肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Inenting ’n prioriteit
Outeur: Korporatiewe Kommunikasie / Corporate Communication
Gepubliseer: 30/08/2021

Beste kollegas en studente

Inenting 'n prioriteit

Ek wil graag aan julle terugvoer gee oor ? geskeduleerde vergadering van die Universiteit Stellenbosch (US) se Institusionele Komitee vir Bedryfsvoortsetting (IKBV) wat Vrydag 27 Augustus 2021 plaasgevind het.

Soos gewoonlik, het prof Juliet Pulliam, Direkteur van SACEMA (die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese Modellering en Analise), die vergadering ingelig oor die jongste COVID-19-verwikkelinge. Sy het bevestig dat die land steeds in die derde vlaag van die koronaviruspandemie vasgevang is en dat die aantal gevalle stadiger afneem as wat verwag is.

Dit is onwaarskynlik dat dit oor die volgende twee weke sal verander – nie in die Wes-Kaap of in die meeste ander provinsies nie. Die toename van die aantal gevalle in Stellenbosch die afgelope tyd is kommerwekkend, veral onder jong volwassenes in die ouderdomsgroep 15–25 jaar.

Ons moet dus aanhou met ons pogings om die oordrag van die koronavirus te verminder. Ons moet 'n masker dra, 'n veilige afstand van ander handhaaf, ons hande en oppervlaktes ontsmet en plekke vermy waar daar 'n samedromming van mense en swak ventilasie is.

Ons moet alle COVID-19-protokols nakom, wat insluit dat 'n maksimum van 50% van lesinglokale en ander geboue se kapasiteit tans benut mag word.

Inentings

Terselfdertyd is dit uiters belangrik om teen COVID-19 inge?nt te word. Sedert ons vorige vergadering 'n maand gelede, was daar bemoedigende vordering op hierdie gebied. Die US het sy eie COVID-19-inentingsentrum by die Lentelus-sportklub in Hammanshandweg, Stellenbosch, geopen en in ooreenstemming met die nasionale inentingsprogram, kan almal wat 18 jaar en ouer is, inge?nt word.

Ons personeel en studente het baie goed gereageer op die oproepe om inge?nt te word. Die afgelope week alleen het nagenoeg 1 000 studente hul inentings by Lentelus ontvang, en baie ander gebruik ander fasiliteite. Ek wil almal bedank wat reeds hul eerste, en sommiges ook hul tweede inenting, ontvang het. Ons moet dit almal dringend doen en ons vriende en kollegas aanmoedig om so gou as moontlik dieselfde te doen. Dit is 'n institusionele prioriteit dat alle personeel en studente inge?nt word – in die belang van gesondheid en veiligheid.

Net soos talle ander instellings en organisasies in Suid-Afrika en die res van die wêreld, ondersoek ons tans die moontlikheid om inentings verpligtend te maak. 'n Taakspan is aangestel om 'n risikobepaling te doen van die verskillende faktore wat hierby betrokke is vir personeel en studente aan die US. Die is nodig in ooreenstemming met 'n voorskrif oor gesondheid en veiligheid wat die Departement van Indiensneming en Arbeid in Junie vanjaar uitgevaardig het. Die uitkoms van die risikobepaling sal rigting gee aan ons inentingsbeleid.

In die tussentyd wil ons julle asb vra om die verantwoordelike ding te doen en so gou as moontlik ten volle inge?nt te word.

Internasionale reis

Dit word ten sterkste aanbeveel en aangemoedig dat mense hulle ten volle sal laat inent alvorens hulle na die buiteland reis. Vir sommige lande is dit 'n toegangsvereiste. Alle studente en personeel wat na die buiteland reis, moet asb die US se reisregister voltooi voordat hulle vertrek.

PERSONEELSAKE

Terugkeer van personeel na kampusse

Ons volg nog steeds 'n hibridiese model vir US-personeel, wat beteken dat werknemers afwisselend van die huis af en op kampus kan werk – ooreenkomstig hul onderskeie omgewing se werkplekplan. Die IKBV het nou meer gedetailleerde rigting verskaf. Lynbestuurders kan onder die volgende omstandighede versoek dat personeel na hul werkplek op US-kampusse terugkeer:

  1. Take wat ? fisieke teenwoordigheid vereis
  2. Take wat verrig moet word om ho?r vlakke van skakeling met kollegas en met prioriteite bevorder
  3. Fisieke teenwoordigheid op kampusse wat benodig word om spontane interaksie en uitruiling van innoverende idees te bewerkstellig en wat nie gedoen kan word indien die personeellid van die huis af werk nie
  4. Om vervreemding van die kampus as die primêre werkplek in die konteks van residensi?le universiteite te voorkom
  5. Om kohesie en samewerking onder personeel te versterk, veral ten opsigte van die induksie van nuwe personeel en studente

Ons hibridiese model behels 'n gefasseerde en funksionele terugkeer van personeel na ons kampusse, en laat ruimte vir buigsaamheid en konteks. Onthou, die basiese standpunt onder die huidige COVID-19 aangepaste risikovlak 3 is steeds dat diegene wat van die huis af kan werk, dit moet doen.

Opedag 2022

Die IKBV het 'n voorstel aanvaar dat 'n hibridiese model vir die US se Opedag aanstaande jaar gevolg word – met die institusionele geleentheid wat, net soos vanjaar, aanlyn plaasvind, gevolg deur kleiner geleenthede op fakulteits- of departementele vlak wat in persoon bygewoon word (moontlik in klusters). Die tentatiewe datum vir die institusionele geleentheid is 9 April 2022, gevolg deur geleenthede op kampus op spesifieke Saterdae gedurende die eerste semester van 2022 (afhangende van die US se rooster). Hierdie datums sal die 2023-toelatingsiklus tussen April en Julie 2022 ondersteun.

STUDENTESAKE

Aangepaste datums vir staking van studies

Die datum vir die staking van studies in die tweede semester is aangepas. Daar is nou twee datums:

  • 31 August vir studente wat nie A4-assesserings afgelê het nie; en
  • 17 September vir diegene wat A4-eksamens geskryf het.  

Die laaste dag vir die oplaai van A4-punte is 10 September, gevolg deur die goedkeuring van die Junie/Julie-eksamenpunte deur die Viserektor: Leer en Onderrig teen 14 September.

Somer-gradeplegtighede

Weens COVID-19 sal die gradeplegtighede aan die einde van die jaar weer eens 'n hibridiese model volg – met voorgraadse, honneurs- en meestersgraad-plegtighede wat aanlyn sal plaasvind, aangevul deur kleiner seremonies in persoon vir die toekenning van doktors- en eredoktorsgrade, asook die Kanseliersmedalje en -toekennings. Dit sal van 13 tot 16 Desember gehou word. Verdere inligting sal te gelegener tyd bekendgemaak word.

Studenteverteenwoordiging op die IKBV

Die verkiesing van studenteleiers vind binnekort plaas en die huidige voorsitter van die Studenteraad (SR), mnr Xola Njengele, sal vóór ons volgende vergadering sy amp neerlê. Die IKBV het mnr Njengele vir sy deelname vanjaar bedank. Hy het waardevolle bydraes gelewer en ons wens hom alles van die beste toe vir sy studies. Ons sien uit daarna om met sy opvolger saam te werk.

TEN SLOTTE

Kollegas en studente, die COVID-19 het sover 'n ho? tol ge?is, hoewel ek met dankbaarheid kennis neem van die feit dat ons met julle hulp verskeie uitdagings die hoof kon bied. Twee prioriteite staan in hierdie stadium uit: word ten volle inge?nt en kom alle COVID-19-protokols na.

Ek wens julle alles van die beste toe vir die res van die semester.

Prof Stan du Plessis
Voorsitter: IKBV