肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Altyd gereed om nog te leer: Simone Alexander
Outeur: Faculty of Education
Gepubliseer: 12/08/2024

?Dit is Vrouemaand en Fakulteit Opvoedkunde vier die merkwaardige vroue in die fakulteit. Simone Alexander is in beheer van Departement Opvoedingsbeleidstudies se administratiewe take. Sy vertel meer oor haarself.


Vertel asb van jou huidige posisie en verantwoordelikhede in die fakulteit.

Ek is verantwoordelik vir die hele Departement Opvoedingsbeleidstudies se administratiewe take en doen 'n verskeidenheid administratiewe take.  Dit sluit finansies en studente-administrasie in.

Hoe lank is jy al by Fakulteit Opvoedkunde? 

Ek het op 1 Maart 2016 by Departement Opvoedingsbeleidstudies begin werk, maar is reeds 13 jaar  werksaam by die Universiteit.

Wat geniet jy die meeste van jou werk?

Ek geniet dit om in 'n samewerkende ruimte te werk. Elke dag is anders, en ek waardeer die uitdaging om voortdurend te leer en by nuwe situasies aan te pas.

Wie of wat inspireer jou om te groei en presteer?

My man en kinders inspireer my.

Enige raad vir vroue wat sukkel om balans tussen werk en persoonlike lewe te vind?

Dit is belangrik om te besef dat een persoon se 'work-life balance' gaan moontlik anders lyk as 'n ander persoon s'n, want dit is iets wat elke persoon anders kan hanteer en bestuur. Dit is voordelig om 'n goeie balans tussen jou werk en persoonlike lewe te hê, want dan sal jy sommer meer produktief wees en jou stresvlakke sal verlaag. As jy dit regkry om 'n goeie balans te handhaaf tussen werk en jou persoonlike lewe, sal jy gelukkiger, gesonder en meer gefokus wees. Leer om NEE te se, beperk nie-belangrike dinge en neem jou dag se skedule in ag.

Vertel asb van stokperdjies of aktiwiteite wat jy buite die werk geniet.

Ek geniet kuns en tuinmaak in my vrye tyd.

Vertel asb van een van die beste dinge wat al met jou gebeur het.

Daar het al so baie mooi, goeie en gese?nde dinge met my gebeur, maar die beste was die geboorte van my kinders.

Enige woorde van wysheid om met personeel te deel?

“Take risks. If you win, you'll be happy. If you lose, you'll be wise."