肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Jonathan Jansen besin oor leierskap en versoening by boekbekendstelling
Outeur: Corporate Communications and Marketing
Gepubliseer: 20/09/2024

Jonathan Jansen, uitgelese professor in opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US), het onlangs sy memoires, Breaking Bread, by die US Museum bekend gestel. Die geleentheid is deur ? boeiende dialoog tussen Jansen en prof Pumla Gobodo-Madikizela, onlangse ontvanger van die Templeton-prys en stigtersdirekteur van die Sentrum vir die Studie van die Gevolge van Geweld en die Soeke na Herstel (AVReQ) gekenmerk.

Die bekendstelling het akademici, studente, lede van die Rektoraat en bewonderaars byeengebring om Jansen se merkwaardige lewensreis en sy insigte oor geloof, onderrig en maatskaplike transformasie te vier. Die gehoor was in vervoering oor sy humoristiese en nederige staaltjies uit sy onderwysdae en oor sy pogings om gapings in die Suid-Afrikaanse samelewing te oorbrug.

Jansen het dwarsdeur sy loopbaan erkenning geniet vir sy bydraes tot opvoedkundige vakkundigheid en hervorming. Hy het al verskeie invloedryke boeke, insluitende Knowledge in the Blood, waarin hy rasseverhoudinge en ho?r onderwys in Suid-Afrika ondersoek, asook Corrupted, ? kritiese ontleding van wanfunksionering in Suid-Afrikaanse universiteite, wat in 2023 verskyn het, geskryf. Nog ? boek wat onlangs verskyn het en wat groot impak gehad het, is The Decolonization of Knowledge (2022), wat die dringende behoefte aan transformerende onderwyspraktyke bekyk. Hy was 'n die medeskrywer van dié boek.

Jansen is ook bekend vir sy openhartige kommentaar op verskeie mediaplatforms oor maatskaplike kwessies en hy was uitgesproke oor die belangrikheid van persoonlike nadenke in leierskap. Sy memoires illustreer hoe hy uit positiewe én negatiewe ervarings geleer het en hierdie lesse gebruik het om sy administratiewe praktyke te rig.

Gobodo-Madikizela het die toon vir die aand aangegee deur te sê Breaking Bread is diep roerend én vermaaklik. “Ek het een keer gehuil. Ek het die meeste van die tyd gelag toe ek jou boek gelees het," het sy gesê toe sy Jansen se vermo? om persoonlike narratiewe en diepsinnige filosofiese lesse met insig en skerpsinnigheid te vervleg, ekstaties geprys het.

Vurige moed

Jansen se memoires delf in sy kinderjare op die Kaapse Vlakte, wat deur sy onderrig in ? konserwatiewe Evangeliese kerk gevorm is, asook sy vroe? loopbaan as biologie-onderwyser en sy ampstermyn as die eerste swart visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat. Sy persoonlike verhale word in die konteks van bre?r samelewingskwessies vertel en bied wysheid en lesse oor versoening, leierskap en hoe belangrik dit is om skeidsmure af te breek.

Gobodo-Madikizela was vol lof vir Jansen se konsekwentheid en “vurige moed" regdeur sy lewe en het opgemerk hoe sy waardes en benadering tot die wêreld standvastig gebly het. Sy het op die boek se kragtige metafoor van “brood breek" gewys as ? simbool van gedeelde menslikheid, selfs in die aangesig van verdeeldheid en vrees.

? Sentrale tema wat in die gesprek na vore gekom het, was Jansen se worsteling met die spanning tussen sy geloof en sy betrokkenheid by sosialegeregtigheid-aktivisme. Sy blootstelling aan die werklikhede van apartheid en rassesegregasie gedurende sy vormingsjare het sy verbintenis tot sosiale geregtigheid ten diepste be?nvloed. Interaksie met politieke aktiviste het hom ge?nspireer om sistemiese ongelykhede uit te daag.

“Stel jou voor jy gaan in jou grootwordjare na die Universiteit van Wes-Kaapland en luister na Allan Boesak en word deur die Steve Biko's en daardie soort leiers ge?nspireer. Dit het nie vir my sin gemaak dat jy ? wit kerk vir die broeders in Plumstead en ? swart kerk in Retreat kan hê nie," het Jansen gesê.

“Bevrydings- en swart teologie het vir my ? taal gegee om te verstaan wat om my gebeur wat ek nie voorheen gehad het nie, selfs al het ek aangehou om na daardie ou, diep vrome geloof terug te kyk."

Vergifnis en genesing

Die gesprek het ook Jansen se ervarings as opvoeder op skool- én universiteitsvlak bekyk. Sy leierskap is gekenmerk deur pogings om transformasie in ho?ronderwysinstellings te bevorder. Hy het voorspraak gemaak vir kurrikulumveranderinge wat Suid-Afrika se diverse geskiedenis en kultuur weerspie?l en het soms teenstand ervaar van diegene wat tradisionele akademiese raamwerke verkies het.

Jansen het van aangrypende herinneringe vertel, soos die onstuimige tyd by die Universiteit van die Vrystaat toe hy gehelp het om ? versoeningsproses te fasiliteer met die studente wat by die berugte Reitz-videoskandaal betrokke was, asook die emosionele reis van vergifnis en genesing wat daarop gevolg het. Hy het benadruk hoe noodsaaklik dit vir leiers is om deernis te toon, diep na te dink en geleenthede vir die volgende generasie te skep.

Gobodo-Madikizela het Jansen uitgevra oor nog ? roerende ontmoeting wat hy in Breaking Bread beskryf van ? wit pa en dogter uit ? arm gemeenskap in Pretoria-Wes wat by hom kom aanklop het om hulp vir 'n beurs terwyl hy die dekaan van Onderwys aan die Universiteit van Pretoria (UP) was.

“Iets het in daardie oomblik gebeur. In ? oogwink het ek my pa gesien toe ek na hom toe gegaan het om geld te vra om universiteit toe te gaan. My pa het met trane in sy o? na my gekyk en gesê: 'Ek wil bitter graag hê jy moet gaan, maar ek het nie die geld nie.'

“Op daardie oomblik in my kantoor by UP het ek nie ? wit kind gesien nie, ek het myself gesien," het Jansen verduidelik. "Ek het nie ? wit man gesien nie. Ek het my pa gesien. Alles het sedert daardie oomblik verander, want ek het toe verstaan dat daar iets anderkant die epidermis is, iets anderkant die toeval om as wit en swart gebore en geklassifiseer te word, wat ons menslik maak."

Raad vir studente

Jansen het ook stories vertel oor die transformasie van onderpresterende skole deur op onderrigleierskap en kontak met leerders en hulle gemeenskappe te fokus. “As jy nog vóór die kinders in jou klaskamer is en dit eers verlaat nadat hulle weg is, sal jy respek hê," het Jansen gesê. Hy het ? amusante storie vertel van ? leerder wat hom gedurende ? skoolbesoek reguit gevra het of hy aandagafleibaar is.

Die bekendstelling is afgesluit met ? geleentheid vir die gehoor om vrae te vra en Jansen het vriendelik gereageer op navrae oor die huidige uitdagings van die onderwyssektor. Hy het aspirant-navorsers aangeraai om topgeleerdes op hulle vakgebied te vind, dit te vermy om hulle hele loopbaan by dieselfde universiteit deur te bring en om persoonlike eienskappe soos nuuskierigheid en harde werk te ontwikkel.

“Niemand word ? topgeleerde deur hulle tyd by middelmatige mense te verwyl nie. Jy word ? topgeleerde deur te reis. Jy word ? topgeleerde deur in die teenwoordigheid van uitsonderlike mense te wees," het hy afgesluit.

Jansen het passievol voorspraak vir billike toegang tot gehalte-onderwys gedoen en het vergelykings getref tussen sy eie akademiese stryd en dié wat studente uit benadeelde agtergronde vandag ondervind.

  • Breaking Bread is by vooraanstaande boekwinkels en aanlyn beskikbaar. Dit bied lesers ? diepsinnige reis deur die lewe en gedagtes van een van Suid-Afrika se invloedrykste denkers.

?FOTO: Prof Jonathan Jansen en prof Deresh Ramjugernath (Viserektor: Leer en Onderrig) in gesprek by die boekbekendstelling. (Foto deur Memento Photography)?