肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gertrud Meissner-toekenning vir TB navorser
Outeur: Susan Erasmus
Gepubliseer: 19/09/2019

?Professor Grant Theron van die FGGW se Afdeling Molekul¨ºre Biologie en Mensgenetika het onlangs die Gertrud Meissner-toekenning ontvang van die Europese Vereniging vir Mikobakteriologie (European Society for Mycobacteriology). 

Hierdie is 'n toekenning wat jaarliks gemaak word aan wetenskaplikes wat uitstaande navorsing doen in die veld van mikobakteriologie in die vroe? fase van hulle loopbane. 

Hierdie is nie die eerste keer wat Theron vir sy navorsing erkenning ontvang nie ¨C hy het in 2015 reeds erkenning ontvang vir sy werk van die Nasionale Navorsingstigting, en het ook in die verlede ontwikkelingstoekennings ontvang van die Wellcome Trust en die Mediese Navorsingsraad. 

Die Gertrud Meissner-toekenning bestaan uit 'n herdenkingsmedalje, 'n toekenningsertifikaat en prysgeld van 2000 €. Theron het dit ontvang vir sy algehele bydrae tot die veld. 

"Ek het gefokus op die werk wat gedoen is met die evaluering van nuwe TB diagnostiese metodes wat vir die eerste keer binne 'n Afrika opset gebruik is, hoe die impak van hierdie toetse gemeet kon word, asook maniere om die diagnose van middelweerstandige TB te verbeter om sodoende die gapings te vul in die TB-sorgkaskade (en om sodoende die pasi?nte te verminder wat binne die sisteem verlore raak)," het Theron ges¨º. 

Hy het verder uitgewy en ges¨º dat hy ook aangedui het hoe hierdie werk globale beleidsprosesse be?nvloed het, wat daartoe gelei het dat die WGO die nuwe toets onderskryf het. Dit kon daartoe lei dat nasionale gesondheidsprogramme die nuwe tegnologie aanvaar. Hy meld, byvoorbeeld, die werk wat hulle gedoen het oor MTBDRsl, die enigste vinnige toets vir tweede-linie middelweerstandigheid, wat nou die standaard van sorg is. 

So wat beteken die toekenning vir hom op 'n persoonlike vlak? 

"Persoonlik is dit betekenisvol en bevestigend met betrekking tot die navorsing wat ons gekies het om te doen. Erkenning soos di¨¦ van 'n internasionale vereniging is 'n bewys van die ho? kwaliteit en die hoogs relevante navorsing (op die gebied van openbare gesondheid) wat by die Universiteit Stellenbosch en in Suid-Afrika gedoen word ¨C navorsing wat dikwels onder moeilike omstandighede plaasvind. 

"TB is die grootste oorsaak van sterftes in Suid-Afrika, en w¨ºreldwyd is dit die grootste enkele aansteeklike oorsaak van sterftes. Baie gevalle van TB en die meeste gevalle van middelweerstandige TB word nooit gediagnoseer nie. My navorsing fokus op die vind van pragmatiese oplossings om die diagnose van TB te verbeter (beide deur middel van kliniese evaluasies in die veld en ook hoe om die laboratorium ten beste te gebruik) asook die diagnose van middelweerstandige TB (om seker te maak dat pasi?nte vinniger meer effektiewe middels toegedien word)," het hy bygevoeg.