肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
????????????????????????????????

COVID-19-infeksies

Die tabel hieronder dui die aantal personeellede en studente van die Universiteit Stellenbosch (US) aan wat, sover ons weet, die afgelope week positief getoets het vir COVID-19. Hulle is tans in selfafsondering in ooreenstemming met die US se protokols en regeringsregulasies.

Let asb daarop dat hierdie data saamgestel is uit inligting wat die US se Kampusgesondheidsdiens op al ons kampusse ingesamel het, asook uit inligting wat deur plaaslike owerhede verskaf is (dit sluit toetsuitslae van beide staats- en private laboratoriums in). Dit is egter nie ’n omvattende weerspie?ling van die COVID-19-status van alle US-personeel en studente nie, aangesien ons nie self enige toetsing doen nie.??

Aantal infeksies,  3 - 8 Mei 2022

Personeel (totale werkerskorps 3 498)

1

Studente (totale studentekorps 31 540)

?

7

?




Personeellede of studente wat bekommerd is dat hulle COVID-19 onder lede het, moet die US se Kampusgesondheidsdiens skakel (Stellenbosch 021 808 3496/3494; Tygerberg 021 938 9590; noodnommer ná ure 076 431 0305). COVID-19 is ’n aanmeldbare siekte, wat beteken dat dit verpligtend is om ’n positiewe toetsuitslag aan te meld (gebruik asb dieselfde foonnommers) sodat kontak-opsporing gedoen kan word om die verspreiding van die siekte te voorkom.

Om die pandemie te bestry, is dit verpligtend vir almal om ’n masker te dra, ’n veilige fisieke afstand van ander te handhaaf en hul hande en oppervlaktes te ontsmet. Enigiemand wat beplan om die kampus te besoek, moet Higher Health se daaglikse risikobepalingstoepassing, HealthCheck (https://healthcheck.higherhealth.ac.za/), gebruik.

Bykomende inligting

Die webblad van die South African COVID-19 Modelling Consortium Epidemic Explorer (Suid-Afrikaanse COVID-19-modeleringskonsortium se Epidemiese Verkenner) verskaf baie inligting en is toeganklik vir die publiek. Besoek sacmcepidemicexplorer.co.za???? om die webblad te gebruik.

Om spesifiek inligting oor byvoorbeeld Stellenbosch te vind, klik op “Resurgence Analysis”. Kies “Western Cape” in die “Location Selection”, en kies dan “Cape Winelands”. Klik op die subopskrifte boaan die blad om tussen verskillende aansigte en datastelle te wissel. ???

?
??