肆客足球

Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-student begin aanlyn leerplatform om digitale kloof te help oorbrug
Outeur: Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking [Anel Lewis]
Gepubliseer: 22/07/2024

?Sy is bedags ? student en na ure die uitvoerende hoof en stigter van ? beginonderneming: Alexandra Lutz, tans ? eerstejaar-datawetenskapstudent aan die Universiteit Stellenbosch (US), het die aanlyn leerplatform Milani Education begin terwyl sy nog op ho?rskool was.

Milani Education, wat tans uit drie direkteure en ? inhoudsbestuurder bestaan, is aangewys as een van sewe beginondernemings van die US wat gaan meeding in die streeksronde van Entrepreneurskapsontwikkeling in die Ho?r Onderwys (EDHE) se Entrepreneurskap-intervarsity 2024, wat van 26 Augustus af plaasvind. Hierdie kompetisie laat die kollig op voorste studente-entrepreneurs in Suid-Afrika se 26 openbare universiteite val.

Milani Education is in 2020 tydens die pandemie tot stand gebring toe Lutz ? gr. 9-leerder by St. John's Diocesan School for Girls (D.S.G.) in Pietermaritzburg was. Sy het besef dat ofskoon die meeste van haar eweknie? naatloos na digitale leer kon oorskakel toe skole gedwing is om te sluit, talle leerders nie dieselfde toegang tot aanlyn materiaal gehad het nie. Met die toestemming van haar skoolhoof het Lutz digitale materiaal soos werkkaarte en video's met ? paar leerders van die Imbeleko Foundation in die landelike KwaZulu-Natalse gemeenskap van KwaNyuswa begin deel.

Lutz het aanvanklik met drie leerders gewerk – ? tweeling wat ook in gr. 9 was en ? gr. 8-leerder. “Hulle was al drie baie gretig om te leer en het reeds byna ? maand se leertyd verloor toe ek die eerste keer kontak gemaak het." Lutz sê haar span het elke week hul aanlyn leerervaring geassesseer en die terugvoer was bemoedigend positief. “Dit het ons ge?nspireer om met die inisiatief voort te gaan en die platform te begin skep." Die maatskappy se naam beteken “om te groei" in isiZoeloe en is deur die assistent-kapelaan by St John's D.S.G voorgestel. Lutz het gedink dit is gepas omdat “onderwys tot eksponensi?le geestelike én professionele groei by mense lei".

Ná drie jaar se werk aan die “loodsprojek" het Lutz saadbefondsing verkry om ? prototipe vir ? aanlyn platform te ontwikkel. In 2023 is Milani Education bekend gestel met inhoud wat die vorige jaar bekom is terwyl Lutz nog in gr. 11 was. Ter voorbereiding het Lutz met skole soos Maritzburg College, St John's D.S.G. en SIMI Math kontak gemaak om wiskunde-inhoud te bekom. In die Desember-vakansie het ? groep gr. 11-leerders van St John's die “Milani army" gestig om die inhoud betyds vir die bekendstelling te laat redigeer en op te laai.

Milani Education is ? gratis aanlyn leerplatform wat opvoedkundige inhoud uit die huidige kurrikulum vir leerders in gr. 8 tot gr. 12 regoor Suid-Afrika verskaf. Die inhoud word gratis deur betroubare skole aan die beginneronderneming geskenk. Tans het ongeveer 800 leerders toegang tot meer as 1 000 video's wat hulle as ? aanvullende onderwyshulpmiddel kan gebruik. Die Milani Education-webwerf is maklik om te gebruik en bied wiskunde, Engels-huistaal en Engels eerste addisionele taal. Volgens Lutz modereer hulle tans inhoud vir wiskundige geletterdheid, wat binnekort bekend gestel behoort te word.

Uitbreidingsplanne

Sodra die span uitbrei en die nodige befondsing bekom, sal Milani Education meer van die hoof-skoolvakke aanbied, sê Lutz. Milani is voornemens om sy netwerk van vennootskole te verbreed om die dienste van meer onderwysers aanlyn aan studente beskikbaar te stel. Die span wil ook die inhoud in Afrikaans, isiZoeloe en isiXhosa vertaal en die platform vir datadoeltreffendheid optimaliseer. Milani Education het onlangs ? vennootskap met die Pebbles Project in Stellenbosch aangegaan om kinders van omliggende boerderygemeenskappe te help om toegang tot opvoedkundige hulpbronne te kry. Hulle sal op die toestelle by hierdie sentrums toegang tot die Milani-platform kan kry sodat hulle die gratis aanlyn materiaal vir huiswerk en hersiening kan gebruik.

Lutz beplan ook ? leersentrum vir die Embo-gemeenskap in KwaZulu-Natal. “Ons wil die onderwyskloof in ons land oorbrug deur ? veilige plek vir studente te bied om te leer, ongeag hul geografiese omgewing of sosiale status. Ons visie is om onderwys te demokratiseer sodat alle studente toegang tot wêreldklas-onderwys in die palm van hul hand het," merk Lutz op.

Balanseertoertjie

Lutz erken dat dit ? uitdaging vir haar en die span was om gemotiveerd te bly. “As ? jong entrepreneur in die omgewing sonder winsbejag het ek met baie verwerping te kampe gehad en dikwels gevoel ons maak nie enige vordering nie." Maar Lutz beskryf haarself as “hardnekkig vasberade" en sy weier om nee as ? antwoord te aanvaar.

Om werk met haar studies te balanseer beteken dat Lutz haar tyd verstandig moet bestuur. Sy sê sy “kompartementaliseer" haar dag om vir albei beskikbaar te wees. Die span, wat nou uit ? raad van drie direkteure en ? inhoudsbestuurder bestaan, is oplossingsgedrewe en nie bang om hindernisse te oorkom nie.

Milani Education se keuring vir die streeksronde van die EDHE-kompetisie sal die span die geleentheid bied om met ander jong entrepreneurs te netwerk, sê Lutz. “Die aanbieding van ons inisiatiewe in die streeksronde stel ons in staat om ons visie en inisiatief met ? diverse poel mense te deel en hopelik ? paar wonderlike verhoudings te bou."

Lutz is geensins van plan om haar entrepreneurspogings te verslap wanneer sy graad vang nie. Sy hoop om die daaglikse bestuur van Milani Education aan ? span te kan oorgee, sodat sy ander beginondernemings kan aanpak.