'n Artikel wat deur twee kollegas aan die Sentrum vir Gesondheidsberoepe-onderwys (SGBO) in die Medical Education gepubliseer is, het aan hulle die Henry Walton-toekenning besorg.
Dit beteken die betrokke artikel was só gewild dat dit in 2018 in een van dié joernaal se twee kategorie? maandeliks gemiddeld die meeste kere van die internet afgelaai is.
Die Medical Educator laat twee keer per jaar korter artikels in die addendum “Really Good Stuff: lessons learned from innovation in Medical Education" toe. Die nuus dat dr Elize Archer en me Ilse Meyer se artikel in hierdie kategorie oor 'n jaartydperk die meeste afgelaai is, is begin Julie amptelik op die jaarlikse kongres van die Vereniging vir die Studie van Mediese Onderwys in Glasgow, Skotland, bekend gemaak.
"Al is internasionale opvoeders ons op sekere gebiede voor, toon die toekenning dat ons werk in Suid-Afrika innoverend genoeg is dat dit groot getalle lesers kan trek. Dit is 'n baie groot pluimpie," was Archer, hoof van die Simulasie- en Kliniesevaardighede-eenheid (SKVE) aan die SGBO, se reaksie.
Archer en Meyer, 'n navorsingsassistent aan die SGBO, het die artikel Teaching empathy to undergraduate medical students: 'One glove does not fit all' gegrond op die bevindinge van hul navorsingstudie onder derdejaar- mediese studente op die Tygerberg-kampus. Dit was gemik op 'n onderwysintervensie wat moontlik was danksy 'n genootskap wat die Sentrum vir Onderrig en Leer aan die Universiteit Stellenbosch aan Archer toegeken het vir die tydperk 2017-2019.
Die intervensie maak deel uit van die mediese studente se kliniesevaardighede-kurrikulum en het die kweek van empatiese kommunikasievaardighede ten doel - iets waarna mediese skole wêreldwyd streef omdat daar aanduidings is dat empatie potensieel afneem soos mediese studente met hul studie vorder.
"Net in die lig van die debat oor of dit enigsins moontlik is om vir mense empatie aan te leer, was dit al klaar 'n uitdaging," sê Archer. "Ons het met groot moeite bepaal wat na ons mening die komponente is wat ons dink studente wél kan aanleer."
Sy verduidelik dat hulle met kliniese empatie 'n onderskeid tref tussen die emosionele of affektiewe komponent en die kognitiewe komponent. Die kognitiewe gedeelte is vaardighede wat vir enige mens geleer kan word. "Ons het na aanleiding van 'n bre? literatuur-ondersoek verskeie leeraktiwiteite ge?dentifiseer wat tydens die derdejaars se kliniese rotasie as intervensie sou dien."
Dit gebeur in klein groepies in die SKVE en daar word onder meer gefokus op luistervaardighede, bewustheid en interaksie met 'n gesimuleerde pasi?nt. ? Leeraktiwiteit wat die studente in hul eie tyd aanlyn op SUNLEARN moet voltooi, maak ook deel hiervan uit.
Met die navorsingstudie is studente gevra hoe hulle hierdie leersessies ervaar het.
"Heelwat studente het kwesbaarheid, wat essensieel is vir empatie, ontstellend gevind. Hulle het egter waarde geheg aan die gefokusde aandag wat met werk in klein groepies gepaardgegaan het asook die individuele terugvoering wat hulle gekry het.
"Ons kon nie bepaal watter van die verskeidenheid aktiwiteite goed of sleg was nie," sê Archer. "Die een student sou hou van XYZ, maar 'n ander een se ervaring sou presies die teenoorgestelde wees.
"Uit die terugvoering was ons hoofgevolgtrekking dus dat een handskoen nie vir almal pas nie. Dit is waar dat mense verskil, nie net pasi?nte nie, maar ook dosente en studente. En omdat die studente se terugvoer oor die aktiwiteite so verskillend was, blyk dit belangrik te wees om 'n verskeidenheid van leer- en onderrig-strategie? in te span wanneer inisiatiewe soos hierdie ge?mplementeer word."
Onderskrif: Me Ilse Meyer? en dr Elize Archer.