肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
? Dag in die Lewe: Diane Gahiza
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 29/05/2023

Haar rol as die Projekko?rdineerder van die Sentrum vir Maatskaplike hou Diane Gahiza baie besig. Haar lewendige belangstelling in maatskaplike geregtigheidskwessies en uitstekende mensevaardighede – asook ? goeie humorsin – help Gahiza om die lewe se uitdagings aan te pak. Ons het Mei met die gedenking van Werkersdag ingelui en ons dra hierdie reeks artikels op aan ons personeel en hul belangrike bydrae tot die Universiteit Stellenbosch (US). In hierdie onderhoud vertel Gahiza ons meer oor haar werk.

Wat behels jou rol by die US?

As Pojekko?rdineerder van die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid (SMG) hou ek toesig oor die ko?rdinering van die Sentrum, met ? spesifieke fokus op die Musa-plan vir Maatskaplike Geregtigheid. Hierdie inisiatief het ten doel om hulpbronne te mobiliseer om die erger wordende probleme van armoede, ongelykheid en werkloosheid te bestry. Ek ko?rdineer ook die kortkursussse wat die SMG dwarsdeur die jaar aanbied en help bestuur die Direkteur van die SMG, prof Thuli Madonsela, se program.

Die SMG is deel van die Regsfakulteit, so dit is lekker om deel van ? groter familie in die US te wees en met die voorste regskenners te skakel, asook met die studente wat by ons Program vir Maatskaplike Geregtigheidsambassadeurs betrokke is. Die Jaarlikse Maatskaplike Geregtigheidskonferensie en -beraad wat deur die SMG aangebied word, verg ook heelwat beplanning en organisasie. Gelukkig is ek deel van ? sterk span wat goed saamwerk. 

Hoe lyk ? tipiese werkdag? 

My dae is ? warrelwind van oproepe, vergaderings en antwoorde op e-posse van mense oor die land en wêreld heen wat prof Thuli kontak. 

Ek en my kollega, Marna Lourens, bestee ons tyd aan geleentheids- en operasionele bestuur, om sinergie? met belangegroepe te smee en verhoudings oor ? verskeidenheid van sektore heen te bou. Sommige dae is onvoorspelbaar – tussendeur vergaderings en die hantering van korrespondensie en administrasie, behartig ek ook menslike hulpbrontake en finansi?le sake. Daar word voorts heelwat logistieke re?lings agter die skerms getref vir SMG-geleenthede, soos die gereelde Social Justice Café's en die Maatskaplike Geregtigheidswandeling op 16 Junie. 

Soms reis ek saam met prof Thuli, soos toe ons onlangs Karoo toe is om die Prins Albert-gemeenskapstrustsentrum vir die Journey to Jazz-inisiatief te besoek. Dis so inspirerend om maatskaplike geregtigheidsprojekte op voetsoolvlak in aksie te sien en aktiviste te ontmoet wat ? verskil in hul gemeenskappe maak, soos Ingrid Wolfaardt. 

My werk behels ook die bywoning van talle akademiese byeenkomste en sosiale geleenthede, wat ek stimulerend en verrykend vind. 

Hoe het jou opvoeding of jou vorige ervarings jou vir hierdie rol voorberei?

Ek het nie regte gestudeer nie, maar my opleiding het my blootgestel aan ? wye verskeidenheid van onderwerpe wat my met bruikbare vaardighede in publieke administrasie, beleid, bestuur en ondersteuningsdienste toegerus het. 

Ek het nog altyd in maatskaplike geregtigheidskwessies belang gestel en het in ? omgewing grootgeword waar onderwys voorkeur geniet het. My familie is oorspronklik van Oos-Afrika en ons het in 1984 na Suid-Afrika getrek.

Ek en my twee susters is as kinders aan baie diversiteit blootgestel. Ons het saam met mense van verskillende agtergronde en met verskillende kulture en tale grootgeword en ons ouers het ? voorbeeld gestel van hoe om ? sterk sin vir respek en verdraagsaamheid te ontwikkel. Ek dink ek het my ma se mensevaardighede ge?rf, asook die vermo? om met mense vanuit alle vlakke van die samelewing te skakel. Ek probeer altyd verstaan waar mense se houdings vandaan kom. Dit help ook om ? sin vir humor te hê en jouself nie te ernstig op te neem nie. 

Wat geniet jy die meeste van jou rol en werk by die US??

Ek put groot bevrediging uit my interaksie met studente en kollegas. Daar gebeur so baie op die kampus en in Stellenbosch – dis ? ongelooflike stimulerende plek. Ek is ook mal daaroor om in ? akademiese omgewing te wees waar ek voortdurend leer en aan nuwe idees en insigte blootgestel word. 

Ek was oor die afgelope vyf jaar bevoorreg om wonderlike mense deur my werk te ontmoet en wyd te reis. Ek het prof Thuli verlede jaar na die One Young World Summit in die Verenigde Koninkryk vergesel. Nog ? hoogtepunt was die Global Leadership Summit in Swaziland, waar ek fassinerende sessies kon bywoon.Ek het staatshoofde, bekendes en van die top-akademici ter wêreld deur my werk ontmoet. 

'n Baie spesiale hoogtepunt wat ek altyd sal koester, was om prof Thuli te vergesel op ? besoek aan aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou. Dit was wonderlik om hierdie groot man oor sy lewenservarings te hoor praat. Net om in sy teenwoordigheid te wees, was ? groot eer. 

Ek word deur ons werk in maatskaplike geregtigheid ook aan talle inspirerende leiers en mense blootgestel wat my hoop vir ons land bied. 

Vertel ons iets opwindends of interessant oor jouself wat min mense sou verwag?

Ek is baie lief vir lees en skrywers van elders in Afrika fassineer my. Ek is intellektueel op Sue Nyathi en ek is gaande oor Chimamanda Adichie se boeke. Ek behoort aan ? wonderlike boekklub met ? diverse groep mense. Die jongste is 28 en die oudste 75. Ons is nie skaam om dan en wan ? wyntjie te drink nie! Ek is ook ? lid van 'n kerkkoor wat ek baie geniet, maar ek wens net ek het meer tyd daarvoor gehad.