肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gemengde Leer Ko?rdineerders: Professionele Leer Dag
Outeur: Elzette le Roux
Gepubliseer: 23/03/2022

?Die twee-jaarlikse SLT Gemengde Leer Ko?rdineerders (GLK) Professionele Leer dag het te STIAS op 9 Maart 2022 plaasgevind. Te midde van verskeie kollegas wat mekaar in-persoon vir die eerste keer hierdie jaar ontmoet, was die dag gekenmerk deur stimulerende gesprekke en die uitruil van verreikende idees. 

Nadat kollegas aan mekaar voorgestel is, het Dr Antoinette van der Merwe, Senior Direkteur aan die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking (LOV), die strategiese institusionele en afdelingprioriteite vir die jaar gedeel. Nie net setel ses van die sewe ge?dentifiseerde impakprioriteite by die LOV nie, maar het minstens vier hiervan ? direkte impak op die werk en ondersteuning wat deur GLKs aan fakulteite gebied word. Hierdie impakprioriteite sluit ondermeer programvernuwing, assessering, hibridiese leer en digitale transformasie in.

'n Virtuele besoek van Lars Willner, die Hoof Uitvoerende Beampte van 'n klein Noorweegse maatskappy genaamd Differ.Chat het ná Dr Van der Merwe se sessie gevolg. Lars is ook ko?rdineerder van ? Edubots projek wat uit ? leergemeenskap bestaan wat die beste praktyke in die gebruik van “kletsrobotte" (chatbots), met die doel om prestasie, inskakeling by en deursetkoers in ho?r onderwys te verbeter, ondersoek. Lars het kontekstuele en agtergrondinligting tot die projek gegee waarna die moontlikhede van insluiting van kunsmatige intelligensie, in die vorm van Edubots, in onderrig en leer en/of studenteondersteuning aan die US, deur kollegas bespreek is. Vir meer inligting en/of deelname aan die Edubots projek, kontak Elzette le Roux, Adviseur: Aanlyn Leer, by die Sentrum vir Leertegnologie? (SLT).

Na die teebreuk het Dr Sonja Strydom, Adjunk-direkteur Akademiese Ontwikkeling en Navorsing by die SLT, ? sessie oor die moontlikhede van ? kontekstuele akademieskap roete en opsies vir deurlopende professionele ontwikkeling (DPO) vir GLKs, gefasiliteer. Sommige van hierdie opsies en moontlikhede sluit professionele lidmaatskap, veral ten opsigte van digitale en/of leertegnologie, publikasies, akademiese netwerkplatforms, strategiese deelname aan sosiale media platforms en deelname aan relevante meningstukke, in.

Die sessie ná middagete, wat deur Magriet de Villiers, Adviseur: Leertegnologie? by die SLT fasiliteer is, was met ryke gesprekke en die deel van fakulteitstories en fokusgroepbeplanning gevul. Beste praktyke voortspruitend uit die fakulteitstories en ruimtes vir samewerking tussen GLKs in verskillende fakulteite is ook identifiseer. Die werk van GLKs in fakulteite sluit ondermeer die volgende in (maar nie beperk hiertoe nie): beplanning, insette en insluiting van digitale leertegnologie? in die kurrikulum; fasilitering van werkswinkels en/of interne fakulteitopleidingsessies; ondersteuning en hulp met verskeie SUNLearn aspekte; fasilitering van onderrigleer fokusgroepe in fakulteite; navorsing en konseptualisering van speletjies (gamification) in onderrig en leer.

Vir enige ondersteuning of hulp met gemengde onderrig en leer in die fakulteit, kontak gerus die betrokke GLK. Hiermee meer inligting oor die GLKs en die unieke ondersteuning in die verskillende fakulteite.

 

NaamFakulteitPosisieBeskrywing
Alma CoertzenRegteRegsopleiding ontwerperVoorsien advies, ondersteuning en administratiewe hulp aan akademiese personeel ten opsigte van programvernuwingsinisiatiewe, regsopleidingverwante gebruik van tegnologie en web-verwante hulpbronne in onderrig, leer en assesseringsaktiwiteite in regsopleiding. Ontwerp, implementering en administrasie van professionele ontwikkeling kortkursusse en programme in die fakulteit.
Amanda CalitzGeneeskunde en Gesondheidswetenskappe: Sentrum vir Gesondheidsberoeponderwys Adviseur: Gemengde Onderrig en SimulasiesWerk saam met vakkundiges om die interaktiewe gebruik van onderrigmateriaal te beplan en ontwerp met die doel om ? gemengde leerbenadering te integreer ter verbetering van onderrigleerfasilitering en assessering in die fakulteit. Ondersteuning aan die kliniese vaardighede laboratorium.
Brigitte PegadoIngenieurswese Adviseur: Gemengde LeerLeertegnologie spesialis wat dosente, tutors en studente ondersteun deur die ontwerp en implementering van pedagogiese begronde strategie? ten opsigte van gemengde onderrig, leer en assessering.
Delecia DavidsOpvoedkundeGemengde Leer Ko?rdineerder Voorsien tegniese en professionele ondersteuning aan akademici met die ontwikkeling van pedagogiese begronde strategie? vir aanlyn, hibridiese en gemengde onderrig, leer en assesseringsinisiatiewe.
Dr Ilse Rootman-le GrangeNatuurwetenskappeGLK: E-Leer OntwerperVoorsien ondersteuning met algemene SUNLearn navrae en opleiding, programvernuwing, projekte, ontwikkeling van modules in hibridiese leer, strategiese gesprekke verwant aan onderrig, leer en assesseringsprojekte met leertegnologie?. Navorsing in natuurwetenskappe onderrig, leer en assessering veral ten opsigte van die gebruik van leertegnologie?  Ondersteuning ten opsigte van FINLO projekontwikkelings en toepassings, AvOL voorleggings, aanbiedings en voorbereidings, eerstejaarmodule ko?rdineerder.
Jaudon FoiretGeneeskunde en Gesondheidswetenskappe: Sentrum vir Gesondheidsberoeponderwys Adviseur: Gemengde LeerWerk saam met vakkundiges om die interaktiewe gebruik van onderrigmateriaal te beplan en ontwerp met die doel om ? gemengde leerbenadering te integreer ter verbetering van onderrigleerfasilitering en assessering in die fakulteit. Ondersteun met die kurrikulum vernuwingsproses van die MBChB program.
Kanita BritsGeneeskunde en Gesondheidswetenskappe: Sentrum vir Gesondheidsberoeponderwys Adviseur: Gemengde LeerWerk saam met vakkundiges om die interaktiewe gebruik van onderrigmateriaal te beplan en ontwerp met die doel om ? gemengde leerbenadering te integreer ter verbetering van onderrigleerfasilitering en assessering in die fakulteit.
Kathryn WirthAgriWetenskappeGemengde Leer Ko?rdineerder Algemene SUNLearn ondersteuning en opleiding, ontwikkeling van die gemengde leer en hibridiese leer aanbiedinge van modules binne akademiese programme, ko?rdineer en ondersteun programvernuwingsinisiatiewe, deelname aan strategiese inisiatiewe in die fakulteit.
Kristin van der MerweMilitêre Wetenskappe: Departement vir Opvoedkundige TegnologieOpvoedkundige Tegnikus Voorsien ondersteuning aan personeel en studente ten opsigte van die Leerbestuurstelsel, leerontwerp, gemengde en digitale leer in die algemeen. Fasiliteer in die Rekenaargeletterdheid kursus vir studente in die Militêre Kollege, deelname in digitale leer en fasiliteer ori?nteringsprogramme vir studente.
Lennox OlivierLettere en Sosiale Wetenskappe Adviseur: Gemengde LeerBied ondersteuning ten opsigte van leer en onderrig met die fokus op gebruik van leertegnologie? (insluitend gemengde, aanlyn en hibridiese leer), integrasie van leertegnologie? in programme en modules, programvernuwingsaktiwiteite.
Magda BarnardEkonomiese en BestuurswetenskappeProgramvernuwing Ko?rdineerder Ondersteun en dryf kurrikulumvernuwing op beide module en programvlak. Dit sluit dikwels die gebruik van leertegnologie? in.
Dr Mariette VolschenkGeneeskunde en Gesondheidswetenskappe: Sentrum vir Gesondheidsberoeponderwys Dosent & E-Leer Portefeulje BestuurderBestuur die leertegnologiespan by die Sentrum vir Gesondheidsberoeponderwys. Sleutelfokusareas sluit ontwerp van leerervaring op die aanlyn leerplatform en dosering en supervisie in die MPhil in GWO program in.
Dr Mhaka KhozaMilitêre Wetenskappe: Departement vir Opvoedkundige TegnologieOpvoedkundige Tegnikus Voorsien ondersteuning aan personeel en studente ten opsigte van die Leerbestuurstelsel, leerontwerp, gemengde en digitale leer in die algemeen. Fasiliteer in die Rekenaargeletterdheid kursus vir studente in die Militêre Kollege, deelname in digitale leer en fasiliteer ori?nteringsprogramme vir studente.
Simbarashe PondaniTeologieGemengde Leer Ko?rdineerderTegniese en SUNLearn ondersteuning aan personeel en studente wat met die gebruik van leertegnologie? in onderrig en leer verband hou. Tegniese ondersteuning aan die hibridiese program, ondersteuning met die aanlyn leer ontwerp, programvernuwing ondersteuning.