narratiewe rondom die voorstelling van Afrika in kontempor那re kuns te ondersoek.

Mashange se pragtige skeppings weerspie?l sy teoretiese benadering. Sy juweliersware en beeldhouwerke vermeng tradisionele materiale soos hout en metaal met moderne tegnieke en skep voorwerpe wat tegelyk in erfenis gewortel en treffend kontempor那r is.

Die name van sy juweliersware dui op geestelike konsepte met kulturele betekenis soos iThemba (hoop), Sithembile (ons vertrou), Simangaliso (wonderwerk), Shavi (? swerwende gees), Murapi (geneser) en Ukuqala kwenkululeko (die begin van vryheid)).

Wat Mashange betref, oortref die waarde van juweliersware die materi?le waarde daarvan. Deur draagbare kuns te omskep in beeldhouwerke wat denke ontlok wat verder as versiering strek, nooi hy kykers uit om betrokke te raak by dieper betekenisse wat aan kultuur en identiteit gekoppel is.

※Ek gebruik materiaal wat met historiese betekenis gelaai is en interpreteer dit opnuut," s那 hy. ※Afrika-drukpatrone het byvoorbeeld in Indonesi? ontstaan en is deur Europe?rs gekommersialiseer wat dit na Afrika uitgevoer het, maar ons het dit gewysig en as simbole van trots herwin. My werk gaan oor daardie soort agentskap. Ek probeer om die genuanseerde werklikhede van kontempor那re Afrika-identiteit visueel te verwoord en te vier.

※Mense beeld nasionale identiteit dikwels as ? geslote stelsel met rigiede grense uit, wat die ware kompleksiteit van identiteit oorvereenvoudig. Soos wat identiteite toenemend in hedendaagse Afrika verstrengel raak, streef ek daarna om ? outentieke, positiewe en bevestigende konsep van identiteit te herwin om my kunswerk te rig."

Ofskoon sy skeppings as kunsjuweliersware geklassifiseer word, lyk dit dikwels na nie-funksionele beeldhouwerk en prioritiseer dit estetika bo verteenwoordigende of narratiewe elemente.

'In wese gaan my werk oor behoort," beklemtoon Mashange. ※Die estetika wat ek gekonstrueer het, laat my toe om in verskillende sfere te tuis te voel. Afrika-identiteit is nie in yster gegiet nie. Dit verskuif en verander. Ons hoef nie lojaal te bly aan die kulture waarin ons gesosialiseer is nie."

Onwrikbare ondersteuning

Mashange se akademiese reis was nie sonder hindernisse nie. Om gedurende die 肆客足球-pandemie aan sy meestersgraadtesis te werk was uitdagend, maar dit het in 2021 ? onverwagse uitkoms gehad. ※Ek het soveel navorsing gedoen dat my teorie-studieleier, prof Lize van Robbroeck, vir my ges那 het: 'Jy het te veel geskryf, maar dis alles waardevol.' Sy en Carine Terreblanche (my praktiese studieleier) het voorgestel dat dit na ? PhD opgegradeer moet word." Hy was heeltemal oorweldig toe hy besef sy navorsing is goed genoeg om dr Mashange te word.

Hy gee erkenning aan sy familie en dosente vir hulle onwrikbare ondersteuning. ※Ek dink my akademiese sukses is te danke aan ? baie goeie ondersteuningstelsel, wat by my familie begin 每 my ma, my pa, my tante en oom, asook my broers en susters. My dosente was uiters ondersteunend. Hulle was heelpad daar vir my 每 emosioneel en finansieel. Dit was regtig ? spanpoging."

Wat die toekoms betref, neem hy dit nou stap-vir-stap. ※Ek het nie onmiddellike planne nie," s那 hy laggend. "Op die oomblik wil ek net huis toe gaan, slaap en die gradeplegtigheid saam met my gesin vier."

Op lang termyn beoog hy om sy verkenning van Afropolitaanse estetika voort te sit, moontlik ? juweliershandelsmerk te begin of na die akademie terug te keer. ※Mense vra my of ek ? akademikus of ? kunstenaar of ? juwelier is. Ek hou eerlikwaar nie van etikette nie," s那 hy. ※Ek sien myself as ? kontempor那re kunsjuwelier en ? akademikus, maar ek probeer dit nog uitwerk."

FOTO: Dr Bongani Mashange se familie het saam sy gradeplegtigheid gevier. Van links na regs is Dr Sheckie Mashange (pa), Catherine Mashange (ma), Dr Bongani Mashange, Bonginkosi Moyo-Bango (tannie) en Bernardin Bango (oom). Bongani se ma en tannie het van sy besonderse juweliersware gedra vir die geleentheid. (FOTO: Stefan Els)

Page Image:
Author: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Media Release: Yes
Visibly Featured: SU Main Carousel
Published Date: 12/17/2024
Visibly Featured Approved: SU Main Snippet;
Enterprise Keywords: #Graduation #Art #Jewellery
GUID Original Article: 8836438C-01A6-44E2-9596-80AFB158D01B
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Dr Bongani Mashange se treffende abstrakte juweelontwerpe en baanbrekersnavorsing daag konvensies uit en ontlok diskoers oor identiteit en verteenwoordiging.
Summary: Dr Bongani Mashange*s striking abstract jewellery designs and groundbreaking research challenge conventions and invites discourse on identity and representation.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Mon, 09 Dec 2024 18:52:06 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10949
Soete sukses: US-student delg studieskuld met lekkergoedverkope_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10958 Page Content:

??Phophi Mudau, 'n BCom Bestuurswetenskappe-finalejaarstudent aan die Universiteit Stellenbosch (US), het baie kilometers te voet afgel那 om pakkies lekkers te verkoop om die geld bymekaar te maak wat sy nodig gehad om haar studieskuld af te betaal en by die Desember 2024-gradeplegtigheid te gradueer.

Aan die begin van Desember, kort nadat sy gehoor het dat sy al haar vakke geslaag het en inderdaad vanjaar kan gradueer, het Phophi nog minstens 750 pakkies lekkers gehad om te verkoop om haar ambisieuse teiken van R47 000 te bereik.

Sy het haarself voorberei op 'n besige maand terwyl sy gejaag het om die oorblywende pakkies te verkoop. En toe daag die Johannesburgse radiostasie HOT 102.7 FM by haar woonplek op. Phophi het gedink hulle kom om meer uit te vind oor haar entrepreneursvaardighede, wat hulle wel gedoen het. Maar hulle het haar ook verras met die ongelooflike nuus dat hulle, as deel van hulle "Hot Cares Christmas"-veldtog, al haar voorraad sou koop 每 en sodoende haar aansienlike studenteskuld ten volle sou vereffen.

Die 23-jarige student van Limpopo s那 haar lekkergoedbesigheid was haar "laaste uitweg" om die tekort te vereffen wat ontstaan het nadat die Nasionale Finansi?le Hulpskema vir Studente (NSFAS) haar finansiering vroe?r vanjaar gestaak het.

Sy was vasbeslote om haar ma trots te maak en te gradueer, en het besluit om lekkers by Makro te koop en dit te herverpak om vir R60 'n gemengde sak te verkoop. Phophi het haar lekkers deur die jaar op verskeie sosialemediaplatforms aan studente en die Stellenbosse gemeenskap geadverteer. In hulle kommentaar het tevrede klante haar geprys vir vinnige aflewering en die ruim grootte van die sakke.

Sy het daarin geslaag om lekkers ter waarde van R18 000 met haar onderneming te verkoop, en het dikwels kilometers ver vanaf haar verblyf naby Victoriastraat op Stellenbosch na Cloetesville en omliggende gebiede gestap om bestellings af te lewer.

"Ek was soms so moeg dat ek net gehuil het."

Phophi se gesin beskik nie oor die finansi?le vermo?ns om haar te onderhou nie. Haar ma is werkloos en haar pa het hulle verlaat toe sy 'n kleuter was. Phophi het haar egter nie deur haar omstandighede laat afskrik nie en 'n manier gevind om haarself te help.

Die belangstelling in haar klein besigheid, s那 sy, was oorweldigend. "Ek het soveel wonderlike en vriendelike mense ontmoet wat my nie net finansieel ondersteun het nie, maar my ook die aanmoediging gegee het wat my so ver aan die gang gehou het. Ek is ewig dankbaar vir almal wat my inisiatief ondersteun het."

Ondanks haar eie behoefte, was die hoogtepunt van haar klein besigheid vir Phophi toe iemand lekkers vir 'n niewinsgewende organisasie vir kinders gekoop het. "Dit het my bly gemaak dat my hulp die deur vir ander geopen het om 'n bietjie vreugde te h那."

Die finalejaarstudent is deel van die Universiteit se Verlengde Kurrikulumprogram wat studente help om die akademiese vaardighede aan te leer wat hulle nodig het om hulle graad suksesvol te voltooi. Phophi het nie aan die akademiese vereistes voldoen om vir verskeie beurse te kwalifiseer nie, en het haar finansi?le toekoms in eie hande geneem sodat sy d赤t wat sy by die Universiteit Stellenbosch begin het, kon voltooi. Haar klein onderneming het vir haar loopbaandeure geopen. Phophi s那 sy het reeds 'n paar werksaanbiedinge van maatskappye ontvang met wie sy te doen gekry het terwyl sy haar lekkers verkoop het.

Hoewel sy erken dat haar akademiese reis "nie maklik was nie", weier sy om in die besonderhede vasgevang te word en s那 eerder: "Ek is dankbaar vir die reis en die pragtige dele daarvan weeg swaarder as al die slegte."

Dr Leslie van Rooi, die US se waarnemende Senior Direkteur: Studentesake, het Phophi vir haar volharding en veerkragtigheid geloof. "Ons het baie behoeftige studente en ons probeer as universiteitsgemeenskap te help waar ons kan. Maar dit is nie altyd voldoende nie. Phophi het inisiatief aan die dag gel那 en 'n manier gevind. Sy het daarin geslaag om geld in te samel terwyl sy studeer het. Hierdie vasberadenheid en veerkragtigheid is vaardighede wat haar lewenslank goed te pas sal kom. Ons is geweldig trots op d赤t wat sy bereik het en ons wens haar en haar gesin alles van die beste toe."

 

Foto: Phophi Mudau en haar ma, Thilivhali Mudau en suster, Promise Ranthete . Hulle het te danke aan Hot102.fm vanaf Limpopo gekom for Phophi's gradeplegtigheid. 


Fotograaf: Stefan Els


Page Image:
Author: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel; Student Communities Carousel
Published Date: 12/16/2024
Visibly Featured Approved: SU Main Snippet;
Enterprise Keywords: Graduation
GUID Original Article: C8F4220E-759D-46B5-8689-2D7AF3FEABA2
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Phophi Mudau, 'n BCom Bestuurswetenskappe-finalejaarstudent aan die Universiteit Stellenbosch (US), het baie kilometers te voet afgel那 om pakkies lekkers te verkoop om die geld bymekaar te maak wat sy nodig gehad om haar studieskuld af te betaal.
Summary: Burdened with considerable student debt, Stellenbosch 肆客足球 (SU) final-year BCom Management Sciences student Phophi Mudau walked many kilometres to sell packets of sweets to raise the funds she needed so that she could graduate.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Wed, 11 Dec 2024 13:12:48 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10958
Wes-Kaap se voorste onderwyser ontvang meesters by Universiteit Stellenbosch _肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10947 Page Content:

?Die Wes-Kaap se voorste onderwyser, Llewellyn van der Ross, het nooit ? loopbaan in die onderwys beplan nie. ※Ek het nie onderwys gekies nie, onderwys het my gekies," s那 hy oor die ※openbaring" wat hy in graad 12 gehad het en wat meegebring het dat hy onderwys gaan studeer het en daarna as ? graad 7-onderwyser na sy voormalige skool, Tuscany Glen Prim那r in Eersterivier, teruggekeer het.

Van der Ross, wat in Desember met ? meestersgraad in die onderwys aan die Universiteit Stellenbosch (US) gradueer, s那 sy passie vir di谷 beroep spruit uit sy liefde vir lees. ※Geletterdheid is die brug tussen ellende en hoop," s那 hy met verwysing na die woorde van die voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Kofi Annan. Lees was die vonk wat sy lewensloop verander het, verduidelik hy. ※Ek is grootgemaak deur my ma, ? enkelouer wat lang skofte in ? fabriek gewerk het om vir ons gesin te voorsien. Haar opofferings het ? diepgaande invloed op my gehad. Sy het my die waardes van harde werk en veerkragtigheid geleer en die oortuiging by my laat posvat dat onderwys deure kan oopmaak wat vir ons toe gelyk het."

Nou kan Van der Ross, wat in Wesbank in Kuilsrivier grootgeword het, deure oopmaak vir die leerders wat sy klaskamer binnestap. Hy kan homself nie in enige ander beroep voorstel nie en s那 die feit dat hy uit dieselfde gemeenskap as die leerders in sy klas te kom, gee vir hom ? voorsprong wanneer dit by onderwys kom. ※Vir my is onderwys nie bloot ? beroep nie; dit is ? roeping om ruimtes te skep waar elke kind gewaardeer, gesien en ge?nspireer voel om groter as hulle omstandighede te droom."

Hy het sy navorsing vir sy meestersgraad op die uitwerking van leerverliese gekoppel aan die 肆客足球-pandemie gefokus, met ? spesifieke fokus op leesbegrip. D赤t nadat hy opgemerk het dat baie van sy leerders kon lees, maar talle gesukkel het om met begrip te lees. ※Ek streef daarna om binne die klaskamer te innoveer deur programme soos 'Lees vir Begrip'-klubs bekend te stel en digitale storievertelling in te sluit.

Maar vir Van der Ross gaan onderrig verder as die boeke en die swartbord. In sy klaskamer streef hy daarna om die emosionele behoeftes van elkeen van sy leerders te verstaan sodat hy met begrip en empatie kan onderrig. ※Ek moet eers die hart bereik voordat ek die brein kan leer."

 


Tuscany Glen Prim那r is nie ? hulpbronryke skool nie en die leerders kom klaar sonder baie van die geriewe wat ander skole geniet. T車g is elke klaskamer gevul met inspirerende boodskappe en kleurvolle plakkate wat aspekte van die kurrikulum uitlig. Dit is duidelik dat onderwysers soos Van der Ross hulle bes doen om die skool se meer as 1 000 leerders voor te berei vir ho?rskool en daarna. Soos hy met trots vertel, het baie van sy leerders aan universiteite gaan studeer.

Van der Ross s那 hy het gekies om sy nagraadse studie aan die US te doen omdat die Universiteit ※as ? voorloper in navorsing erken word" en ※transformasie omarm het". Hy het groot lof vir sy studieleiers, prof Christa van der Walt en dr Shannon Bishop-Swart, en vir die US wat aan hom die geleentheid gebied het om ? tyd lank meertaligheid aan die Humbolt-Universiteit in Berlyn te studeer.

Hy s那 hy sal die viering van sy komende gradeplegtigheid met sy ma deel. ※Dit is moeilik om die trots en dankbaarheid wat ek voel, te verwoord. Hierdie graad verteenwoordig haar opofferings, my harde werk en die droom dat onderwys siklusse kan verbreek en ? toekoms kan bou."

Oor die erkenning deur die Wes-Kaapse regering as die provinsiale wenner van die Nasionale Beste Onderwyser-toekenning, s那 Van der Ross: ※Nooit in ? miljoen jaar het ek gedink ek sou as die beste onderwyser erken word nie. Dit was ? oorweldigende oomblik."

Terwyl die toekenning vir hom ※die w那reld beteken", hou die harde werk nooit op nie. Hy is die gelukkigste in sy heldergeel klaskamer, versier met inspirerende aanhalings en beskrywende woorde, waar hy sy liefde vir lees met kinders kan deel terwyl hy die selfvertroue by hulle kan inboesem wat hulle nodig het om te floreer.

※Elke kind verdien ? kampvegter," s那 hy met ? glimlag.?

Foto en video: Stefan Els

Page Image:
Author: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel; Education Carousel
Published Date: 12/12/2024
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel;Education Carousel;
Enterprise Keywords: Education; Graduation; Graduation
GUID Original Article: A6DAC699-6894-4F71-9199-F50236026275
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Die Wes-Kaap se voorste onderwyser, Llewellyn van der Ross, het nooit ? loopbaan in die onderwys beplan nie.
Summary: The Western Cape*s top teacher, Llewellyn van der Ross, never planned on a career in education. ※I didn*t choose teaching, teaching chose me,§ he says of the ※epiphany§ he had in Grade 12 that saw him study education and return to his former school.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Fri, 06 Dec 2024 07:57:32 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10947
US vereer Amerikaanse ekonoom met eredoktorsgraad_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10959 Page Content:

Die Amerikaanse ekonoom en ekonomiese geskiedkundige, prof Deirdre Nansen McCloskey, is deur die Universiteit Stellenbosch (US) met ? eredoktorgraad vereer by sy Desember-gradeplegtigheid. Sy het die graad Doktor in die Handel, honoris causa, Woensdag (11 Desember 2024) tydens die gradeplegtighiedseremonie vir die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe ontvang.

Die eregraad is aan McCloskey toegeken vir die manier waarop sy uit ander vakgebiede put om ekonomiese idees beter met die werklikheid te versoen, en ook vir hoe sy die invloed van ekonomiese kragte op ons beklemtoon.

McCloskey het in haar aanvaardingstoespraak genoem dat innovasies en ekonomiese vooruitgang spruit uit individuele idees eerder as kollektiewe pogings of instellings. ※In teenstelling met die manier waarop ons dikwels in nasionalistiese -of selfs rasse-terme oor ons prestasies praat, moet ons eerder aan die individu dink. Dit is die kern van die idee van humanomie."

Sy het verwys na die ontploffing van innovasie sedert 1800 en ges那 die moderne w那reld se welvaart is gewortel in die vryheid om te waag en te innoveer, 'n reg wat histories baie mense onts那 is.

McCloskey het die nuwe granduandi aangemoedig om aan te hou leer en verder as tradisionele onderwys te waag. Sy het hulle aangespoor om onregverdige wette uit te daag en hul eie idees na te streef. ※Julle het die reg om te waag, en julle moet dit gebruik. Julle opleiding is nie klaar nie. Julle moet aanhou lees, dink en praat, en bowenal waag."

Meer oor McCloskey

Prof Deirdre McCloskey word dikwels die ※gewete" van die vakgebied ekonomie genoem. Sy is bekend vir haar diepgaande ondersoek van die grondslae van di谷 vakgebied.

As ekonoom en ekonomiese geskiedkundige, word McCloskey se idees omvat deur wat sy ※humanomie" noem. D赤t herinner ons daaraan dat alle mense, hetsy wetend of onwetend, deur ekonomiese kragte be?nvloed word. Bowenal beklemtoon dit dat menslike gedrag dikwels nie tot kompakte wiskundige ekonomiese teorie? en vergelykings gereduseer kan word nie 每 iets waaraan ekonomie as vakterrein meer doelbewus moet aandag skenk.

Terwyl sy in 2008 haar sabbatsverlof by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) deurbring, skryf sy een van die boeke in haar trilogie The Bourgeois Era, waarin sy die geskiedenis van groot industri?le nasies ondersoek om die heersende narratiewe oor die oorsprong van moderne welvaart te bevraagteken. Sy bly daarna 'n vriend van die Universiteit Stellenbosch, en in 2012 keer sy terug om as geleentheidspreker by die W那reldkongres oor Ekonomiese Geskiedenis, met die Universiteit se Departement Ekonomie as gasheer, op te tree.

McCloskey is 'n uitgelese professor emeritus in ekonomie en geskiedenis, asook professor emeritus in Engels en kommunikasie aan die Universiteit van Illinois Chicago.

  • Foto: Prof Deirdre Nansen McCloskey by die gradeplegtigheidseremonie. Fotograaf: Stefan Els



Page Image:
Author: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel; Economic and Management Sciences Carousel; Alumni Carousel
Published Date: 12/12/2024
Visibly Featured Approved: Economic and Management Sciences Carousel;Alumni Carousel;
Enterprise Keywords: Graduation
GUID Original Article: E03C11CF-AA15-4AD8-A906-298C3660FCF2
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Die Amerikaanse ekonoom en ekonomiese geskiedkundige, prof Deirdre Nansen McCloskey, is deur die Universiteit Stellenbosch (US) met ? eredoktorgraad vereer by sy Desember-gradeplegtigheid.
Summary: American economist and economic historian Prof Deirdre Nansen McCloskey received an honorary doctorate from Stellenbosch 肆客足球 (SU) at its December graduation.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Thu, 12 Dec 2024 06:25:02 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10959
Karen Bruns ontvang gesogte Kanselierstoekenning_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10964 Page Content:

?Karen Bruns, Senior Direkteur van Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge (OAB) aan die Universiteit Stellenbosch (US) is met die gesogte Kanselierstoekenning bekroon vir haar uitstaande bydraes tot fondswerwing en die bou en bevordering van betekenisvolle alumni-verhoudinge aan die US.

Di谷 gesogte toekenning gee erkenning aan personeel van die US wie se loopbane getuig van volgehoue uitnemendheid in navorsing, innovasie, leer en onderrig, sosiale impak en professionele dienste.

Bruns is vereer vir haar leierskap, toewyding en impakvolle bydraes tot die US. Sy is 'n opgeleide regsgeleerde, voormalige bemarkingsdirekteur en uitvoerende hoof van 'n multimedia-uitgewery,? en lei die OAB al sedert 2015. Onder haar leiding het die Afdeling merkwaardige fondswerwingsuksesse behaal deur aansienlike finansi?le steun vir die US te verkry, en die Universiteit se w那reldwye alumni-netwerk uitgebrei.

"Ek is dankbaar om hierdie toekenning te ontvang. Dit is 'n eer om by te dra tot die Universiteit se missie deur nodige fondse te werf en ons Maties-alumni te betrek. Ek sou dit nie sonder die toewyding en harde werk van my ongelooflike span kon bereik nie. Hierdie toekenning inspireer my om aan te hou streef na uitnemendheid en ek is opgewonde om by te dra tot die toekoms van die US en om 'n blywende impak te maak."

Vir Bruns was dit ook 'n groot voorreg om by dieselfde gradeplegtigheid as filantroop en entrepreneur Wendy Ackerman erken te word. Die graad Doktor in die Filosofie, honoris causa, is toegeken aan Ackerman vir haar volgehoue filantropiese ondersteuning wat mans, vroue, kinders en die kunste reeds langer as 40 jaar baat. ?

?Fotograaf: Stefan Els

Page Image:
Author: Development & Alumni Relations
Media Release: No
Visibly Featured: Alumni Carousel; Donors Carousel; SU Main Snippet
Published Date: 12/12/2024
Visibly Featured Approved: Alumni Carousel;Donors Carousel;SU Main Snippet;
GUID Original Article: 6296693C-6590-4D44-B4E9-05C47BA49999
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Karen Bruns, Senior Direkteur van Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge is met die gesogte Kanselierstoekenning bekroon vir haar uitstaande bydraes tot fondswerwing en die bou en bevordering van betekenisvolle alumni-verhoudinge.
Summary: Karen Bruns, Senior Director of Development and Alumni Relations has been awarded the prestigious Chancellor's Award for her outstanding contributions to raising funds and building and fostering meaningful alumni relations.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Thu, 12 Dec 2024 13:47:17 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10964
Bel那 in die toekoms 每 studentesteunbeurse en -projekte_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10973 Page Content:

Suid-Afrika staar 'n jeugwerkloosheidskrisis in die gesig en opvoeding bly een van die kragtigste instrumente om dit te bekamp. Gegradueerdes van die Universiteit Stellenbosch is deurgaans onder die mees indiensneembare gegradueerdes in die land, met ons alma mater wat onder die top 250 universiteite w那reldwyd vir indiensneembaarheid onder gegradueerdes tel. Deur studentebeurse te ondersteun beteken jy help nie net jongmense om hul drome te verwesenlik nie, jy lewer ook 'n tasbare bydrae om 'n beter toekoms vir Suid-Afrika te bou.

Vir vele talentvolle studente is finansi?le struikelblokke die grootste hindernis wat toegang tot gehalte-opvoeding belemmer. Jou ondersteuning kan dit verander. Deur 'n beurs te befonds open jy deure vir verdienstelike studente en bied jy hulle die geleentheid om die w那reldklas-opvoeding te ontvang wat die US bied. As jy 'n spesifieke belangstellingsveld het, kan ons jou help om jou skenking daarvolgens te beplan. Deur tot 'n spesifieke projek by te dra, 'n fakulteit te ondersteun, of selfs beurse vir studente uit jou 'ou' koshuis te befonds, word jou ruimhartigheid in 'n impakvolle, betekenisvolle veranderingsgeleentheid omskep.

Vir alumni in die VS, Kanada, die VK, Nederland, Duitsland, en Belgi? hou skenkings aan die US bykomende voordele in. Deur die belastingaftrekbare skenkings in hierdie streke kan jy 'n verskil maak terwyl jy ook voordeel uit plaaslike belastingaansporings trek. Verken al die belastingvoordelige skenkings in jou area deur met Darryn Havenga by darrynh@sun.ac.za te gesels.

Vir alumni wat nog belasting in Suid-Afrika betaal, word die skenkings gewoonlik deur 'n artikel 18A-belastingaftrekking vergesel. Dit verseker dat jou bydraes nie net die volgende generasie Maties ondersteun nie, maar ook jou belastingaanspreeklikheid verminder.

Jou steun aan 'n beurs of spesiale projek help om te verseker dat die finansi?le struikelblokke in die weg van verdienstelike studente se ambisie en talent verdwyn. Elke bydrae, hoe groot of hoe klein ook al, help met die bemagtiging van studente sodat hulle studie kan floreer en 'n impakvolle lewe hulle beskore is.

Kom ons werk saam om die globale Maties-netwerk te verstewig en toekomstige leiers, innoveerders, en veranderingmakers op te hef. Indien jy gereed is om 'n verskil te maak, of as jy oor 'n spesifieke projek wil gesels, is ons hier om jou met als by te staan.

Page Image:
Author: Development & Alumni Relations
Media Release: No
Visibly Featured: Alumni Carousel
Published Date: 12/17/2024
Visibly Featured Approved: Alumni Carousel;
GUID Original Article: 9EDC5C5E-D3CC-40FE-8A55-39201C4278D5
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Suid-Afrika staar 'n jeugwerkloosheidskrisis in die gesig en opvoeding bly een van die kragtigste instrumente om dit te bekamp.
Summary: South Africa faces a youth unemployment crisis, and education remains one of the most powerful tools to combat that.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Tue, 17 Dec 2024 08:37:37 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10973
Van landelike wortels tot gesondheid-sorgvernuwer: Dr Vhudi Ravhutsi se missie om SA gesondheidsorg te transformeer_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10942 Page Content:

In die veranderende w那reld van Suid-Afrikaanse gesondheidsorg maak ? alumnus van die Universiteit Stellenbosch sy merk. Dr Vhudi Ravhutsi, wat sy mediese graad in 2023 voltooi het, is meer as net 'n jong dokter. Hy is vasbeslote om gesondheidsorgongelykhede regoor die land aan te pak. Sy pad van 'n landelike gemeenskap na mediese innovasie is 'n verhaal van leierskap en toewyding om betekenisvolle verandering te skep.

'n Reis van transformasie

Ravhutsi, wat in 2023 aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe gegradueer het, is alles behalwe konvensioneel. Terwyl hy gestudeer het, het hy terselfdertyd as Tygerberg Studenteraadvoorsitter gedien en leierskapsvaardighede getoon wat sy kenmerk sou word. Die kontras tussen sy plattelandse opvoeding en die stedelike mediese omgewing van Kaapstad het die rigting bepaal vir sy mees passievolle missie.

※As iemand wat in die diep landelike gebiede van Venda grootgeword het en toe medies in Kaapstad gestudeer het, het die ongelykheid van toegang tot gesondheidsorg pynlik duidelik geword," verduidelik Ravhutsi. Hierdie persoonlike ervaring het oorgesit in 'n professionele roeping〞? verbintenis om sistemiese hindernisse in gesondheidsorg dienslewering uit die weg te ruim.

Baanbrekende landelike gesondheidsinisiatiewe

Ravhutsi is tans besig om sy mediese internskap by die Mokopane-streekhospitaal in Limpopo te voltooi, en is nie tevrede daarmee om bloot geneeskunde te praktiseer nie. Hy is besig om die Landelike Gesondheidsinisiatief van Suid-Afrika (RHISA) te stig, 'n nie-winsgewende organisasie met 'n ambisieuse visie. ※Ons beoog om die volgende generasie gesondheidswetenskapleiers te kweek, openbare gesondheidstelsels te versterk en betrokke te raak by die geopolitieke landskap om billike toegang tot gesondheidsorg vir alle gemeenskappe te verseker," s那 hy.

Die organisasie weerspie?l Ravhutsi se holistiese benadering tot gesondheidsorg〞om te verstaan dat doeltreffende mediese sorg veel verder strek as kliniese behandeling. Dit vereis dat sosiale determinante, politieke strukture en sistemiese ongelykhede aangespreek word.

Leierskap en nasionale erkenning

Ravhutsi se potensiaal het aansienlike nasionale aandag getrek. In 2024 is hy aangewys onder die Gradstar Top 100, 'n gesogte toekenning wat erkenning gee aan die mees werkbare en belowende jong talente regoor Suid-Afrika. Gekies uit meer as 6 000 aansoekers, gee die toekenning erkenning aan sy leierseienskappe en werkplekgereedheid.

Sy leierskaprolle is ewe indrukwekkend. As Beleidsbestuurder vir die Internasionale Vereniging van Chirurgiese Studenteverenigings en Limpopo hoofverteenwoordiger vir die Junior Doktersvereniging van Suid-Afrika, be?nvloed hy reeds gesondheidsorgbeleid en -voorspraak op verskeie vlakke.

'n Visie vir transformerende leierskap

Die Futurelect-program versterk Ravhutsi se potensiaal verder. Ontwerp om etiese leierskap regoor Afrika te ontwikkel, het die program hom gelok met sy onafhanklike, nie-partydige benadering. ※Die gesondheidstelsel is intrinsiek gekoppel aan geopolitiek en ekonomiese sektore," s那 hy. ※Die besluitnemingstafels moet gevul word met bekwame leiers wat hierdie komplekse kruisings verstaan."

Sy toekomsplanne is ewe ambisieus. Nadat hy sy internskap en gemeenskapsdiens voltooi het, beoog Ravhutsi om gevorderde studies in Openbare Gesondheidsgeneeskunde, Globale Gesondheid en Globale Chirurgie te volg. "Ek streef daarna om 'n w那reldburger te wees, wat in staat is daartoe om my kundigheid te gebruik om ons land se dringendste gesondheidsorguitdagings op die hoogste vlakke op te los."

Page Image:
Author: FMHS Marketing & Communication 每 Wilma Stassen
Media Release: No
Visibly Featured: Medicine and Health Sciences Snippet
Published Date: 12/5/2024
Visibly Featured Approved: Medicine and Health Sciences Snippet;
GUID Original Article: 42C08B19-2402-48ED-9ECE-042C9D15314A
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: In die veranderende w那reld van Suid-Afrikaanse gesondheidsorg maak ? alumnus van die Universiteit Stellenbosch sy merk. Dr Vhudi Ravhutsi, wat sy mediese graad in 2023 voltooi het, is meer as net 'n jong dokter.
Summary: In the changing world of South African healthcare, a Stellenbosch 肆客足球 graduate is making his mark. Dr Vhudi Ravhutsi, who completed his medical degree in 2023, is more than just a young doctor.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Thu, 05 Dec 2024 08:03:22 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10942
Die krag van verbind bly met jou alma mater_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10972 Page Content:

Wanneer laas het jy jou e-posadres, fisiese adres, en selfoonnommer vir die Universiteit Stellenbosch bygewerk? Indien jy onseker is, is jy nie alleen nie. Daar is heelwat alumni wat nie besef hoe belangrik dit is om hul kontakbesonderhede tot op datum te hou nie. Het jy geweet die Alumni-kantoor stuur e-posse spesifiek volgens jou gelyste woonadres uit? As jou besonderhede verouderd is, kan jy dalk uitnodigings na funksies, netwerkgeleenthede, en streekspesifieke nuus misloop.

Om met jou alma mater en jou plaaslike alumni-tak verbind te bly gaan nie net oor nostalgie nie, dit beteken eerder om deel te bly van 'n w那reldwye netwerk wat deur wedersydse steun en gedeelde geleenthede gedy. Dink hoe goed dit sal wees om uitnodigings na eksklusiewe alumni-byeenkomste, akademiese praatjies, en kulturele geleenthede in jou area direk in jou e-posbus te ontvang. Deur jou inligting by te werk help jy om die Stellenbosch-alumnigemeenskap te verstewig en te verseker dat jy deel van 'n onderling verbonde, florerende globale Maties-netwerk bly.

Een van die beste maniere om hierdie verbintenis te ervaar is deur ons alumni-takke. Hierdie takke dien as die hub vir netwerkvorming, professionele groei, en sosiale betrokkenheid. Of dit nou 'n formele geleentheid met 'n gasspreker, 'n toevallige ontmoeting, of 'n gemeenskapsinisiatief is, die alumni-takke bring alumni op betekenisvolle maniere byeen. Dit bied die geleentheid om eendersdenkende mense te ontmoet, ervarings te deel, en jou professionele en persoonlike horisonne uit te brei.

Vir diegene wat verder verbind wil bly 每 het julle geweet ons het WhatsApp-groepe vir alumni in verskeie streke oor die w那reld heen? Hierdie groepe is 'n goeie manier om in kontak te bly en by ander Maties in die omgewing in te skakel. Sluit aan deur eenvoudig 'n e-pos te stuur aan alumni@sun.ac.za met vermelding van jou studentenommer, naam, van, selfoonnommer, en woonadres, sodat ons dataspan jou profiel kan bywerk.

As jy weer met voormalige klasmaats, kamermaats of ander alumni wil kontak maak, is ons interne platform Maties Connect net die plek vir jou. Dink daaraan as ons eie LinkedIn vir Maties. Op www.matiesconnect.com kan jy uitreik na ou vriende, netwerk met mede-alumni, vakatures adverteer, of selfs daardie volgende posisie opsoek. En die beste van als? Dis heeltemal gratis vir alle Stellenbosch-alumni.

Deur op datum en verbind te bly bevoordeel jy nie net jouself nie 每 jy dra by tot 'n sterker, meer samehangende alumni-netwerk. Saam kan ons 'n globale gemeenskap bou wat ons gedeelde erfenis vier, samewerking bevorder, en geleenthede vir elke Matie skep.

Moenie jou verbintenis met Stellenbosch en die wonderlike alumni-netwerk laat vervaag nie. Werk asseblief jou besonderhede by, sluit aan by 'n alumni-tak of 'n WhatsApp-groep, en verken die geleenthede wat deur Maties Connect op jou wag. Kom ons hou die Matie-gees lewend en voorspoedig, waar ons ook al in die w那reld is.?

  • Werk jou besonderhede by deur 'n e-pos na alumni@sun.ac.za te stuur. Onthou om jou US-nommer en huidige posadres in te sluit. 



Page Image:
Author: Development & Alumni Relations
Media Release: No
Visibly Featured: Alumni Snippet; Alumni Carousel
Published Date: 12/17/2024
Visibly Featured Approved: Alumni Carousel;Alumni Snippet;
GUID Original Article: 575778AD-EFA2-45BF-B0DD-F69D6547E5E3
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Wanneer laas het jy jou e-posadres, fisiese adres, en selfoonnommer vir die Universiteit Stellenbosch bygewerk?
Summary: When was the last time you updated Stellenbosch 肆客足球 with your current e-mail address, physical address, and mobile number?
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Tue, 17 Dec 2024 07:54:37 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10972
Aansoeke nou ingewag vir Nobantu en Thukela Gobodo doktorale gedenkbeurse _肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10968 Page Content:
  • ?Finansieringsbedrag: R200 000 per jaar vir tot drie jaar
  • Wie kan aansoek doen? Studiebeurs is oop vir aansoekers vir doktorale studie in die geesteswetenskappe en sosiale wetenskappe en sal op grond van akademiese uitnemendheid en finansi?le behoefte toegeken word.
  • Sperdatum: Aansoeke sluit 18 Januarie 2025.
  • Klik hier vir die Oproep om Aansoeke 

    Die Universiteit Stellenbosch (US) is trots om aan te kondig dat aansoeke nou ingewag word vir die eerste Nobantu- en Thukela Gobodo doktorale gedenkbeurse, wat gefinansier word deur 'n gedeelte van die gesogte Templeton-prysgeld wat vroe?r vanjaar aan prof Pumla Gobodo-Madikizela toegeken is.

    Beurs vir studie wat sosiale geregtigheid en versoening bevorder

    Die beurse, wat ter nagedagtenis na haar ouers vernoem is, is deur Gobodo-Madikizela gestig om navorsingsprojekte te ondersteun wat die transgenerasie-uitwerking van historiese trauma ondersoek en poog om paaie vir maatskaplike verandering te ondersoek. Studies wat daarop gemik is om begrip te verbreed van hoe om maatskaplike geregtigheid te bevorder en intervensies in die herstel van gewelddadige geskiedenisse en traumatiese verledes te ondersoek, sal voorrang geniet.
    Gobodo-Madikizela, die bekle?SARChI-leerstoel vir Gewelddadige Geskiedenisse en Historiese Trauma en die stigtersdirekteur van die US se Sentrum vir die Bestudering van die Nadraai van Geweld en die Soeke na Herstel (AVReQ), het R8,5 miljoen van haar Templeton-prysgeld aan die Universiteit beskikbaar gestel.
    Hiervan is R5 miljoen aan 'n skenking vir die Nobantu- en Thukela Gobodo-gedenkbeurse toegeken, wat daarop gemik is om voorpuntnavorsing te bevorder in velde wat die komplekse nalatenskap van gewelddadige geskiedenisse aanspreek.
    Volgens Gobodo-Madikizela is die beurs haar manier om haar ouers se diepgaande invloed op die waardes wat belangrik in haar lewe is te vereer. Sy s那 sy beskou die Templeton-prys as 'n se?n wat 'n geleentheid vir haar geskep het om in die voetspore van haar ouers te volg. "Die eerste gradeplegtigheid wat my ouers bygewoon en by ons huis gevier het, was vir 'n gegradueerde wie se opleiding hulle reeds van 'n vroe? stadium af ondersteun het," verduidelik Gobodo-Madikizela. "My ouers het talent ge?dentifiseer in iemand wie se ouers geen manier gehad het om sy opleiding te prioritiseer nie en hulle het hom in ons huis ingebring en sy opvoeding tot by die Fort Hare-universiteit ondersteun. In my huis was daar altyd ander kinders behalwe my broers en susters wat by ons gewoon het wie se skoolopvoeding, en in sommige gevalle professionele opvoeding, deur my ouers ondersteun is," s那 Gobodo-Madikizela.
    "Deur doktorale studente in die geesteswetenskappe en sosiale wetenskappe te ondersteun, hoop ek dat die beurse die volgende generasie geleerdes sal bemagtig om by die dringende vrae betrokke te raak om ons te help om die uitdagings te verstaan wat samelewings in die gesig staar wat deur historiese trauma geraak word, om vakkundigheid te bevorder en om by te dra tot nuwe kennisproduksie wat die openbare mening sal inlig en ons na oplossings sal lei."

    Finansier akademiese uitnemendheid in geesteswetenskappe en sosiale wetenskappe

    Elke beurs bied R200 000 per jaar vir tot drie jaar, wat studente in staat stel om ten volle op hulle navorsing te fokus sonder die finansi?le las om bykomende werk te soek. Die tweede en derde jaar van finansiering is hernubaar indien die student bevredigende akademiese vordering toon.
    Die beurs word op grond van akademiese uitnemendheid en finansi?le behoefte toegeken. Voorkeur sal aan aansoekers uit histories onderverteenwoordigde groepe gegee word.

    Aansoekproses
    Aansoeke sluit 18 Januarie 2025 en moet die volgende bevat:
  • 'n Omvattende navorsingsvoorstel (maksimum vyf (5) bladsye)
  • 'n Persoonlike motiveringsbrief wat akademiese belangstellings, belyning met die beursdoelwitte en besonderhede van finansi?le behoefte uiteensit 
  • Gesertifiseerde akademiese transkripsies
  • 'n Gedetailleerde CV wat akademiese prestasies beklemtoon
  • Twee akademiese verwysingsbriewe
  • Kandidate wat die kortlys haal, sal vir onderhoude met die beurskomitee genooi word.

Bemagtig toekomstige geslagte

Gobodo-Madikizela se werk het vakkundiges w那reldwyd ge?nspireer en stel steeds 'n ho? maatstaf vir uitnemendheid, deernis en aanspreeklikheid.

Die studiebeurse beklemtoon ook die US se rol as 'n toonaangewende instelling in die bevordering van betekenisvolle navorsing wat vorige ongeregtighede oorbrug en 'n billiker toekoms in die vooruitsig stel.

Vir meer inligting en om aansoek te doen, besoek die aansoekportaal of kontak Nugent Lewis, Direkteur: Direkteur: Opkomende Wetenskaplike Befondsing en Ondersteuning, by nugent@sun.ac.za.

 


Page Image:
Author: Corporate Communications and Marketing
Media Release: Yes
Visibly Featured: SU Main Snippet
Published Date: 12/13/2024
Visibly Featured Approved: SU Main Snippet;
Enterprise Keywords: Scholarship
GUID Original Article: C4E45DE0-11F6-4859-808B-D1F107F09F47
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Di谷 beurse word gefinansier deur 'n gedeelte van die gesogte Templeton-prysgeld wat vroe?r vanjaar aan prof Pumla Gobodo-Madikizela toegeken is.
Summary: The scholarships are funded by a portion of the prestigious Templeton Prize awarded to Prof Pumla Gobodo-Madikizela earlier this year.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Fri, 13 Dec 2024 14:11:52 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10968
Eerste waarneming van skaars sifonofoor in Valsbaai, Suid-Afrika_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10974 Page Content:

?Wetenskaplikes het die eerste gedokumenteerde verskyning van die seldsame sifonofoor Rhizophysa eysenhardtii in Valsbaai, Suid-Afrika, aangeteken.

Hierdie ontdekking, gepubliseer in die vaktydskrif African Invertebrates, brei die bekende verspreiding van die spesie uit met 450 kilometer en werp meer lig op die biologie van 'n fassinerende maar onbekende organisme. Dit beklemtoon ook die unieke en delikate biodiversiteit van seelewe langs die Suid-Afrikaans kuslyn en veral di谷 van die Groot Afrika-seewoud.

Rhizophysa eysenhardtii is 'n sifonofoor, lid van 'n merkwaardige groep mariene organismes in die filum Cnidaria, wat ook jellievisse, korale en seeanemone insluit. Sifonofore is kolonies van gespesialiseerde individue, genaamd "zo?ede", wat as een saamwerk. Hierdie spesie is tussen Junie en September 2022 deur vryduikers waargeneem.

Dr Jannes Landschoff, 'n mariene bioloog van die Sea Change Project en mede-outeur van die artikel, s那 hy en sy span het dadelik geweet dit is 'n spesiale ontdekking: "Toe ek hierdie sifofoor vir die eerste keer sien, het ek so opgewonde geraak ek kon my o? nie glo nie. Sedertdien het ek soveel meer te wete gekom van hierdie pragtige lewensvorm." Landschoff is ook as navorsingsgenoot aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Plant- en Dierkunde verbonde.

Volgens Dr Gill 肆客足球tone van die Natural History Museum in London en eerste outeur, word hierdie diere selde gedokumenteer, ten spyte van hul ekologiese belang: "Toe ek die foto's van hierdie skouspelagtige diere sien, het ek weer besef hoekom ek in die eerste plek aan hierdie groep begin werk het. Hulle is net so ongelooflik," het sy ges那. Dr 肆客足球tone is 'n spesialis in die morfologie en sistematiek van sifonofore.

Volgens Landschoff hou hierdie ontdekking bre?r implikasies in vir die verstaan van biodiversiteit in die streek. Basislyndata, soos spesieverspreidingsrekords van raar diere, speel 'n belangrike rol in die monitering van hierdie diverse en onderbestudeerde oseaanstreek. Die teenwoordigheid van R. eysenhardtii in Valsbaai, binne die Benguela-ekosisteem, kan dui op verskuiwings in die verspreiding van mariene spesies wat aangedryf word deur seestrome of omgewingsveranderinge.

Dit is belangrik om sifonofore en ander klein mariene ongewerwelde organismes te bestudeer om hul rolle in oseaan-ekosisteme beter te verstaan. Die beskerming van habitatte soos die Groot Afrikaanse Seewoud is noodsaaklik vir die behoud van hierdie spesies en die ekologiese dienste wat hulle lewer.

Hierdie studie is deel van die 1001 Seaforest Species-inisiatief, in samewerking met die Save Our Seas Foundation. Terwyl 1001 spesies gedokumenteer word, kombineer die projek mariene biologie-navorsing met storieverteltegnieke om die publiek bewus te maak van biodiversiteit se kritieke rol in menslike oorlewing en die Groot Afrikaanse Seewoud as 'n baken van biodiversiteit.

"Ons bevindinge onderstreep die nodigheid om mariene biodiversiteit te beskerm en die dokumentasie van spesies wat selde waargeneem word, te verbeter," sluit Landschoff af.?

Oorspronklike artikel

肆客足球tone GM, Landschoff J (2024) The rare siphonophore Rhizophysa eysenhardtii Gegenbaur, 1859 (Hydrozoa, Siphonophora, Cystonectae) from False Bay, South Africa. African Invertebrates 65(2): 213-221.

Skakel na die studie: [https://doi.org/10.3897/AfrInvertebr.65.136267]

Skakels

Instagram: https://www.instagram.com/seachangeproject/?hl=en

#1001species #1001seaforestspecies

Facebook: https://www.facebook.com/theseachangeproject/

LinkedIn: https://za.linkedin.com/company/sea-change-project 


Page Image:
Author: Faculty of Science (media & communication)
Media Release: No
Visibly Featured: Science Carousel; Botany ㄕ Zoology Carousel; SU Main Carousel
Published Date: 12/17/2024
Visibly Featured Approved: Science Carousel;Botany ㄕ Zoology Carousel;
Enterprise Keywords: marine biology; sophonophore
GUID Original Article: 02919EF4-3E0D-4806-9BBD-6099AF5227AC
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: ?Wetenskaplikes het die eerste gedokumenteerde verskyning van die seldsame sifonofoor Rhizophysa eysenhardtii in Valsbaai, Suid-Afrika, aangeteken.
Summary: Scientists have recorded the first documented appearance of the rare siphonophore Rhizophysa eysenhardtii in False Bay, South Africa.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Tue, 17 Dec 2024 08:45:38 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10974
Van skoonmaker tot gegradueerde 每 'n reis van deursettingsvermo? en geloof _肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10971 Page Content:

?

Aerolene Griebelaar se reis van skoonmaker in die gange van die Universiteit Stellenbosch (US) tot die oorsteek van die verhoog by die gradeplegtigheid is niks minder as inspirerend nie. N芍 jare se fyn voetwerk en bontstaan tussen werk, haar gesin en haar studie, het Griebelaar vandeesweek (Vrydag, 13 Desember) haar Baccalaureus in Teologie-graad ontvang.

Griebelaar, 'n ma van twee van Cloetesville, moes die afgelope sewe jaar 'n uitmergelende skedule handhaaf om haar studie te voltooi. As 'n skoonmaker by die Universiteit, 'n pos wat sy sedert 2017 beklee, begin haar werksdag om 07:00 en eindig dit om 16:00. Om deur haar akademiese skedule te kom, het sy n芍 werk van 18:00 tot 20:00aanlyn klasse bygewoon.

Haar akademiese reis, gemotiveer deur haar diep belangstelling daarin om geloof en spiritualiteit te verstaan, het begin toe sy vir die US se deeltydse Baccalaureus in Teologie-program ingeskryf het. "My belangstelling in teologie het op 'n vroe? ouderdom begin. Op 15 het ek 'n roeping gevoel wat my lewe as jong volwassene gevorm het, en ek het besluit om by 'n Pinksterkerk aan te sluit. Ek het selfstudie beoefen en aktief by kerkgemeenskapsaktiwiteite betrokke geraak, aanvanklik met die oog daarop om 'n maatskaplike werker te word. Daardie planne het egter nie uitgewerk nie," verduidelik sy.  

"Ek is in 2019 oorgeplaas om by die Fakulteit Teologie te werk. Die dekaan, prof Reggie Nel, het my genader oor 'n deeltydse program en my aangemoedig om dit te oorweeg om daarvoor aansoek te doen. Dit het my belangstelling geprikke en ek het besluit om my hand daaraan te waag, en s車 het 'n nuwe hoofstuk in my reis begin."

Nel is vol lof vir sy student se sukses. "Ek onthou haar positiewe werksetiek as 'n skoonmaker in die geboue van die Teologiese Fakulteit. Sy het haar werk met soveel waardigheid en vreugde gedoen. Maar sy het ook daarna gestreef om 'n belangriker rol in die samelewing te speel. Die feit dat sy reeds voltyds gewerk het en 'n lieflike gesin gehad het, het haar nie teruggehou in terme van haar ho?r roeping in die lewe nie."

Volgens Nel was die nuut ge?mplementeerde Baccalaureusgraad in Teologie as 'n deeltydse, hibriede program die ideale geleentheid vir Griebelaar aangesien dit ontwerp is om toegang vir potensi?le ouer studente te bied. "Sy het die uitnodiging en inisiatief met albei hande en 'n oop hart aangegryp. Wat ons vandeesweek met haar graduering sien, is uitsluitlik aan haar harde werk en deursettingsvermo? te danke. En aangesien sy planne het om verder te studeer, wens ons haar alle sukses toe met die uitlewing van haar roeping. Sy inspireer ons almal. Sy verskuif grense. Sy droom oor en skep nuwe toekomste."

Griebelaar moes haar studieloopbaan bestuur terwyl sy haar twee kinders 每 Chelsea Joy (agt jaar oud) en Caleb-Josh (17) 每 grootgemaak het met die onwrikbare ondersteuning van haar man, Charlton. Om n balans tussen al haar verantwoordelikhede te handhaaf was egter nie sonder uitdagings nie. Om die eise van 'n voltydse werk, ouerskap en aandklasse te bestuur, het dissipline en deursettingsvermo? vereis. "Sommige dae was uiters uitdagend, aangesien my twee kinders ook aandag vir hulle skoolwerk nodig gehad het. Ek moes 'n manier vind om hulle te help terwyl ek my eie klasse bywoon. Die kombuis het die beste oplossing geword: Ek het my skootrekenaar op die mikrogolfoond geplaas om by die klas aan te sluit, my seun het by die kombuistoonbank gewerk en my dogter het die vrieskas as haar lessenaar gebruik. Dit het my in staat gestel om hulle te help terwyl ek op die gasstoof kook," onthou sy.

"My man was ongelooflik. Hy het my ondersteun deur die kinders soggens gereed te kry en by die skool af te laai, aangesien ek reeds by die werk was wanneer hulle wakker word. Sommige aande het ek tot 23:00 op kampus gebly om my opdragte te voltooi. Naweke het ek by plekke soos die Jan Mouton-leersentrum of die Teologie-rekenaarlaboratorium deurgebring. Vrye tyd het iets van die verlede geword." Benewens die ondersteuning wat sy van haar gesin ontvang het, skryf Griebelaar ook haar sukses toe aan haar vasberadenheid en tydsbestuursvaardighede.

Ondanks die struikelblokke het Griebelaar onwankelbaar gebly om haar doelwit te bereik en het sy oomblikke van vreugde en leer deur die hele proses gevind. "Hierdie graad is meer as 'n kwalifikasie. Hierdie reis het my nader aan God gebring. Dit het nuwe w那relde oopgemaak en my uitkyk op die lewe en myself verbeter. Ek het my identiteit ontdek 每 wie en wat ek is," verklap sy trots.

"Ek sien dit as 'n uitmuntende prestasie en een van die hoogtepunte van my lewe. Om hierdie graad te ontvang is 'n groot voorreg. Al het dit 'n prys gehad, was dit op die ou einde die moeite werd."

Griebelaar beplan om op die pad vorentoe 'n gemeenskapsprojek voort te sit wat sy gedurende haar studiejare begin het. "AG Bemagtiging floreer steeds, en ek werk tans saam met 'n groep jongmense in die gemeenskap om groei en ontwikkeling te bevorder. Ek beoog om in die toekoms geleenthede in berading te ondersoek en 'n praktyk vanuit my huis te vestig. Hierdie onderneming sal my in staat stel om begrafnisdienste te verskaf en huwelike te voltrek en waardevolle dienste direk aan die gemeenskap te bied," vertel sy.

"My doelwit sal egter altyd daarop gefokus bly om betekenisvolle bydraes tot die welstand van diegene rondom my te lewer."

Foto: Stefan Els

Page Image:
Author: Steyn du Toit
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main Carousel
Published Date: 12/17/2024
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel;
Enterprise Keywords: THEOLOGY
GUID Original Article: A2B20AA7-1D66-4A5C-9573-45B8ECB10918
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Aerolene Griebelaar se reis van skoonmaker in die gange van die Universiteit Stellenbosch (US) tot die oorsteek van die verhoog by die gradeplegtigheid is niks minder as inspirerend nie.
Summary: Aerolene Griebelaar*s journey from cleaning the corridors of Stellenbosch 肆客足球 (SU) to crossing the stage at graduation has been nothing short of inspiring.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Tue, 17 Dec 2024 07:31:26 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10971
Geloof, familie en moed help dr David om haar drome te verwesenlik _肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10967 Page Content:

?Toe dr Teresa David in 2015 by die Universiteit Stellenbosch (US) aangeland het, kon sy net een frase in Engels s那: "Goeiem?re." David is gebore en geto? in Angola waar Portugees die amptelike taal is, en het nog nooit in enigiets anders as haar moedertaal gestudeer nie.

Hoewel kommunikasie aanvanklik 'n groot uitdaging by die US was, het sy haar daartoe verbind om in 'n rekordtyd Engels vlot te leer praat. Deur suiwer vasberadenheid en die ondersteuning van onverwagte mentors het sy die eerste in haar gesin geword wat gegradueer het. Sy is ook die eerste Angolese vrou wat 'n PhD in Nuwe-Testamentiese studies verwerf het.

David is in Huambo in sentraal-Angola gebore en is die vyfde kind in 'n gesin van agt broers en susters wat diep betrokke by die Evangeliese Pinksterkerk grootgeword het. Sy het in die pastorale voetspore van haar pa, Nascimento David, gevolg deur te besluit om teologie te studeer.

"My pa is my rots. Hy was nog altyd my grootste rolmodel en ondersteuner," s那 David. "Hy het ges那 hy wil h那 ek moet 'n goeie opvoeding kry sodat ek 'n loopbaan kan bou en vir myself kan sorg. Hoewel hy sou verkies het dat ek eerder in die regte studeer, het hy my nooit ontmoedig nie."

Haar akademiese reis het by die Evangeliese Teologie Ho?r Instituut in Lubango-ISTEL in Angola begin, waar sy in 2013 'n Baccalaureus in Teologie verwerf het.

Die idee om na die US te kom, is in 2014 gebore toe haar pa 'n pastoorvriend in Johannesburg besoek het." N芍 'n gesprek met sy vriend het my pa gebel om te vra of ek 'n nagraadse kwalifikasie in Suid-Afrika wou doen. Ek het ges那, ja, daar is 'n universiteit waaroor my dosente dikwels gepraat het in 'n plek met die naam Stellenbosch," vertel David.

Bemeester Engels

"Ek het nie geweet waar Stellenbosch is nie, so my pa het besluit om die dorp te besoek. Hy het dadelik op Stellenbosch verlief geraak. Hy het ges那 dit sal die perfekte plek vir my wees, want ek is jonk en gretig om myself uit te daag deur ander tale te leer."

Haar gesin het genoeg geld gespaar om David se eerste studiejaar by die US te dek. Voordat sy vir haar nagraadse diploma in Teologie geregistreer het, het sy die jaarlange intensiewe Engelse program voltooi wat deur die Taalsentrum aan die US aangebied word. "Dit was baie uitdagend, maar om die Engelse program te doen, was die beste besluit wat ek kon geneem het," s那 David. "Die kursus is uitstekend. Aanvanklik kon niemand my verstaan nie, so ek moes myself dwing om te luister en te probeer kommunikeer."

Haar gesin het ongelukkig teen die einde van 2015 teenspoed beleef wat haar studies amper ontspoor het. David se ma, Valeriana, is met 'n breingewas gediagnoseer en haar broer het tuberkulose gehad.

"My pa het my gevra om terug te kom na Angola. As gevolg van my ma en broer se gesondheidsprobleme was daar nie geld vir my om te studeer nie. Maar toe gebeur iets wonderliks. 'n Man met die naam Jo?o Baptista wat ek op die lughawe ontmoet het toe ek die eerste keer na Suid-Afrika gekom het, het kontak behou en dikwels navraag gedoen oor my akademiese vordering. Hy het 'n vriend van ons gesin geword. Toe hy my pa bel om uit te vind hoe dit met my gaan n芍 my eerste jaar, het die gesprek 'n toevallige wending geneem. Hy het uit die niet aangebied om vir ons geld te leen as my pa sukkel om my te onderhou. Ons was geskok. Ek het my pa gevra of ek eers daaroor kon bid en dink."

N芍 'n paar dae van besinning het David besluit om die aanbod van geldelike hulp te aanvaar. Dit het haar in staat gestel om haar visum te hernu en vir registrasie by die US te betaal. Teen die einde van 2015 het sy sulke fenomenale vordering gemaak dat sy winsgewende vryskutvertaalwerk van Engels in Portugees begin doen het. Hierdie inkomste het haar in staat gestel om vir die volgende akademiese jaar te registreer en die geld wat by die weldoener geleen is, terug te betaal. Gelukkig het die gesin teen daardie tyd verneem dat haar ma verkeerd gediagnoseer is en nie 'n breingewas het nie. Dit het ook beter gegaan met haar broer.

'n Begaafde student

David is in Desember 2017 met Baptista Alberto Panda getroud 每 dieselfde jaar wat sy haar meestersgraad in teologie aan die US begin het. In 2019 het sy haar meestersgraad met vlie?nde vaandels voltooi. "Nadat ek na Angola teruggekeer het, het my dosente kontak behou en dikwels navraag gedoen oor my planne om met 'n PhD voort te gaan. Ek het 'n konsepvoorstel by my studieleier gelos voordat ek weg is, en hy het reeds met regstellings begin. Dit het my gemotiveer om terug te kom."

Die besluit om vir haar PhD te registreer, is bemoeilik deur die feit dat sy in 2019 swanger geraak het. David het 'n week nadat sy aan haar seun, Alberto Weyale David Panda, geboorte geskenk het, die nuus ontvang dat sy 'n doktorale beurs ontvang het. Dit was weer eens haar pa se raad wat David oortuig het om die uitdaging aan te pak. "Gaan en sit jou studie voort. Jy hoef nie as vrou met minder tevrede te wees nie. Wat jy ook al nodig het, ons is hier om jou te ondersteun," het hy vir haar ges那.

David het in 2021 aanvanklik sonder haar man, maar met haar agt maande oue baba na die US teruggekeer. "Dit was moeilik, ook weens die 肆客足球-pandemie. Ek moes my baba by die dagsorg los terwyl ek elke dag in die biblioteek deurgebring het. Gelukkig het ek teen daardie tyd 'n goeie ondersteuningstelsel gehad 每 vriende wat vir my soos familie geword het. My seun het ook gefloreer. Hy praat nou Engels en Afrikaans. Ek probeer hom nog steeds Portugees leer!" lag David.

Haar man het later by haar op Stellenbosch aangesluit. Hy het ook teologie aan die US begin studeer en sal aanstaande jaar sy meestersgraad voltooi.

Prof Jeremy Punt van die US se Fakulteit Teologie beskryf David in sy studieleierverslag as 'n "begaafde en ywerige student". Hy loof die akademiese nougesetheid waarmee sy korrupsie, nepotisme en leierskapsdinamika in Angola deur 'n Bybelse perspektief vir haar proefskrif bevraagteken het.

Haar navorsing het dieper gedelf in hoe nepotisme en voortrekkery, eerder as meriete, dikwels besluitneming in godsdienstige instellings dryf 每 'n besonder relevante kwessie in Angola. "Wanneer mense in openbare instellings op grond van hulle verbintenisse eerder as hulle kwalifikasies bevorder word, benadeel dit maatskaplike geregtigheid," verduidelik David.

Dankbaar teenoor die US

Sy s那 sy sal altyd dankbaar wees teenoor die US vir die geleenthede wat sy gekry het en die deure wat die Universiteit vir haar oopgemaak het. "Ek het gehoor hoe mense aannames maak oor Stellenbosch en s那 dit is 'n rassistiese plek of net vir ryk mense bedoel. Ek praat uit my eie ondervinding en kan uit die diepte van my hart s那 dat daar baie goeie mense hier is.

"Studieleiers soos prof Jurgens Hendriks het 'n groot verskil in my lewe gemaak. Hy het vir my soos 'n vaderfiguur geword. Hy was redelik streng, maar hy het my gedruk om uit te blink en my potensiaal te verwesenlik," s那 David. "Ek is ook baie dank aan die Fakulteit Teologie deur die Netact-kantoor verskuldig wat my die geleentheid gegee het om as huisadministrateur by Weidenhof 14, die internasionale koshuis vir studente, te werk. Hierdie ervaring het my akademiese reis verryk en gehelp om vir my verblyf te betaal." David is so ontroer deur die hulp en ondersteuning wat sy op Stellenbosch ontvang het, dat sy besluit het om 'n boek getiteld The Angels in My Life te skryf.

Sy hoop om voort te gaan met navorsing. "Akademiese betrokkenheid maak my gelukkig. Ek sal graag iewers 'n dosent of 'n navorser wil word, maar op die oomblik hoop ek om 'n postdoktorale geleentheid te kry om myself as navorser te vestig."

Die hoogtepunt van die viering van haar akademiese prestasies aan die US was om uiteindelik haar ouers op Stellenbosch te verwelkom en hulle by haar gradeplegtigheid in die gehoor te h那. "Dit is 'n wonderlike gevoel. Ek is die eerste in my gesin wat 'n meestersgraad of 'n PhD behaal het. Nadat ek my eerste graad verwerf het, het my pa en my ma en my broers en susters ook hulle s'n verwerf. Ek dink my moed en durf het my gesin aangemoedig en ge?nspireer. Om myself uit te daag om anders te wees, was vir ons almal baie lonend."

FOTO: Stefan Els



Page Image:
Author: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Media Release: Yes
Visibly Featured: SU Main Carousel; Alumni Carousel
Published Date: 12/13/2024
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel;Alumni Carousel;
Enterprise Keywords: Graduation
GUID Original Article: 0A3ECDF7-BAC6-492E-A1E8-7A5364FCA56E
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Toe dr Teresa David haar studies aan SU begin het, kon sy net ※goeiem?re§ in Engels s那. Vandeesweek het sy haar PhD ontvang.
Summary: When Dr Teresa David started her studies at SU, she could only say "good morning" in English. This week she received her PhD.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Fri, 13 Dec 2024 13:27:18 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10967
Van bediening tot meesters op 74 每 pastoor breek skeidsmure af vir vroue in teologie_肆客足球 /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10969 Page Content:

Op 74 bewys Antoinette Erasmus dit is nooit te laat om jou passie na te streef nie. Sy het pas aan die Universiteit Stellenbosch (US) cum laude met 'n meestersgraad in teologie gegradueer. Maar hierdie akademiese prestasie verteenwoordig baie meer as net 'n uitsonderlike persoonlike mylpaal. Dit weerspie?l 'n dekades lange reis van die heroorweging van teologiese aannames, verbreding van perspektiewe en die uitdaging van die status quo oor vroue se rolle in die bediening.

Erasmus het 'n leeftyd in diens van haar geloof deurgebring, eers as die dogter van 'n pastoor, toe as die vrou van een, en uiteindelik as 'n baanbrekende vroueleier in die Apostoliese Geloofsending. Haar meestersgraad kom in 'n mylpaaljaar: Sy en haar man Dennis het onlangs hulle 50ste huweliksherdenking saam met hulle vier kinders en kleinkinders gevier.

Erasmus gee erkenning aan haar eggenoot en gesin vir hulle onvoorwaardelike ondersteuning terwyl sy aan haar meestersgraad gewerk het. "Ek het 'n wonderlike man. Van die begin van ons verhouding af het Dennis daarop aangedring dat ons gelykes is. Hy en die kinders het die afgelope paar jaar soveel vir my beteken gedurende my akademiese reis," s那 Erasmus.

Sy erken dat haar liggaam "nie altyd saamgewerk het" om vieruur die oggend wakker te word om te begin lees en skryf nie, beskou sy die geleentheid om haar meestersgraad te voltooi as "'n groot voorreg".

Hoewel Erasmus dit lank oorweeg het om verder te studeer, het haar fokus stewig op haar werk in die bediening gebly. Selfs n芍 aftrede het sy aktief gebly. Sy het voortgegaan om te preek, huwelike te voltrek, strategiese beplanningsessies te lei en aan leierskapsontwikkeling in Suid-Afrika en Zambi? te werk. Maar iets het steeds onafgehandel bly voel. Erasmus wou die dieper teologiese wortels van die uitdagings wat sy as vrou in die bediening in die gesig gestaar het, verstaan.

Nadat Erasmus en haar man van Midrand na die Wes-Kaap verhuis het om hulle aftrede te geniet, was dit 'n besoek aan Stellenbosch wat onverwags 'n deur na die akademie oopgemaak het. Terwyl die egpaar op 'n dag deur Dorpstraat gestap het, het die historiese teologiese gebou haar aangetrek. "Ek wil my meestersgraad hier doen," het sy vir Dennis ges那. "Dit lyk na so 'n lekker plek."

Erasmus is met ope arms deur die fakulteit verwelkom, veral deur prof Juliana Claassens en dr Nadia Marais, wat haar deur die program in sistematiese teologie gelei het. Sy is innig dankbaar vir die openheid wat sy by die Fakulteit Teologie ervaar het, s那 Erasmus. "Ek is aan 'n menigte nuwe perspektiewe blootgestel. Voordat ek met my navorsing begin het, het ek gevoel ek is in 'n doolhof vasgevang. Ek was gelukkig daar, maar skielik het ek uitgekom en die w那reld gesien wat God gemaak het. Dit het my oopgestel vir ander maniere van dink. Dit was nodig om die bre?r prentjie van die teologie te sien en hoe ons God verstaan."

Sy het haar ervarings om haar pad in 'n kerk 每 en 'n w那reld 每 te vind wat deur geslagsverwagtinge gedefinieer word wat vroueleiers dikwels onsigbaar laat voel, gebruik om rigting te gee aan haar teologiese navorsing oor die metafore wat ons gebruik wanneer ons oor God praat. Erasmus onthou hoe sy as 'n streeksleier in haar kerk van die impak van manlike oorheersing bewus geword het. "Ek het een van die mans daaraan herinner dat wanneer hulle na leiers verwys, hulle net oor mans praat. Ek was nog altyd gewonder oor hoe dit gekom het dat vroue nie as mans se gelyke gesien word nie."

Sulke ervarings het haar eerstehandse insae gegee in institusionele beperkings en die maniere waarop teologiese taal geslagshi?rargie? kan weerspie?l en versterk. Erasmus het vir haar proefskrif die werk van feministiese teolo? ondersoek en gefokus op Janet Soskice se metaforiese teologie en idees uit verskeie Christelike tradisies 每 Pinkster-, Katolieke, Gereformeerde, Oosters-Ortodokse en Afrika-teologie? 每 betrek.

Deur te ondersoek hoe taal teologie en kerkpraktyk vorm, het Erasmus ook die tradisionele patriargale beeld van God bevraagteken. "Die verafgoding van 'n manlike figuur is problematies. Die feministiese teoloog Mary Daly het ges那 wanneer God manlik is, is die mens God," verduidelik sy.

In 'n aangrypende gebaar het Erasmus haar tesis aan haar ma, R谷na du Rand, opgedra. Erasmus s那 sy was 'n toonbeeld van die generasie vroue wat nooit die geleentheid gehad het om hulle potensiaal te verwesenlik nie. Haar ma was intelligent, belese, meertalig en kunstig. Sy het in die akademie, musiek en skryfwerk uitgeblink, maar weens die patriargale omgewing van haar tyd het sy nooit haar potensiaal ten volle verwesenlik nie. "Laat in haar lewe, namate haar gesondheid agteruitgegaan het, het dit vir my duidelik geword dat my ma belas was met hartseer as gevolg van gemiste geleenthede vir persoonlike groei. Dit is hierdie onvervulde belofte wat ek nakom deur my tesis aan haar op te dra," s那 Erasmus.

Haar studieleier, dr Marais, verduidelik in 'n studieleier se verslag dat d赤t wat Erasmus in haar tesis ondersoek het, nie net vir haar van akademiese belang is nie, maar ook uit pastorale en persoonlike ervaring en oortuiging gebore is.

"Deel van die vreugde om Antoinette se studieleier te wees, l那 hierin: Vir haar is dit 'n onderwerp met verreikende implikasies in die kerk wat sy dien, die vroue saam met wie sy die pad stap, en die maniere waarop sy haar geloof verstaan en uitdruk," skryf Marais. "Op 'n manier het sy reeds d赤t wat sy in hierdie tesis ondersoek, in haar eie lewe ge?ntegreer 每 as vrou, pastoor en kerkleier; en dit was 'n wonderlike, verrykende deel van die proses om die proefskrif saam met haar te voltooi."

Vir Erasmus was haar doel om haar studies voort te sit, altyd gewortel in die wil om ander te help. "Ek wil nie die sertifikaat teen die muur h那 nie," beklemtoon sy. "Ek wil die kennis h那, maar dit ook toepas. Ons besoek elke jaar Zambi? om leierskapsopleiding aan te bied en te bedien. Ek hou daarvan om mense na nuwe maniere van dink en verstaan te lei. My doel was om myself te bemagtig om die pad saam met mense te kan stap en hulle te help om ons verhouding met God en ons verhouding met onsself en met ander mense te verstaan."

?Vir Erasmus is die voltooiing van haar meestersgraad nie die einde van haar akademiese ambisies nie. Sy oorweeg reeds 'n PhD, gretig om onopgeloste vrae wat deur haar studie na vore gekom het, te ondersoek. "Ek glo daar is altyd meer om te leer en vir ander te leer," s那 sy. "Soos Paulus in die Bybel s那: 'As ek aanhou lewe, moet dit vrugbaar wees'. Terwyl ek nog leef en asemhaal, wil ek aanhou om 'n verskil in mense se lewens te maak. Ek is net dankbaar dat God my die vermo? en die moed gegee het om dit op my ouderdom te doen.

FOTO: Stefan Els


Page Image:
Author: Corporate Communications and Marketing (Hannelie Booyens)
Media Release: Yes
Visibly Featured: SU Main Carousel; Alumni Carousel
Published Date: 12/13/2024
Visibly Featured Approved: SU Main Carousel;Alumni Carousel;
Enterprise Keywords: Graduation
GUID Original Article: B36C494D-9A88-40C9-B334-D3BA1BAFAC2D
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: Antoinette Erasmus bewys dit is nooit te laat om jou passie na te streef nie.
Summary: Antoinette Erasmus is proving it*s never too late to pursue your passion.
The article is now complete, begin the approval process: No
Article Workflow Status: Article incomplete
]]>
System Account Fri, 13 Dec 2024 14:57:06 GMT /afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=10969