肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
?Maties se personeelsokkerspan die kampioene by USSA-toernooi
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking - Sandra Mulder
Gepubliseer: 26/10/2022

Maties se personeelsokkerspan het onlangs koning gekraai in Universiteitsport Suid-Afrika (USSA) se Personeeltoernooi vir 2022 in Makhanda (Grahamstad). En die span sien reeds daarna uit om hul titel by volgende jaar se toernooi te verdedig.

Ricardo Isaacks, die Universiteit Stellenbosch (US) se personeelsokkerko?rdineerder, sê hul oorwinning is te danke aan harde werk en hul toewyding tot die verbetering van hul vaardighede deur oefening.

USSAStaffSoccerWinners_11.jpg

“Ons het nooit aan onsself as die beste gedink nie. Ons het bloot dwarsdeur die jaar hard gewerk, in ons koshuisliga meegeding en onsself voorberei om beter in alle aspekte van die spel te wees," het Isaacks gesê. “Toe die skeidsregter die eindfluitjie blaas en ons wen, was die spanlede in die sewende hemel. Almal was in ekstase oor die sege en ons het ons oorwinning vanselfsprekend later gevier."

Hierdie jaarlikse toernooi, wat deel van USSA se Intervarsity-personeelwelweesprogram uitmaak, is vanjaar die tweede keer gespeel. Die Universiteit van Rhodes (UR) was van 30 September tot 1 Oktober die gasheer vir die 10 Suid-Afrikaanse universiteite wat meegeding het. Hulle is in drie groepe ingedeel en Maties is gekies om teen die Walter Sisulu-universiteit (WSU) en die Universiteit van Zoeloeland te speel.

Isaacks het die US se Afdeling Welwees in die Afdeling Menslike Hulpbronne, Maties Sport en eksterne borge bedank vir hul ondersteuning en dat hulle die toernooi moontlik gemaak het.

Alvin Petersen, bestuurder van die personeelsokkerspan, het gesê USSA se intervarsity-personeelwelweesinisiatief is 'n uitstekende platform om br?e tussen interne en eksterne personeel te bou, terwyl dit ook tot die welwees van personeel bydra.

“Ons sien uit na die USSA-toernooi in 2023, want ons het iets om te gaan verdedig," het Petersen gesê.

Die gasheer vir volgende jaar is die Universiteit van Wes-Kaapland en die US hoop om ook spanne in ander sportkodes soos netbal, vlugbal en potspel in te skryf.

  • ??Die volgende universiteite het aan die tweede USSA-personeelsokkertoernooi deelgeneem: die Universiteit van Rhodes (gasheer), die Durbanse Universiteit van Tegnologie, die Universiteit van Limpopo, die Vaal-universiteit van Tegnologie, die Universiteit van Fort Hare, die Sol Plaatje-universiteit, die Universiteit van Wes-Kaapland, die Walter Sisulu-universiteit, die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Zoeloeland. 

Maties se personeelsokkerspan sluit in:

Agterste ry, van links na regs: Hugh Rhoda, Bevan Koopman, Siya Ngalo, Marel Titus, Waylin Wenn, Ricardo Isaacks, Vernon Williams, Art Magqabi, Melvin Adonis, Gary Kirsten, Alvin Petersen and Denver Anthony

Middel: Bathabile Ndevu (Maties Sport), Jerry Laka (Maties Sport), Andiswa Zwelibanzi (Maties Sport) and Shibu Mamabolo (MH Welwees)

Voor:Gerhard Jacobs, Hrothghar Lawrence, Jason Kannemeyer, Denver Loggenberg, Egon Februarie, Johnny Wenn and Sylvin Thomas

?Afwesig: Adean Schippers (MH Welwees)

Fotograaf: Stefan Els