肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skep ‘n Afrika vir die mense van Afrika
Outeur: Wilma Stassen - FMHS / FGGW
Gepubliseer: 27/05/2016

?Daar was 'n sterk beroep op universiteite in Afrika om saam te werk aan oplossings vir die kontinent by vanjaar se Afrika-dag feesvieringe by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) van die Universiteit Stellenbosch.

Op Afrika-dag, wat op die herdenking van die stigting van die Afrika-unie (25 Mei) gevier word, het die Fakulteit 'n simposium gehou getiteld Universiteite in 'n Afrika-konteks: Die Dekonstruksie van  Betekenis en Impak, waar 'n verkeidenheid sprekers - wat strek van transformasie- en ho?r onderwys-kenners, tot studentegroepe – praatjies gelewer het en samesprekings gehou het oor die rolle van en uitdagings vir universiteite op die Afrika-kontinent.

Die dekaan van die FGGW, prof Jimmy Volmink, het gesê die huidige tendens in navorsings is dat navorsers van Afrika meestal saamwerk met instansies in Noord-Amerika en Europa, in plaas van ander instansies in Afrika.

"Afrika-wetenskaplikes werk nie saam met mekaar nie, nie eers met siektes soos MIV wat baie mense in Afrika raak nie – die meeste samewerking vind plaas met mense buite die kontinent. En dan mens kan jouself sekerlik afvra wie bepaal dan die navorsingsagenda?" het Volmink gesê.

Om navorsing tussen Afrika-wetenskaplikes te bevorder stel hy voor dat navorsingskapasiteit op die kontinent ontwikkel word, en groter toewyding getoon en belegging in navorsing gedoen word deur Afrika-leiers en industrie?.

In hulle praatjie getiteld Dekolonialisering van Gesondheisberoepeonderwys in Suid-Afrika, het profs Harsha Kathard (Universiteit van Kaapstad) en Mershen Pillay (Universitet van KwaZulu-Natal) aangevoer dat alhoewel kolonialisme be?ndig is, duur "kolonialiteit" (paradigmas wat geskep is deur kolonialisme, soos patriargie) steeds voort. Hulle het 'n beroep gedoen op die skepping van kennis wat toepaslik is in die Afrika-konteks.

Die studente-aktivistegroep, die Decolonise Tygerberg Collective, het ook hul ongelukkigheid uitgespreek oor die tradisies en omgewing wat die koloniale verlede van die universiteit beklemtoon en 'n beroep gedoen vir meer erkenning van die US, asook die gesondheidsberoepe, se Afrika-afkoms.

Prof Pumla Gobodo-Madikizela, die US Navorsingsleerstoel vir Geskiedkundige Trauma en Transformasie, het die onlangse ontploffing van ras-gedrewe woordewisselings op sosiale media ondersoek, en haar kommer uitgespreek oor die hoeveelheid rassisme wat steeds in Suid-Afrika heers – selfs onder generasies wat nooit deel uitgemaak het van apartheid nie. Sy het 'n beroep gedoen dat meer stappe gedoen moet word om rassisme te oorkom.