Vleiswetenskaplike dr. Cletos Mapiye van die Departement Veekundige Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch is een van drie Afrika wetenskaplikes wat 'n 2020 Young African Researchers-toekenning ontvang het van die Arabiese Republiek van Egipte se Akademie vir Wetenskaplike Navorsing en Tegnologie.
Dr. Mapiye het lof vir sy navorsingswerk in die kategorie landbou en voedselwetenskappe ontvang. Toekennings is ook gemaak in die kategorie? gesondheids- en farmaseutiese wetenskappe, en water-, energie- en omgewingswetenskappe.
Dr. Mapiye is tans die waarnemende toesighouer van die SARChI-leerstoel in Vleiswetenskap: Genomika tot Nutriomika in die Departement Veekundige Wetenskappe. Hy is ook lid van die navorsingsprogram vir volhoubare landbou en voedselsekerheid aan die US, waar hy reeds sedert 2013 as akademikus werksaam is. Hy bied Vleiswetenskap vir voorgraadse studente en volhoubare diereproduksie vir nagraadse studente, aan. Hy was die studieleier van 7 PhD- en 9 MSc-gegradueerdes, en het al meer as 100 artikels aan internasionale beoordeelde vaktydskrifte help lewer.
Hy was 'n nadoktorale genoot by Agriculture & Agri-Food Canada (AAFC) aan die Lacombe Navorsings- en Ontwikkelingsentrum in Kanada en het ook aan die Universiteit van Rwanda en die Bindura Universiteit van Wetenskapsonderrig in Zimbabwe klas gegee. Hy het sy loopbaan in 2003 as navorsingsbeampte by die Grasslands Research Station van die Departement Navorsing en Spesialisdienste in Zimbabwe begin.
Dr. Mapiye het in Zimbabwe in die landelike gebied van Mhondoro grootgeword. Van jongs af het hy eerstehands by sy pa, 'n kleinboer, geleer hoe om hoenders, bokke en beeste te versorg. Dit is as gevolg van hierdie agtergrond, vertel dr. Mapiye, dat hy soveel tevredenheid daaruit put om met veral kleinboere saam te werk en om te sien hoe sy pogings hulle help om beter met vee te boer.
Dr. Mapiye het 'n BSc Landbou in Veekunde met lof en 'n MSc in Veekunde (2004) aan die Universiteit van Zimbabwe voltooi. Dit was hier waar sy paaie die eerste keer gekruis het met prof. Kennedy Dzama, wie tans 'n uitgelese professor in Veekundige Wetenskappe aan die US is. Hy het dr. Mapiye se belangstelling in die veekunde dissipline aangevuur. Prof. Dzama was ook dr. Mapiye se studieleier tydens sy PhD-jare. Hy het sy doktorsgraad in 2010 aan die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap behaal.
Sy navorsing, ontwikkelingswerk en kapasiteitsuitbouing om die volhoubaarheid van voedsel- en landbousisteme, voedselsekerheid en armoedeverligting te bewerkstellig is die eerste keer in 2017 deur 'n Young Scientist-toekenning in die landbou en voedselsekerheidsektor deur The World Academy of Sciences ( TWAS) se streekkantoor vir Afrika suid van die Sahara, erken. "In my navorsing probeer ek nuwe strategie? vind om die volhoubaarheid van vleisproduksie en -verbruik te verbeter," verduidelik hy. "Die navorsing dek verskillende veeproduksiestelsels en wissel van kommersi?le tot kleinskaalse en komplekse bestaanstelsels."
Hy is veral ge?nteresseerd in hoe veranderinge aan die di?te van vee die vetsuursamestelling van hul vleis verander, en uiteindelik selfs tot voordeel van diegene wat dit eet kan wees. "Dit gaan daaroor om die prestasie van diere en die kwaliteit van hul vleis te verbeter deur verskillende soorte voer te gebruik," verduidelik hy sy belangstelling in dierevoeding en vleiswetenskap.
Hy bestuur tans 'n projek wat op die Welgevallen Proefplaas van die SU se Fakulteit AgriWetenskappe uitgevoer word. Daardeur word die waterbehoeftes van inheemse Suid-Afrikaanse skaaprasse soos Damara-, Pedi-, Namakwa- en Swartkopskape bepaal. Die navorsing word moontlik gemaak deur befondsing wat van die Waternavorsingskommissie bekom is.
Dr. Mapiye en sy studente eksperimenteer ook met hennepsaadkoeke om te sien of sulke byprodukte waarde het as 'n alternatiewe voerbron en vleispreserveringsmiddel. Hierdie projek is deel van 'n inisiatief van die SARChI in Vleiswetenskap, en word gefinansier deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie en deur die Nasionale Navorsingstigting geadministreer.
Hy was in onlangse jare ook betrokke by projekte wat die potensiaal van vrugte-by produkte (soos druiwedoppe en sitruspulp) om as alternatiewe voerbronne vir skape en beeste gebruik te word en ook potensiaal die rakleeftyd van vleis te verleng. "Die projek is in 2015 begin en is ge?nspireer deur die droogtes wat ons toe ervaar het. Ek wou kyk of mens vir veral boere in die Wes-Kaap kon help om alternatiewe voeropsies te identifiseer," verduidelik hy.
Sy navorsingsgroep het onlangs 'n stelseldinamika-model ontwikkel om die volhoubaarheid van produksiestelsels met klein insette vir herkouers, te evalueer. Die model word tans deur ontwikkelingsagente en beleidmakers in Suider-Afrika gebruik.
“My werk oor die gebruik van plantgebaseerde byprodukte wat ryk is aan fitochemikalie? as aanvullings vir veevoer en natuurlike vleispreserveermiddels, word in Suid-Afrika toegepas. Sommige plaaslike boere, voerkrale en voermaatskappye het byvoorbeeld plant byprodukte begin gebruik as goedkoper voeraanvullings en vleispreserveermiddels. "