?"Wanneer spinnerakke verenig, kan hulle 'n leeu vasbind."
Met hierdie kragtige woorde van 'n Ethiopiese spreekwoord het Prof Thuli Madonsela weer eens betekenis en eenheid in die oomblik geweef – hierdie keer tydens die 4de Jaarlikse #Action4Inclusion Sosiale Geregtigheidsstaptog op Jeugdag, 16 Junie 2025. Soos altyd het haar woordkeuse ons daaraan herinner dat wanneer ons saamstaan, ons selfs die belangrikste uitdagings in die ware gees van Ubuntu kan oorkom.
Vanjaar het sowat tagtig mense van die Universiteit Stellenbosch (US), die verskeie gemeenskappe in die dorp, studente, personeel deelnemers van so ver as Johannesburg die Sosiale Geregtelike Staptog meegemaak. Die stap verbind the herdenking van 16 June aan #Action4Inclusion, 'n geldinsamelingsveldtog om 'n einde te bring aan studenteskuld wat studente verhoed om te gradueer. Hierdie is 'n inisiatief van Visit Stellenbosch en die US se Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid. Die 13 km lange staptog (wat effens verkort is vanaf die oorspronklike 16km weens 'n brug in Pniel wat in 'n storm beskadig is) is vanaf Die Stal op Coetzenburg na Kylemore, verby die Ou Hoofgebou, die Lückhoff Skool en via Idasvallei op die historiese Ou Helshoogtepas.
Die doelwit is om entoesiastiese, diverse deelnemers met mekaar te verbind om studente en gegradueerdes wat weens uitstaande skuld? nie vir die volgende akademiese jaar kan registreer nie of nie toegang tot hul akademiese rekords na graduering het nie, te ondersteun.
Die staptog is ook gelei deur prof Deresh Ramjugernath, die US se nuwe Rektor en Visekanselier, ons Raadsvoorsitter dr. Nicky Newton-King, Stellenbosch se Uitvoerende Burgemeester, Jeremy Fasser, en die voorsitter van die Studenteraad (SR), Roceshia Februarie, wat almal verwelkom het en hulle daaraan herinner het dat geen student agtergelaat moet word weens skuld nie.
"Dit is 'n absolute voorreg en plesier om vanoggend by julle aan te sluit op hierdie staptog – 'n staptog wat 'n reis simboliseer, nie net vir ons land nie, maar ook vir ons by die Universiteit Stellenbosch," het prof Ramjugernath gesê in sy besinning oor die nalatenskap van die 1976 Soweto-opstand en die voortgesette rol van jeugaktivisme in die vorming van 'n regverdige Suid-Afrikaanse samelewing.
"Vandag stap ons saam met ons studente, personeel, alumni en gemeenskapslede in betekenisvolle aksie vir insluiting," het hy gesê. "Die gees van 16 Junie herinner ons daaraan dat jeugaktivisme vandag nog net so noodsaaklik is as wat dit 49 jaar gelede was. Sommige noem dit dalk weerstand – maar dit gaan eintlik oor aktivisme."
"Ons studente daag ons uit om beter te doen, om instellings te bou wat die waardes van geregtigheid, insluiting, maar belangriker, van gedeelde menslikheid weerspie?l. En ek dink dis wat van kritieke belang is. Ons staptog vandag is simbolies en geweldig betekenisvol. Dit weerspie?l ons kollektiewe verbintenis om studente te ondersteun op hul akademiese reise in ho?r onderwys. Deur aan hierdie inisiatief deel te neem, help ons om sommige van daardie finansi?le struikelblokke wat hulle mag te?kom en wat die reise wat hulle onderneem, mag ontwrig, te verwyder."
"Terwyl hierdie staptog simbolies is, laat ons ook stap met 'n herinnering aan diegene wat voor ons gekom het. Laat ons vorentoe stap. Laat ons saam stap na 'n toekoms waar geen student uitgesluit word nie, geen stem stilgemaak word nie, en hopelik geen droom nie bewaarheid sal word nie," het prof Ramjugernath gesê tydens een van die simboliese rusplekke voor die US se Ou Hoofgebou.
Hier, waar die indrukwekkende installasie van die US se Grondwet hoog staan, het Thembatlethu Seyisi, 'n navorser by die Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid en een van die kampvegters van hierdie stap, die aanhef tot ons Grondwet gelees, gevolg deur die sing van die volkslied – iets wat al 'n tradisie tydens hierdie staptog geword het.
By die Lückhoff-skool kon deelnemers elkeen 'n klip waaraan 'n spekboom-steggie vasgebind was kies, wat hulle vir die res van die stap gedra het. Hierdie klip was simbolies van die las wat mense moes dra toe hulle in 1969 gedwing is om hul skool te ontruim weens die Groepsgebiedewet van 1950. Hulle is genoop om na nuwe Lückhoff-skool in Idasvallei te verskuif, sommige van hulle het selfs hul skoolbankies saam gedra.
Burgemeester Fasser het voor die historiese skoolgebou, wat nou die US se Sentrum vir Sosiale Impak is, nagedink oor die pyn en veerkragtigheid wat in die dorp se verlede gewortel is. Eens 'n sentrum van leer en gemeenskap, het die skool se sluiting, weens die Groepsgebiedewet, 'n diep wond in die kollektiewe geheue van Stellenbosch se voorheen benadeelde gemeenskappe gelaat. "Dit was nie net die einde van 'n akademiese hoofstuk nie, maar 'n wond in die siel van ons dorp," het hy gesê. Tog was die boodskap uiteindelik een van hoop en toewyding: "Vanoggend bevestig ons dat die ongeregtighede van die verlede nie ons toekoms sal definieer nie. Stellenbosch is daartoe verbind om 'n ander pad te loop – een wat gegrond is op billikheid, insluiting en regstelling."
Van hier af het die groep met die Ou Helshoogte-pad na die Idasvallei-natuurpark gestap, waar lede van die gemeenskap die deelnemers met ligte verversings, warm tee en 'n verwelkoming deur gemeenskapsleier Eon Hendrikse getrakteer het. n Groep jongmense het ook deelgeneem aan die maak van kraletjies-armbande vir al die deelnemers met 'n spesiale boodskap vir Jeugdag daaraan vasgeheg.
Naby die bopunt van die Ou Helshoogtepas, het personeel van Visit Stellenbosch die skielike re?n verduur om die deelnemers met roosterkoek en vrugtesap in te wag en hulle sterkte toe te wens op die laaste deel van die staptog deur die Zorgvliet-wynlandgoed. Hier, by wat bekend staan as die "slaweboom", het die deelnemers geleer dat dit 'n plek was waar slawe gestraf of uitgestal is gedurende die tyd van Nederlandse en Britse koloniale bewind aan die Kaap. Die boom is 'n lewende getuie van die Kaap se verlede van slawerny, 'n stille monument vir die lewens en lyding van die slawemense, en 'n simboliese raakpunt vir waarheidsvertelling, genesing en besinning in die na-apartheid Suid-Afrika.?
Die staptog het by die Bethlehem-plaas in Kyle??more ten einde geloop, waar prof Madonsela en dr Newton-King die deelnemers bedank het en aan elkeen 'n medalje oorhandig het vir die voltooiing van hierdie herdenkingsstaptog.
Prof Madonsela het uit persoonlike ervaring onthou hoe sy by die universiteit aangekom het met slegs 'n tas, en staatgemaak het op die vriendelikheid van vreemdelinge en die ondersteuning van medestudente. “Dit is pynlik vir my as iemand wat nooit vir my opleiding vanaf Graad 11 af hoef te betaal het nie om te sien hoe jong mense nie toegang het tot onderwys nie weens hul ekonomiese agterstand. Ek voel ons het jongmense in die steek gelaat. Ten spyte daarvan dat hulle hard gewerk het en goeie punte behaal het, word baie studente steeds uitgesluit van die universiteit bloot omdat hulle dit nie kan bekostig nie. Hulle kom hierheen, net soos wat ek ook gedoen het, sonder dat hulle weet waar hulle gaan slaap, wat hulle gaan eet – net met hoop dat 'n volwassene êrens hulle probleem gaan oplos."
Onder diegene wat prof Madonsela bedank het, was Daniella Takis, die jong skrywer van Lolla the Spy Dog, wat 'n gedeelte van haar boekverkope afgestaan het om #Action4Inclusion te ondersteun.
As jy 'n skenking wil maak, klik asseblief op hierdie skakel?.
Foto krediet: Simba Pondani
?