Die Universiteit Stellenbosch (US) het 2025 op 'n ho? noot afgeskop. In Januarie is die instelling as een van die wêreld se voorste ho?ronderwysinstellings in die 2025 Times Higher Education (THE) se wêreldranglys vir universiteite volgens vak aangewys. Die US is ook onlangs erken as een van die beste universiteite ter wêreld in die bre? vakgebiede Lewenswetenskappe en Geneeskunde, Lettere en Geesteswetenskappe, Sosiale Wetenskappe en Bestuur, Natuurwetenskappe, en Ingenieurswese en Tegnologie, volgens die 2025 QS- (Quacquarelli Symonds-) wêreldranglys vir universiteite volgens vakgebied. Die jongste QS-wêreldranglys volgens vakgebied is Woensdag (12 Maart 2025) vrygestel.
Vir die 2025-uitgawe is 1 747 instellings oor 55 individuele vakke in die vyf bogenoemde bre? vakgebiede gerangskik. Die US verskyn op die ranglys vir 21 van hierdie vakke.
Wat die bre? vakgebiede betref, is die US onder die top 230 in Lewenswetenskappe en Geneeskunde, top 310 in Lettere en Geesteswetenskappe, top 370 in Sosiale Wetenskappe en Bestuur, top 450 in Natuurwetenskappe, en die top 500 in beide Ingenieurswese en Tegnologie. Die US het sy posisie in Lewenswetenskappe en Geneeskunde (238 in 2024 en 226 in 2025; tweede in Suid-Afrika), Lettere en Geesteswetenskappe (312 in 2024 en 303 in 2025; derde in Suid-Afrika) en Sosiale Wetenskappe en Bestuur (394 in 2024 en 367 in 2025; tweede in Suid-Afrika) verbeter.
SA se beste in Landbou, Teologie
Wat spesifieke of individuele vakkategorie? betref, is die US weer eens die voorste tersiêre instelling in Suid-Afrika in Landbou en Bosbou (top 100 wêreldwyd) en Teologie, Godgeleerdheid en Godsdiensstudies (top 150). Die Universiteit beklee vir die tweede agtereenvolgende jaar die topposisie in die land in hierdie vakke.
Dit is in die tweede plek in Sake- en Bestuurstudie (top 450), Onderwys (top 300), Chemiese Ingenieurswese (top 350), Meganiese, Lugvaart- en Vervaardigingsingenieurswese (top 400), Biologiese Wetenskappe (top 300), Sielkunde (top 350), Omgewingswetenskappe (top 300) en Materiaalwetenskap (top 550). Laasgenoemde is 'n nuwe vakkategorie saam met Politiek en Internasionale Studie waar die US onder die top 300 wêreldwyd is.
Dit is in die derde plek in Suid-Afrika in agt ander vakke – Regte (top 300), Engelse Taal en Letterkunde (top 250), Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels (top 750), Geneeskunde (top 300), Chemie (top 550), Wiskunde (top 500), Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese (top 550) en Ekonomie en Ekonometrie (top 400).
Die US is wêreldwyd onder die top 150 in Ontwikkelingstudie. Dit het algeheel in ses vakkategorie? verbeter.
Prof Sibusiso Moyo, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies aan die US, het gesê die Universiteit erken dat wêreldranglyste 'n ingewikkelde saak bly wat deur verskeie faktore en kontekste be?nvloed word.
“Ons is egter verheug om in so ? kort tydjie as een van die beste tersiêre instellings op twee toonaangewende globale vakranglyste te verskyn – Times Higher Education (THE) WUR per vak in Januarie en nou die QS WUR per vak. Dit is 'n groot prestasie om vir die tweede agtereenvolgende jaar die beste universiteit in SA in die vakkategorie? Landbou & Bosbou en Teologie, Godgeleerdheid en Godsdiensstudies te wees en dit bevestig die kwaliteit van ons akademiese programme.
“Boonop is hierdie ranglyste een van daardie dinge wat vir aspirantstudente en navorsers 'n idee gee van wat ons doen en ons sterkpunte as een van die voorste navorsingsintensiewe universiteite in Afrika uitlig. Ons gaan voort om uitstekende talent te lok en te behou in terme van ons mense op alle vlakke wat steeds bydra tot die rangorde-aanwysers en -uitkomste."
Aanwysers
Die QS-wêreldranglys per vak gebruik akademiese reputasie; werknemer-reputasie; navorsingsitasies per artikel; H-indeks; en die Internasionale Navorsingsnetwerk (IRN) om universiteite te beoordeel. Die eerste twee is op wêreldwye opnames onder akademici en werkgewers gegrond wat gebruik word om 'n instelling se internasionale reputasie in elke vak te bepaal. Navorsingsitasies per artikel meet die gemiddelde aantal sitasies wat per publikasie behaal is en is 'n skatting van die impak en gehalte van die wetenskaplike werk wat deur universiteite gedoen word. Die H-indeks bepaal die produktiwiteit en impak van die werk wat deur 'n instelling se akademici gepubliseer word. Die IRN meet 'n universiteit se sukses om navorsingsvennootskappe met instellings op ander plekke te vestig en te volhou.
Die US tel die afgelope paar jaar deurgaans onder die beste tersiêre instellings wêreldwyd in die QS-wêreldranglys volgens vakgebied, die Times Higher Eduction se wêreldranglys vir vakke en die ShanghaiRankings-wêreldranglys vir akademiese vakke.