肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ge?nspireer deur mense: Lorraine van As
Outeur: Faculty of Education
Gepubliseer: 19/08/2024

?Dit is Vrouemaand en Fakulteit Opvoedkunde vier die merkwaardige vroue in die fakulteit. Lorraine van As is die Senior Sekretaresse by Departement Kurrikulumstudie. Sy vertel meer oor haarself.


Vertel asb van jou huidige verantwoordelikhede in die fakulteit.

As Senior Sekretaresse is ek verantwoordelik vir onder andere gewone sekretari?le werk, administrasie rondom toetse en Magister en Doktorsgraad-aansoeke.

Hoe lank is jy al by Fakulteit Opvoedkunde en waar was jy voor dit?

Ek is al 23 jaar by die fakulteit - sedert 2001.  Ek was voorheen by die Buro vir Universiteits- en Voortgesette Onderwys vanaf 1987 – 1997 and daarna by die Afdeling Bemarking en Kommunikasie.

Wat geniet jy die meeste van jou werk? 

Die personeel is my behoud, die ondersteuning indien mens dit nodig het, is merkwaardig.  Ook is dit aangenaam indien mens 'n student kan help en die persoon is regtig dankbaar – 'n mooi epos maak 'n mens se dag.  Ander kollegas op kampus se vriendelikheid en bereidwilligheid om te help indien mens 'n werkskrisis beleef, is ook regtig waardevol.

Wie of wat inspireer jou om te groei en presteer? 

Mense inspireer my.  Indien 'n persoon uitstyg en energiek is, help dit my om ook dieselfde te wees. 

Enige raad vir vroue wat sukkel om balans tussen werk en persoonlike lewe te vind? 

Dit is moeilik deesdae, maar ek glo om te probeer ontspan na werk deur dinge te doen wat die aandag aflei, help om net die dag se probleme bietjie eenkant te skuif en die volgende dag weer aan te pak.

Vertel asb van stokperdjies of aktiwiteite wat jy buite die werk geniet. 

Indien daar meer tyd was, sou ek meer wou doen soos bv om by die Animal Welfare betrokke te raak.  Op hierdie stadium is dit tuin- en huiswerk, maar dit verskaf weer 'n ander manier van ontspanning om byvoorbeeld iets te plant en te sien hoe dit groei.

Vertel asb van een van die beste dinge wat al met jou gebeur het. 

Ek is net bly om nog hier te wees.  Elke dag is 'n belewenis, meestal goed.

Enige woorde van wysheid om te deel? 

Verdaagsaamheid is belangrik.  Meer kommunikasie nie net ten opsigte van werk nie, maar algemene belangstelling in mense se bedrywighede is belangrik.