In 'n meningsartikel op Netwerk24 sê prof Wim de Villiers, US-Rektor en Visekanselier, dat daar weer baie oor taal gesê en geskryf word – in die besonder Afrikaans – by die US. Hy vra of daar werklik ? probleem is en of dit opportunisme vir politieke gewin is. Klik hier? vir die artikel op daardie blad (net vir intekenare) of lees die teks soos voorgelê hieronder.?
Daar is die afgelope ruk weer baie in die media gesê en geskryf oor taal – in die besonder Afrikaans – by die Universiteit Stellenbosch (US). Is daar werklik ? probleem, of het ons hier te make met opportunisme vir politieke gewin? Ek is oortuig dis laasgenoemde, en ek staaf graag my stelling deur my op die feite oor die US en taal te beroep.
Ek gee uit die staanspoor toe dat dinge soms skeefloop. As studente aangesê word om nie Afrikaans in sosiale verband te gebruik nie, is dit verkeerd. Dis eweneens verkeerd as studente onder druk geplaas word om nie Afrikaans te gebruik in ? kursus met spesifikasies wat wel vir Afrikaans voorsiening maak nie. Dít is nie ons beleid nie; dit is nie veronderstel om te gebeur nie. Ek is jammer daaroor; ons ondersoek dit en stel dit reg.
Dít beteken egter nie die Universiteit ondergrawe Afrikaans nie. Die US doen inteendeel meer ín en vír Afrikaans as die meeste ander universiteite. Dít is ? feit.
Kom ons kyk na nóg feite. Is die US ? Engelse universiteit? Nee, al word ons verkeerdelik so uitgebeeld. Is die US ? isiXhosa-universiteit? Duidelik nie. Ons gebruik tans betreklik min isiXhosa, hoewel ons probeer om dié taal ook as akademiese medium uit te bou. Is die US ? Afrikaanse universiteit? Nee, lank nie meer nie, en ons kán dit ook nie wees nie, hoe graag sommige ook al aan die verlede wil vasklou.
Die US is 'n toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit – onder die voorste 1% ter wêreld – met ? inklusiewe meertalige benadering. Ons is een van bitter min ho?ronderwysinstellings in ons meertalige land wat dít doen.
Ons wend Engels aan as een van ons onderrigtale omdat ons die hele bevolking wil bedien, en nie net ? bepaalde deel nie. Ons word in ? beduidende mate uit belastingbetalersgeld gefinansier, en moet dus vir almal toeganklik wees.
Terselfdertyd is Afrikaans ons ander onderrigtaal omdat ons daardeur, so ver ons moontlik kan, in ? bepaalde behoefte en vraag voorsien.
Dít beteken egter nie dat elke module van elke vak in elke studiejaar volledig in sowel Engels as Afrikaans beskikbaar is nie. Meertalige leer en onderrig is ingewikkeld en duur. Nietemin het ons in 2016, toe ons huidige Taalbeleid opgestel is, doelbewus nie die weg van eentaligheid ingeslaan nie, maar meertaligheid gekies. En ons voer ons beleid uit.
Vanjaar het 37,7% van voorgraadse studente met registrasie Afrikaans as hul huistaal aangedui, van wie 49,2% gesê het hulle verkies onderrig in Engels. Diegene met Xhosa en ander amptelike landstale benewens Engels en Afrikaans as huistaal maak vanjaar 11,5% van ons voorgraadse studentekorps uit.
Hierdie getalle weerspie?l die diversiteit van ons studente. En daar is steeds ? beduidende vraag na onderrig in Afrikaans – 20% van alle voorgraadse studente het vanjaar dié voorkeur uitgespreek.
Ons akademiese aanbod in die drie aanbiedingsvorme waarvoor die Taalbeleid voorsiening maak, het die afgelope vyf jaar min of meer dieselfde gebly. Die syfers vir 2020 het getoon dat 17,8% van klasse in parallelmedium plaasgevind het (afsonderlike Engelse en Afrikaanse strome), 63,2% in dubbelmedium (lesings in Engels, met 'n opsomming in Afrikaans) en 19% in enkelmedium (slegs Engelse of slegs Afrikaanse lesings).
Ons is tot meertaligheid verbind, want dit voeg waarde toe en verryk studente se leerervaring. As opvoedkundige instelling, is ons benadering tot taal pedagogies. Ons bemoei ons dus allereers met kennisontginning en -oordrag, met taal as die middel waardeur mense toegang tot kennis verkry.
Maar taal sigself is nie ons hooffokus nie. Dit is immers nie die primêre taak van ? universiteit, as instelling, om enige bepaalde taal te bevorder nie (hoewel akademiese departemente wat ? taal as vak aanbied wel so 'n verantwoordelikheid het). Ons hét inisiatiewe vir taalbevordering, soos die US Woordfees, ons ondersteuning van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, en ons medeborgskap van die Jan H Marais-prys vir uitsonderlike bydraes tot Afrikaans as wetenskapstaal. Maar ons hoofklem is op taal as onderrigmedium.
Ons doen dus moeite om studente se akademiese taalvaardighede te ontwikkel, soos met kursusse wat die US Taalsentrum, een van die bestes in die Suid-Afrikaanse ho?ronderwyssektor, aanbied. Ons Taalsentrum doen ook baie vertaalwerk, tolking en taalversorging, en ontwikkel drietalige vakterminologielyste.
Hoekom het die Senaat, die US se hoogste akademiese liggaam, dan onlangs ingestem dat dosente nuwe leermateriaal net in Engels beskikbaar stel, en nie ook in Afrikaans soos wat ons Taalbeleid bepaal nie? Om ? bepaalde rede én ook slegs vir ? beperkte tyd. Dit geld net die eerste semester vanjaar, en is goedgekeur as gevolg van die bykomende werklas wat die verskuiwing na meer aanlyn onderrig weens COVID-19 veroorsaak het.
Dis belangrik om tussen die implementering van die huidige Taalbeleid (van 2016) en die hersiening daarvan te onderskei. Die Senaatsbesluit hou met eersgenoemde verband, nie laasgenoemde nie. Hersiening vind vanjaar plaas volgens die voorskrif dat dit elke vyf jaar moet gebeur. Dit is ? deursigtige, deelnemende proses waartoe enigeen kan bydra – vanuit die Universiteit self én die algemene publiek. (Gaan na www.sun.ac.za/taal vir meer inligting.)
Ons Departement Afrikaans en Nederlands het onlangs in 'n ope brief in die media kritiek gelewer op die hantering van taal by die US. Dit is jammer dat die Universiteit se bestaande kommunikasiekanale nie hiervoor gebruik is nie, veral ook omdat die inligting wat versoek is wél beskikbaar is. Sedert die huidige Taalbeleid in 2017 in werking getree het, het fakulteite twee keer per jaar Taalbeleidimplementeringsverslae ingedien, en is drie oorhoofse opnames onder studente en personeellede onderneem. Al hierdie inligting word gereeld bekend gemaak en gebruik om ons implementering van die beleid te rig.
Nietemin is ons ? universiteit – ? instelling waar dialoog en debatvoering gerespekteer word. Ek het die betrokke kollegas genooi om die saak met die bestuur te kom bespreek, en sien uit na 'n konstruktiewe gesprek.
Ek is egter minder positief oor politieke partye en drukgroepe se mobilisering oor die US se Taalbeleid. Hulle steur hulle nie aan die feite nie, en slaan ook nie ag op die kompleksiteite verbonde aan die implementering van meertaligheid by ? groot ho?ronderwysinstelling nie. Hulle sweep mense op en saai verdeeldheid. Is dit vir politieke gewin in 'n verkiesingsjaar? Probeer hulle stemme werf? Ek is veral bekommerd oor die polarisering wat dit veroorsaak. Dit is onaanvaarbaar dat Maties, of enige universiteit in Suid-Afrika, as politieke speelbal en slaansak misbruik word.
Wat óók na politiekery lyk, is dat Afrikaans nie meer as inheemse taal beskou word in die Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding (DHOO) se nuwe Language Policy Framework for Public Higher Education Institutions, wat in Oktober 2020 uitgevaardig is nie. Om ons Taalbeleid hiermee te versoen, is die definisie van amptelike en inheemse tale uit die DHOO-dokument in die eerste konsep van ons hersiene Taalbeleid opgeneem. Ons het egter reeds in ons terugvoer op die DHOO-konsepraamwerk van 2018 uitgewys dat ons die siening dat Afrikaans inheems is sterk steun. Boonop sal alle universiteite die implikasies van die nuwe raamwerk moet verreken. Ek het reeds die saak onder Universiteite Suid-Afrika se aandag gebring.
Die US is ongetwyfeld ? bate vir die land en ál ons mense. Dít is pas weer bewys met ons gradeplegtighede vandeesweek, waarmee ons die akademiese jaar 2020 formeel afgesluit het. In uiters moeilike omstandighede verlede jaar het ons daarin geslaag om gesogte US-kwalifikasies, waaronder 270 doktorsgrade, aan 9 079 studente te verleen – van die meeste in die land. Ons is trots op ons bydrae tot menslike ontwikkeling en gaan graag langs hierdie weg saam met ál ons belanghebbendes vorentoe.
* Prof Wim de Villiers is Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch.