肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stuttgart Uitruil Student besoek UCM
Outeur: Billy Boshoff
Gepubliseer: 05/10/2017

Robert Hemmeter, 'n MSc student ingeskryf by die Universiteit van Stuttgart, het besluit om sy projek te doen in die laboratoria van die Eenheid vir Konstruksie Materiale (UCM), Departement van Siviele Ingenieurswese, Universiteit Stellenbosch. Hy het Stellenbosch besoek van Oktober 2016 tot Julie 2017. Die onderwerp van sy projek is die buig vermoeiing van vooraf gekraakte vesel versterkte beton balke.

Werk in hierdie veld is skaars in die literatuur en Robert sal die eerste persoon wees wat gaan publiseer oor die effek van verskillende kraakwydtes van voorafgekraakte veselversterkte beton balke getoets met sikliese belasting in buig. Hy het gewys dat die kraakwydte wat vooraf gekraak is 'n beduidende invloed het op die kapasiteit van vermoeiing en dat hoe groter die krake, hoe minder die siklusse wat dit kan hanteer. Deur tegnieke soos 'n CT X-straal te gebruik het hy ook getoon dat die falingsmeganisme van die vesels ook verander wanneer die statiese en sikliese toetse vergelyk word.

Sy werk is nou die begin punt van 'n aantal nagraadse studente wat werk gaan doen in hierdie veld van die vermoeiing van gekraakte veselversterkte beton.

Foto: Robert Hemmeter, CT X-straal van veselversterkte beton