肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-prof in rekeningkunde ontvang gesogte SAIGR-toekenning
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Alec Basson]
Gepubliseer: 04/12/2024

?? Besondere eer het prof Riaan Rudman van die Skool vir Rekeningkunde in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) onlangs te beurt geval. Hy het op 23 November 2024 die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) se gesogte Voorsitterstoekenning in die Onderrigkampvegter-kategorie ontvang vir sy beduidende bydrae tot rekeningkundige-onderrig en -ontwikkeling. Rudman se toewyding tot opvoedkundige uitnemendheid het hom die eer besorg as die eerste ontvanger van dié toekenning by die US.

Die Voorsitterstoekenning – een van die hoogste eerbewyse wat die SAIGR aan ? lid kan toeken – is deur die huidige SAIGR-voorsitter in die lewe geroep en gee erkenning aan lede wat uitsonderlike bydraes op verskeie gebiede lewer, insluitend sakeleierskap, maatskaplike verantwoordelikheid en transformasie. Dit gee ook erkenning aan geoktrooieerde rekenmeesters wat deur voorbeeld lei, positiewe verandering bevorder en ander binne die beroep en verder inspireer.

Die SAIGR-toekennings vier ontluikende sterre én gesoute professionele persone wat ander inspireer en die weg baan vir ? volhoubare toekoms, beide plaaslik en internasionaal. Die toekennings laat ? kollig skyn op uitsonderlike individue wat ons waardes beliggaam en aansienlik tot die sukses van die rekenmeestersberoep bydra.

Die SAIGR het prof Rudman geprys omdat hy sy GR(SA) en sy akademiese ervaring en invloed saam gebruik het om die trajek van onderrig holisties positief te be?nvloed. Oor die jare het hy tot die ekonomiese en maatskaplike groei-agenda bygedra deur te verseker dat baie jong Suid-Afrikaners, insluitend geoktrooieerde rekenmeesters, sukses in die stelsel behaal. Rudman bevorder die maatskaplike en transformasie-agenda aktief deur sy langtermyn-deelname aan sleutelbesluitnemingskomitees en -forums binne die US en die beroep op streek- én nasionale vlak en vele meer. Hy het ook denkleierskap bewys deur sy navorsing en vele publikasies.

In sy kommentaar op die toekenning het prof Rudman gesê dit gee erkenning aan die waardevolle rol wat diegene in die akademie speel in die pyplyn van geoktrooieerde rekenmeesters in Suid-Afrika en die toekoms van die professie. “Hierdie erkenning strek ook verder, na daardie personeellede wat die beroep agter die skerms bevorder (soos die Thuthuka-projekspan, die komitee-assistente en ander ondersteuningspersoneel wat saam met en vir my werk), asook die Universiteit Stellenbosch se verbintenis tot maatskaplike impak wat my die vryheid gee om op verskillende maniere by die beroep betrokke te wees, eerder as om net tot onderrig beperk te wees."

Die Direkteur van die Skool vir Rekeningkunde, prof Pieter von Wielligh, het Rudman gelukgewens en gesê “Riaan se onwrikbare verbintenis tot transformasie deur uitnemendheid in rekeningkunde- opleiding is merkwaardig en verdien die hoogste erkenning. Sy onverbiddelike toewyding aan die behoorlike bestuur van die opleidingsproses is welverdiend van hierdie erkenning."