肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Universiteit Stellenbosch- verklaring: Die korrekte feite
Outeur: Corporate Communication and Marketing / Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking
Gepubliseer: 16/04/2023

??Met verwysing na onlangse artikels wat betrekking het op Stellenbosch-alumni en die Universiteit Stellenbosch (US) Konvokasie, asook 'n verklaring wat deur die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie gesirkuleer is, moet die US verskeie feitefoute uitwys.

Dit is belangrik om daarop te let dat die Universiteit se alumni verskil van die US Konvokasie. Alumni sluit almal in wat tot en met die tweede studiejaar aan die Universiteit studeer het.? Die Konvokasie van die Universiteit bestaan uit: (a) alle persone aan wie ? kwalifikasie by ? kongregasie van die Universiteit toegeken is; (b) die rektor, die viserektore, uitvoerende bedryfshoof en die voltydse akademiese personeel van die Universiteit; en (c) voormalige voltydse akademiese personeel van die Universiteit wat die diens van die Universiteit verlaat het as gevolg daarvan dat hulle die aftree-ouderdom bereik het.

Die doel van die Konvokasie, en dus ook die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie, is volgens die Statuut van die US "om die welsyn van die Universiteit te bevorder deur ? wedersyds voordelige verhouding tussen die Universiteit en die lede van die Konvokasie te handhaaf, en mag die Raad, en die Senaat wanneer gepas, in hierdie verband adviseer". 

Volgens die Institusionele Re?ls vir die Konvokasie is die Konvokasie deel van die US-gemeenskap. Dit is nie 'n afsonderlike regsentiteit nie en kan nie teen die US litigeer nie. Ook volgens die Institutionele Re?ls help die Konvokasie se Uitvoerende Komitee die Konvokasie om sy oogmerk te bereik en sy funksie uit te voer. Die Uitvoerende Komitee gee uitvoering aan besluite van die Konvokasie.

Die Universiteit wys daarop dat die Konvokasie se Uitvoerende Komitee nie met die Konvokasie gekonsulteer het voordat die verklaring uitgereik is nie.  

Dit is verder verkeerd om te sê die Konvokasie het 'n besluit geneem om 'n mosie te bring aangesien dit nie plaasgevind het nie. Die Konvokasie moet aan die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie die magtiging gee om dit te doen.

Op grond hiervan kan 'n werknemer nie 'n besluit oor die verspreiding van 'n verklaring deur die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie neem nie, en toe die versoek van die Uitvoerende Komitee ge?skaleer is, het die Rektoraat dit nie as raadsaam geag om 'n verklaring aan die Konvokasie te versprei wat nie die vereiste proses gevolg het nie. 

Die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie bestaan uit 5 persone: die President van die Konvokasie wat as voorsitter by vergaderings van die Konvokasie dien; die Visepresident wat as Voorsitter by vergaderings van die Konvokasie dien in die afwesigheid van die President; die Sekretaris van die Konvokasie; en twee lede verkies soos uiteengesit in 3.2  in die Prosedure vir die benoeming en verkiesing van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie.

Bykomende belangrike feite om na op te let:

  • Daar is meer as 230 000 US-alumni. In hierdie geval sou dit hoogstens die vyf lede van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie wees wat moontlik aangedui het dat hulle hoogs ontevrede is soos in die media berig is. Dit kan ook nie die US Konvokasie wees nie omdat hulle nie vergader het nie en geen besluit geneem het voor die vrystelling van hierdie verklaring deur die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie nie.
  • Om bogenoemde redes kan dit ook nie die Universiteit se alumni wees wat "nie in staat was om die mosie te versprei nie" soos ook in die media berig is nie –? dit was die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie wat hul verklaring aan lede van die Konvokasie versprei wou hê.
  • Daar is ook geen "mosie van wantroue” deur die Konvokasie nie. Lede van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie het gevra dat die Rektor en Visekanselier bedank.
  • Die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie is nie in 'n posisie om 'n "amptelike opdrag" aan die Universiteit te gee om die verklaring te versprei nie. Die US Statuut en di?e Institusionele Re?ls vir die Konvokasie sit die rol en mandaat van die Konvokasie en die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie uiteen.?
  • Die interne omsendbrief aan US-personeel verlede week wat die toelating van 'n tweede familielid onder die diskresionêre plasingsbeleid?? bevestig, is deur die Universiteit versprei en nie deur die waarnemende voorsitter van die Raad, dr Nicky Newton-King, nie.
  • Met betrekking tot 'n sin in 'n News24-artikel wat lui: "Earlier this week, News24 reported that a second family member had been placed at the university without De Villiers disclosing it to the council”, wys die Universiteit daarop dat dit die Rektor en Visekanselier was wat die aandag van lede van die Uitvoerende Komitee van die Raad gevestig het op die feit dat hy sy diskresie onder dieselfde beleid en Diskresionêre Plasingsriglyne gebruik het om 'n ander familielid vroe?r in 'n program aan die US te plaas.
  • Die US Statuut is hier? beskikbaar. 
  • Die Institusionele Re?ls vir die Konvokasie is hier ?beskikbaar.