肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Taakspan aangewys om verkragtingskultuur te ondersoek
Outeur: Corporate Marketing/ Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 10/03/2016

Die Universiteit Stellenbosch (US) neem geruime al tyd sterk standpunt in teen alle vorm van seksuele wangedrag en geweld teenoor vroue. Die Rektor se Bestuurspan (RBS) het dus met kommer kennis geneem van onlangse klagtes van ? verkragtingskultuur by die instelling. Daar is besluit om ? Taakspan aan tes stel om verkragtingskultuur dringend te ondersoek en die nodige aanbevelings gemaak kan word.

Die RBS het tydens sy weeklikse vergadering op 8 Maart 2016 die Universiteit se benadering van zero verdraagsaamheid teenoor seksuele wangedrag herbevestig. Verkragting is ? ernstige kriminele oortreding wat in die jurisdiksie van die Suid-Afrikaans Polisiedienste (SAPD) en die regstelsel val. Die Universiteit verleen sy volle samewerking in alle kriminele ondersoeke.

Voorts word seksuele wangedrag ingevolge die Universiteit se Dissiplinêre Kode vir Studente en Seksuele Teisteringsbeleid (vir personeellede) hanteer. Die US se Afdeling Regsdienste ondersoek aantygings, en die US se Advieskomitee oor Seksuele Teistering hoor aangemelde sake aan en neem gepaste stappe.

Wat egter nou ter sprake is, strek verder as regtelike en dissiplinêre aspekte. Daar is klagtes oor ? algemene kultuur van minagting en teistering van vrouestudente, en dat dit as normaal beskou word. Ons samelewing in die geheel staar uitdagings in hierdie verband in die gesig.

Die US se bestaande teenmaatre?ls sluit bewusmaking oor geslagskwessies en seksuele teistering op ons onderskeie kampusse in. Gesprekke en opleidingsessies vir personeellede en studente vind in koshuisverband en daarbuite plaas. Meer stelselmatige ingrypings word dalk benodig om gevestigde wanpraktyke te? te werk. Die Taakspan sal aanbevelings hieroor maak.

Beleide en prosedure word deurgaans hersien met die doel om die US se institusionele respons op seksuele wangedrag, aanranding en teistering te versterk.


Lede van die Taakspan is as volg: 


Birgit Schreiber, Voorsitter van die Taakspan

 

Monica Du Toit, Transformasie kantoor                 

Mutina Dunn-Coetzee, Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling

Amanda Gouws, Komitee oor Seksuele Teistering

Ilhaam Gorenewald, Matie Sport

Pieter Kloppers, Studente strukture en gemeenskappe

Mariana Kruger, Tygerberg-kampus verteenwoordiger

Melany le Roux, Kampussekuriteit

Kara Meiring, Studente verteenwoordiger

Farai Mubaiwa, Studente verteenwoordiger

Mumtaj Parker, Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling

Faith Pienaar, Transformasie kantoor  

Danie Roux, Studente Dissipline

Nicolette van den Eijkel, Fasiliteitsbestuur

René-Jean van der Berg, Korporatiewe bemarking

Leslie van Rooi, Studente strukture en gemeenskappe

Martin Viljoen, Korporatiewe bemarking

Pierre Viviers, Kampus gesondheidsdienste?