肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hannah en Cheslin – parlement betuig medelye
Outeur: Korporatiewe Kommunikasie / Corporate Communication
Gepubliseer: 26/05/2017

Die Parlement het Woensdag (31 Mei 2017) sy meegevoel betuig by die dood van ? Matiestudent, me Hannah Cornelius, wat die afgelope naweek vermoor is. Mnr Cheslin Marsh, 'n medestudent wat saam met Hannah in Birdstraat, Stellenbosch, gekaap is, is ook spoedige beterskap toegewens.

Aan die woord was me Connie September, die nuwe voorsitter van die 'n lid van die Parlement se portefeuljekomitee oor ho?r onderwys en opleiding. Die Universiteit Stellenbosch (US) het Woensdag ? opvolgvergadering met die komitee gehad ná hul vorige ontmoetings in Maart 2016 en September 2015.

Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, het gesê die voorval het die US geskok en die Universiteit doen alles moontlik om bystand te verleen.

Veiligheid en sekuriteit is onder die sake waaroor die US gevra is om verslag te doen. Klik hier vir die US se volledige voorlegging.

"Ons studente en personeellede se veiligheid is vir ons van die grootste belang," het me Nicolette van den Eijkel, Hoofdirekteur: Fasiliteitsbestuur, gesê.

"Dat ons op Stellenbosch ? oop kampus het, is ? uitdaging. Dit stel ons bloot aan voortdurend veranderende eksterne veiligheidsomstandighede. Daarom werk ons ten nouste saam met die polisie, die munisipaliteit en misdaadvoorkomingsforums in die gemeenskap."

? Strategiese vennootskap met hierdie partye is volgens Van den Eijkel een van die pilare waarop die US se veiligheidstrategie berus. Nóg een is om ? goed ingeligte, aktiewe en waaksame kampusgemeenskap te hê.

"Ons het verskeie studenteveiligheidskomitees, en hulle funksioneer goed."

In haar voorlegging het mx Lynshay Julies van die Studenteraad (SR) gesê studente gebruik toenemend sosiale media om met mekaar en Kampussekuriteit in verbinding te bly.

Sy het gevra vir ? veiligheidskollokwium tussen verskillende rolspelers in die stryd teen misdaad.

  • Die SR het ? nagwaak gere?l ter nagedagtenis aan gestorwe studente. Dit vind op Donderdag 1 Junie om 20:00 in die Wimbledon-vierkant agter die koshuis Irene plaas. Studente en personeellede word aangemoedig om dit by te woon.