Die Universiteit Stellenbosch (US) se Rektoraat het die name van twee nuwe koshuise op die Noord-kampus goedgekeur, wat ? belangrike stap in die voortgesette transformasie- en visuele regstellingsproses verteenwoordig.
Die koshuis vir seniors, voorheen bekend as Blok A, sal Huis Walter Parry genoem word ter erkenning van Walter Hazell Parry (1913-1966), ? vooraanstaande onderwyser van die Ho?rskool Lückhoff wat beduidende bydraes tot fisika-onderrig en die vroe? ontwikkeling van dieDepartement Fisika aan die US gemaak het.
Parry was nie net vir sy wiskundige briljantheid onder kollegas en die gemeenskap bekend nie, maar ook omdat hy ? buitengewoon inspirerende onderwyser was, verduidelik dr Leslie van Rooi, waarnemende Senior Direkteur: Studentesake.
“Weens die destydse rassesegregasiebeleide kon Parry nie aan die US studeer nie. Hy het sy opleiding aan die Universiteit van Kaapstad ondergaan en moes ? vrystellingspermit bekom omdat hy ingevolge die apartheidstelsel as bruin of swart geklassifiseer is. Parry was by verskeie departementele projekte betrokke en het sy kennis van en toewyding tot die veld getoon," vertel Van Rooi.
Die koshuis vir juniors, voorheen Blok B, sal as die Khayalethu-koshuis bekend staan. Dit is ? Xhosa/Zoeloe-woord wat “ons huis" beteken. Die naam het ten doel om ? verwelkomende omgewing te bevorder, wat die Universiteit se verbintenis tot insluiting, warmte en die skep van ? huis weg van die huis vir nuwe studente benadruk.
Hierdie name is gekies ná ? deeglike, gemeenskapsgerigte nominasie- en keuringsprosedure onder toesig van die Registrateurskantoor en die Komitee vir die Naamgewing van Geboue, Lokale en Ander Fasiliteite. Nominasies was toeganklik vir ? wye verskeidenheid van belanghebbendes, insluitend personeel, studente, alumni van die nabygele? Goldfields-koshuis en verteenwoordigers van die Idasvallei-gemeenskap in die omgewing.
Die proses het klem gelê op die gebied se ryk geskiedenisse, die Universiteit se transformasiereis en die belangrikheid van inklusiewe narratiewe wat ? verskeidenheid van identiteite, kulture en akademiese beginsels weerspie?l.
Met die finale goedkeuring het die Rektoraat nie net hierdie nuwe koshuise gepaste en betekenisvolle name gegee nie, maar ook die US se bre?r doelwit bevorder om sy verlede te omarm, sy diverse gemeenskap te vier en ? omgewing te skep wat leer, respek en behoort te bevorder.
Die Universiteit sien uit na die aanbring van kontekstuele naamborde en om gaste, insluitend Parry se familielede en lede van die gemeenskap, te verwelkom wanneer die koshuise vroeg in 2025 amptelik geopen word.
FOTO: Ubaid Abrahams