肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Assessering, Leer & KI: Nuwe Kortkursus
Outeur: Claudia Swart-Jansen van Vuuren, Charmaine van der Merwe, Hanelie Adendorff, Johara Khan
Gepubliseer: 21/11/2024

?Assessering, Leer en KI: Nuwe Kortkursus Nou Oop vir Registrasie 


Die Sentrum vir Onderrig en Leer stel graag die nuwe Assessering, Leer en KI kortkursus bekend.  Die kortkursus is ontwerp om die personeel van die Universiteit Stellenbosch te help om die veranderende landskap van onderrig, leer en assessering in die era van kunsmatige intelligensie (KI) te navigeer. Hierdie kortkursus bou voort op insigte uit vorige kortkursusse oor assessering en KI-geletterdheid in ho?r onderwys (HO) en bied ? samehangende platform vir die herbedink van assessering as ? sentrale komponent van die onderrig-en-leer-proses.  


Gerig deur die Universiteit Stellenbosch se Assesseringsbeleid (2021) en die Tussentydse riglyne vir toelaatbare KI-gebruik (2023), sal deelnemers omgaan met kernbeginsels soos konstruktiewe belyning, terugvoer, en eweknie-/selfassessering. Hulle sal ook die impak van generatiewe KI in die konteks van akademiese integriteit, assesseringsontwerp, en die verbetering van studenteleer krities verken. 

Deur ? mengsel van kontaksessies, aanlyn medewerking en asinchroniese leer, rus hierdie NKR-vlak-8-kursus dosente toe met innoverende strategie? vir die ontwerp van veerkragtige en outentieke assesserings, wat betekenisvolle leer in ? KI-verrykte wêreld bevorder. 

Die kursus word gratis aan US-personeel beskikbaar gestel en sal in albei semesters aangebied word. 

Hierdie ses krediet kortkursus vereis 60 nosionele ure se werk van deelnemers. 


Moenie hierdie geleenthe????id om jou assesseringspraktyke teen die toekoms bestand te maak, misloop nie! 


Kontaksessies: 

  • 1ste Semester:?5–7 Februarie en 22 Mei 2025 
  • 2de Semester:?28–30 Mei en 29 Oktober 2025 


Vir meer inligting of om te registreer, kontak cvandermerwe@sun.ac.za.