肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-wetenskaplikes eerste om nuwe ‘kraken’ Covid-variant in SA op te spoor
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie – Ilse Bigalke
Gepubliseer: 16/01/2023

In die geskiedenis van 肆客足球 sal prof Tulio de Oliveira en sy span by die Universiteit Stellenbosch saam met die Netwerk vir Genomiese Waarneming in Suid-Afrika (NGS-SA) onder sy leierskap daarvoor onthou word dat hulle eerste die Beta-variant van SARS-CoV-2 en later ook die Omikron-variant opgespoor het. Dit is op 6 Januarie 2023 bekendgemaak dat die span by die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Epidemie-reaksie en -innovasie (SERI) en die NGS-SA ook die eerste geval van die nuwe “kraken" Omicron-subvariant, XBB.1.5, in Suid-Afrika gevind het. Kraken verwys na 'n legendariese seemonster.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beskryf dit as die mees oordraagbare 肆客足球-variant tot dusver en dit is in meer as 30 lande, veral in die VSA, opgespoor. Dit is baie oordraagbaar weens 'n kragtige reeks mutasies wat dit klaarblyklik help om immuunweerstand te ontwyk en die variant help om selle binne te dring.

In sy verduideliking oor hoe die subvariant opgespoor is, het De Oliveira gesê Suid-Afrika het een van die sterkste genomiese waarnemingstelsels in die wêreld. Die NGS-SA, wat noue samewerking tussen honderde wetenskaplikes, nege laboratoriums, die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes behels, hou sedert Maart 2020 – nog voordat die eerste 肆客足球-geval in Suid-Afrika voorgekom het – veranderinge in SARS-CoV-2 fyn dop.

“Ons doen weekliks genomiese waarneming en kies lukraak 100 tot 200 monsters landwyd. Die proses bestaan daaruit om die volgorde van die genoom van die virus wat Covid veroorsaak, te bepaal en om die mutasies te bepaal wat ons in staat stel om presies vas te stel watter variant in omloop is.

“Ons het onlangs die eerste genoom van die nuwe subvariant van Omikron gevind wat tans infeksies aan die ooskus van die VSA, veral in New York, laat opvlam. Die monster is laat in Desember geneem."

Volgens die wêreldbekende bioinligtingskundige word daar konstant genomiese waarneming gedoen om te verseker dat diagnostika en entstowwe steeds doeltreffend is. “Indien ons iets buitengewoons opmerk wat moontlik 'n vlaag van infeksies kan veroorsaak, gee dit ons tyd om die gesondheidstelsel daarop voor te berei.

“Vroe? waarskuwing red regtig lewens, soos ons met die laaste vlaag van Omikron gesien het. Omdat ons die inligting voortydig gehad het, kon hospitale voorberei en verseker dat daar genoeg suurstof beskikbaar is."

Waaksaam, maar nie bekommerd nie

Volgens die US-professor is daar geen rede tot kommer op die oomblik dat XBB.1.5 'n nuwe vlaag infeksies gaan veroorsaak nie weens die lae voorkoms daarvan. “Ek verwag nie 'n groot vlaag van infeksies met hospitalisasie in Suid-Afrika nie, weens die sterk immuniteit van die bevolking en die vorige vlae van Omikron-variante.

“Indien dit vinnig toeneem en baie hospitalisasies veroorsaak (iets wat ons dink hoogs onwaarskynlik is), sal ons verseker dat die publiek deur middel van die Departement van Wetenskap en Innovasie en die Departement van Gesondheid behoorlik ingelig word. 

“Ons kommunikasieproses is baie doeltreffend en voorkom paniek onder die bevolking. Ons verskaf weekliks 'n verslag aan die toepaslike staatsdepartemente en stel die publiek drie dae later in kennis om te verseker dat die wetenskaplike inligting die publiek direk bereik.

“Op die oomblik is ons waaksaam, maar nie bekommerd dat XBB.1.5 'n nuwe vlaag sal veroorsaak nie."

Is entstowwe nog steeds doeltreffend?

De Oliveira verduidelik dat bestaande entstowwe nog steeds doeltreffend is, aangesien die nuwe subvariant nie baie van honderde ander Omikron-variante verskil nie.

“Die vlak van bevolkingsimmuniteit is hoog danksy inentings en vorige infeksies. Dit is in New York bewys, waar daar ten minste ses keer minder hospitalisasies van inge?nte en oninge?nte mense was.

“Maar 'n versterkerinenting is nog steeds belangrik vir mense wat bekommerd is oor ? nuwe vlaag van infeksies. Dit sal ernstige infeksie voorkom."

Aanbevelings en maatre?ls

Wetenskaplikes en die WGO het Suid-Afrika aangeraai om die toetsingkoers en aantal monsters wat vir genomiese volgordebepaling gestuur word, te verhoog. Die waarneming van afvalwater sal ook verhoog word om die voorkoms van 肆客足球 onder die bevolking te monitor.

Aanbevelings sluit in dat nuwe lewe in die inentingsveldtog geblaas word. “Inentings bly steeds die belangrikste maatre?l om ons teen enige subvariant te beskerm," sê die minister van gesondheid, Joe Phaahla. 肆客足球-versterkerinentings vir volwassenes gaan ook weer van stapel gestuur word.

Geen beperkings sal egter vir Suid-Afrikaners ingestel word nie en beperkings op reisigers uit ander lande wat 'n toename in gevalle ondervind, sal nie ge?mplementeer word nie.


Bykomende bron: SAUK-nuusonderhoud

Foto-onderskrif: Prof Tulio de Oliveira saam met Lucious Chabuka, 'n laboratoriumtegnoloog.

Foto deur Stefan Els?